Hier lê ek nou in ‘n hospitaal in Colombia en lag my gat af oor die Perfekte Fiasko. Dis moeilik om te lag met ‘n gebreekte kakebeen, maar die lewe is so ‘n fees! Nie eens die feit dat my mond effektief gesnoer is met die drade wat my kake bymekaar moet hou, kan my plesier bederf nie.
Elke keer as daar ‘n whatsapp boodskap inkom op my foon, kraak ek my stuitjiebeen in my haas om die nuutste nuus te lees. Pyn? Nuh-uh (*fluister* – morfien). My persoonlike lyfwag wat ek in Las Vegas gaan kry het, sit die hele dag hier by my en speel Candy Crush op sy nuwe tablet. Carlos loer ook so elke nou en dan hier in. Die kind het nou regtig geheg geraak aan my.
Wag, laat ek vertel. Ek en Carlos is mos weg met Lekkervurig se lorrietjie so teen skemeraand, reguit lughawe toe, net voor die paartie van die wannabe-misdadigers daardie laaste aand. Daar voor die eerste plaashek, sien ons toe ‘n hele konvooi polisiekarre teen ‘n helse spoed in die grondpad afry. Dit was net stofwolke waar jy kyk, maar hulle het nie ligte en sirenes aangehad nie en hulle het ons nie eens raakgesien nie.
Toortsie het natuurlik weer een van haar beroemde polisiepaarties gereël en ons niks daarvan vertel nie – dikbek, jy sien, omdat ons so haastig was om weg te kom. Ek wou vir Carlos terugbesorg aan sy pa en ek was nie lus om te luister hoe die klomp sit en bespiegel oor die spoke by Toweropstal en die kastige Engelse Ponde waarna hulle wou gaan soek nie. Ek was moeg vir die lewe saam met misdadigers.
Dit was eers heelwat later, toe die whatsapp boodskappe begin instroom het, dat ek verneem het HOE woes daardie paartie was, maar teen daardie tyd was ons reeds in Las Vegas waar Carlos se pa …
Ag hel, dis tyd vir die nursie om die buis waarmee ek binne-aarse voeding kry om te ruil. Ek vertel later verder … toodaloo 👋
Hierdie is die laaste hoofstuk van ons boek “Die Perfekte Misdaad”, maar dit kan ook die eerste hoofstuk wees van ons volgende boek, as julle weer lus het om saam te speel. Ons kan so teen die tweede week in Maart begin. Ek het net so ‘n rukkie tyd nodig om die eerste boek gereed te kry en ‘n bietjie in te haal op my agterstallige “regte lewe”. Ek sal dan hierdie hoofstuk klaar vertel en die plot van die tweede boek uitlê.
Laat weet maar of julle lus het.
Toodaloo
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Toortsie
Eina!
HesterLeyNel
Is dit simpatie vir my? 😊
Toortsie
Ja. Maar oor die polisiepartie: Mens moet weet waar jy vriende moet maak.
HesterLeyNel
Ja, o ja, jy is so reg.
Tannie Frannie
Neee – laaste hoofstuk??? Hoe moet hierdie roofleser nou sin maak uit die hele kaboedel????
HesterLeyNel
Wag vir ‘n tweede boek!
Tannie Frannie
Mar…maaaar…ek is so sleg met wag!
HesterLeyNel
Onthou jy? Die ou cliffhanger voorskou-reekse in die destydse bioskoop. Haha
scrapydo2.wordpress.com
Geniet jou ruskansie en morfien solank jy kan. Jy’t al jou kragte nodig vir die volgende skof.
HesterLeyNel
Jip! Dankie, ek is seker die verblyf hier Colombia, gaan hoogs interessant uitdraai.
Cecilia Lombard
Lekker gelees aan julle misdaadstorie :). Paar voorstelle om Colombië interessant te maak: smaragte, die soeke van groot medisynemaatskappye vir nuwe medisynes uit die Amasone se dieptes of smokkel van antieke artifakte. Dis nou behalwe die dwelm idees…
HesterLeyNel
Baie dankie. Jy meen ek moet ‘n plan maak om die hele klomp misdadigers daar te kry? skok NEE!, die klomp dryf ‘n mens teen die mure uit.
lekkervurig
Bravo! Bravo! Ek hou van wat nou eindes. A Hester dit was ‘n fees, en ja, ek is in vir enige sulke avonture in Blogland. Lekker rus almal, ek gaan die pret mis. Sien julle voorentoe! PS. Wat het jy met my lorrie se sleutels gemaak?
