Order! Order! I say, sharrap bloggers, let the honourable member speak. Hierdie misdaad ontaard in ‘n seekat met baie pote as gevolg van al die oor en weer beskuldigings, die bespiegelinge en die bakleiery onder mekaar. Ek roep nou op die daad ‘n dringende beraad uit (‘n summit, mense) om hierdie misdaad weer op koers te kry.
Ek het so pas verneem dat Wegkruipertjie landuit is op ‘n dringende duiksending. Sy het weggeduik Mosambiek toe en kom eers Maandag terug. Dis egter van die grootste belang dat ons nou eers ‘n paar oomblikke stilstaan, die onlangse verwikkelinge ernstig oordink en beplanning doen. Wanneer Wegkruipertjie dan terugkom van haar sending af, kan sy die diep-duik werk kom afhandel. Una, jy mag nie weer saamduik nie, want jy sal jouself en vir Wegkruipertjie versuip.
Wat die “man onder die seil” aanbetref, ek hoop regtig dis waar dat die Valke hom saamgevat het en nee, julle bring nie nog van sy familie hier aan nie. Net vir jou inligting ook, Perdebytjie, ek was nie met die Gryptas deurmekaar in Vegas nie – die outjie wat ek ek saam teruggebring het (Carlos) en wat ek so vasgeboei het aan my, werk vir ‘n ander soort besigheid in Colombia. Dis hulle wat die goud by ons wil koop en ek maak net seker dat hy veilig bly. Ek fokus nie op die goud tussen sy tande – ek praat van die goud wat nog iewers by Toweropstal versteek lê.
Of is daar regtig goud? Dis wat talle van die misdadigers nou begin wonder het. Ek verstaan die goud lê iewers onder water – in ‘n kelder of ‘n tenk. My vraag is, hoekom is Abrie so geïnteresseerd in daardie watertenk by Skimmelperd Skimmelpad Skimmelwhatever se stasie? Ek ruik ‘n rot. As daar nie goud is nie of as iemand dit reeds voor ons neuse weggeraap het, presies watse geld gaan ons dan aan die Kinderfonds skenk? Nog erger, waar gaan ek geld kry om vir Carlos huis toe te stuur? Ek kan hom nie hier hou nie, want hy is te jonk om met my kinders te speel. NOG ERGER, wat gaan sy organisasie daar in Colombia aan my doen as hulle agterkom dat ek onderhandel het oor goud wat nie bestaan nie????
Maar ek vra julle nou mooi, moenie verder daar rondkrap en ondersoeke instel nie – dit raak nou gevaarlik met die polieste wat so lekker daar op die plaas kuier en als. Wag vir Wegkruipertjie se verslag. Ek verbied julle ook om op hierdie stadium enige moorde te pleeg. Bly net daar by Toweropstal en versorg die hoenders en help asseblief ook uit in die Bali-winkel – dit mag dalk een van die dae ons enigste inkomste wees. Speel mooi, Kinders!
Toortsie, daai spinasietert van jou het ‘n eienaardige uitwerking op die misdadigers. Niks meer daarvan nie. En ekmyselff, ek vra mooi asseblief, hou op om Jailhouse Rock so kliphard oor die luidsprekers te speel. Jy weet ons vrek almal oor Elvis, maar op hierdie stadium is dit nie die regte tyd om aan jailhouses herinner te word nie.
Chill out.
Jammer dat ek ook uit my beurt uit hier inspring, maar Wegkruipertjie is genomineer om die volgende blog te skryf en ons het nie besef dat sy hierdie naweek saam met Grim weg is nie. Sy sal blykbaar op die 19de terug wees. Kom ons gee haar ‘n dag of twee kans om op datum te kom voordat sy haar blog moet skryf.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Anonymous
Ek is by die hoenders as jy my soek. Baai till Monday.
HesterLeyNel
😜
Kameel
Ek sal hard probeer om te sharrap Hester. skok!!! Gaan nou dadelik die hoenders voer.
perdebytjie
Ek is nou spyt dat die Carlosmannetjie nie vir meer opwinding gaan sorg nie. Daar was ruimte vir sappige skandale en eskapades in hierdie storielyn!