HesterLeyNel
Die lorrie en sy sleutels staan daar by George se lughawe. Vra maar net by die ontvangstoonbank vir Cherize. En baie dankie!
lekkervurig
Voel gou beter.
Kameel
Shame Hester…. hoop jy voel gou beter. Jy kan nou nie praat nie maar stuur groete vir Carlos. Oilike mannetjie daardie 😊
HesterLeyNel
Dankie. Ek leer nou die Spaanse taal vinnig aan.
travel460
Soos ñ pateet sit ek klaar ons misdaad-storie van voor af en deurlees…Verlang klaar na al die opwinding. Ons wag om van jou te hoor, in spanning.☺
HesterLeyNel
Ons sal gou weer “on track” wees.
travel460
Ek weet!☺☺☺Ons klomp is onstuitbaar.
HesterLeyNel
😊
rondomtaliedraai
Sterkte… ek verloor nou vinnig tred met die fiksie en werklikheid
HesterLeyNel
Fiksie is lekkerder – jy kan doen wat jy wil.
rondomtaliedraai
Net so!
sonell
Ek is weer in vir die volgende keer. Gaan in die regte lewe eers weer Julie weg met verlof, so sit my naam asseblief weer op. Ek beloof om die keer meer betrokke te wees 😘
HesterLeyNel
Ek hoop jy het lekker uitgerus dabydiesie
sonell
Heerlik dankie xx
Abrie Joubert
Hester nou is ek eers geskok dit klink dan nou of los Carl ag ek bedoel Carlos ‘n kantelknaap is en dan is daar nog sy pa!!
Ek wou nog vir jou sterkte gese daar in die hospitaal maar klink nie of dit nodig is nie asof jy die morfien te veel geniet!
My apmtelike respons op die bekendtelling van boek sjoe ek is gepubliseerd 🙂
HesterLeyNel
Haai, ek het nog nie daaraan gedink nie – ons is nou published authors, haha, al is die leserskring nie vreeslik wyd nie.
Abrie Joubert
Issie ons is nr 1 op best sellers list. Onderhoud met Time volg binnekort.
Dit was veronderstel om katelknaap te lees, was laat toe ek kommentaar gelewer het
HesterLeyNel
Ek kan nie wag om te sien wat Cecelia met die draaiboek gaan uitvoer nie – ek hoop sy maak ‘n sepie.
perdebytjie
Het Carlossie jou nie eers bietjie verdedig teen sy pa nie? Jy was dan so goed vir die outjie!
Sterkte met daai gebreekte kakebeen.
HesterLeyNel
Wie sê dit was die pa? 😉 Ek kan nog hierdie weergawe aanpas, haha.
perdebytjie
Dalk Carlossie homselwers, tydens jul stoeiery?
Ek het nou die boek afgelaai,heerlik gelees en gekraai van die lag.Dit was baie pret!
HesterLeyNel
Ek hoop ons kan dit weer doen 😊 Ek moet darem nog van Carlossie vertel! Het jy my nuwe post van vandag in die Reader gesien? Ek het my doodgesukkel om dit te publiseer en my dogter sê sy kan dit nie sien nie. Ek en WP gaan mekaar nog aan die keel gryp.
perdebytjie
Ek sal gou kyk of ek dit sien. Dit gebeur gereeld met my. Ek word net so vies daaroor. ‘n Sekere Kokkie, help my altyd om dit reg te stel.
HesterLeyNel
Mmm, ek dink ek het ietwat drooggemaak hier. Dit was ‘n geskeduleerde post wat ek wou edit en toe publiseer ek dit per ongeluk. Ek moes liewer delete het, maar toe gooi ek dit terug in draft mode. Soms dink ek regtig met my agterent.
perdebytjie
Hahaa, dit klink ingewikkeld!
HesterLeyNel
Nie regtig nie; dis net een van die situasies waar jy jou aandag op die taak moet hou en ek was duidelik nie op die regte golflengte nie 😢 Die mense sal dit wel raaksien as ‘n previous of related read op my blog wanneer hulle weer daar lees.
perdebytjie
Lyk my my kommentaar het ook verdwyn. Ek sien nie jou pos op my leser nie, Hester.
HesterLeyNel
Dankoe Bytjie, ek hoop dit was ‘n eenmalige blaps.
perdebytjie
Het jou blog nou al verskyn…ek sien niks!
HesterLeyNel
Nee, lyk nie so nie.
perdebytjie
Ag nee!