HesterLeyNel
Dit kan nog gebeur – laat ons net eers seker maak van die goud.
travel460
Dèmm. Ek wou Carlos se tande oes, my mediese fonds wil nie meer vir als regstaan nie…
HesterLeyNel
Haha. Ek so bly ek het nie meer daai tandeprobleme nie. Myne het my laat suffer.
perdebytjie
Die klomp is stil vandag. Lyk my hulle lê hul roes en afslaap na gisteraand se paartie! Hier was hoeka kwaai daggawalms wat ook hier rond getrek het. Ons sal moet ‘n komissie vir dissiplinêre aangeleenthede aanstel. Ek stel voor Tina moet aan die hoof daarvan staan.
HesterLeyNel
Oeg, hier gaan koppe rol.
perdebytjie
Kommissie…voor die spelfundi’s my kap😜
perdebytjie
Ek het nou pas om die Towerhuis geloop. Hier is nie ‘n siel nie! My wa is ook weg…ek sweer die spul is dorp toe vir nog ‘n jol vanaand in ‘n nagklub daar.
HesterLeyNel
Ek en Carlos is darem nog hier.
travel460
Hester!!! Nee, jy skok my!!!
HesterLeyNel
W-w-wat? Hoe?
travel460
So alleen by die Towerhuis!! Ons het net gou ń draaitjie gaan ry in die dorp. Glo is daar so ń oulike live show by die plaaslike hotel vanaand…ons gaan net inloer.
HesterLeyNel
Ja, ek het gehoor van die Miss Wet T-Shirt kompetisie daar. Het julle toe deelgeneem?
travel460
Weet jy. Hierrond bly niks ook ń geheim nie…
HesterLeyNel
Haha
travel460
Die lorry wat my container rondry, wou nie vat nie. Sorry Perdebytjie. Toe leen ons maar jou waentjie.
perdebytjie
Ek het vergeet om julle te waarsku, daar is nog ‘n slang agterin!
HesterLeyNel
Ag, hulle was almal so gesous – as die slang een van hulle gepik het, sou niemand dit agtergekom het nie. Of vermis julle iemand? Dalk moet jy net in die trokkie gaan kyk Perdebytjie.
perdebytjie
Ek sal nie verbaas wees as een gedink het die slang is ‘n serp en dit om haar nek gehang het nie!
HesterLeyNel
Whaha
travel460
Ai Perdebytjie. Lyk my hierdie is my jaar van ape en slange.🙈
travel460
Maar laaste ding. Hester. Jy en Carlos so alleen. Wil jy nie asseblief vir my drie van sy stopsels probeer kry nie. Met of sonder sy toestemming.
HesterLeyNel
Nee hel! Weet jy wie sy familie is?! Nie ‘n haar op sy hoof of ‘n tand in sy mond sal beskadig word op my watch nie.
travel460
Sug…
HesterLeyNel
Jaaa …
scrapydo2.wordpress.com
Op n punt van orde: daar sal beslis iets gedoen moet word aan die gefuifery daar op die plaas. Mens moet darem matigheid voor oë hou as mens met grinders, hamers en duikpakke werk. Dan sien ek nog party het n “Wanted” uitgestuur gekry teen hulle. Eks oppad terug met my rocket. Daar beter nou gewerk word ons het nie so baie tyd meer oor nie. Ons lisensie om daar te kampeer verval die 28e Februarie.
HesterLeyNel
sug werk, werk. Selfs geharde misdadigers het ‘n naweek af nodig om te ontspan.
perdebytjie
Rus nou vandag nog lekker saam met Carlossie, maar môre is dit skouer aan die wiel,of is dit lyf in die duikpak?
HesterLeyNel
Oe, ons gaan swem!
perdebytjie
Onthou net om vir Carlossie los te maak as julle gaan swem…saam kan julle dalk sink en verdrink!
HesterLeyNel
Oukei, ek sal hom aan die bad se poot vasboei. Die vroumense moet hom net nie gaan molesteer nie.
perdebytjie
Ons moet juis oppas vir Una. Sy is lus vir daai goue tanne!
HesterLeyNel
Haha, Una sal nie ‘n vlieg seermaak nie.
scrapydo2.wordpress.com
Die klomp het darem n uitstappie dorptoe gehad. Hoop die spanning is bietjie gebreek.
HesterLeyNel
Dit link baie rustig
lekkervurig
Jippee, Scrapy is terug. Jy moet daai drone met sonar aan gaan laat vlieg by Abrie se geliefde Stasie watertenk…..
HesterLeyNel
Daai tenks is diep en die water wat van die dak af kom is vuil. Weet nie wat die drone gaan uitvoer nie – iemand sal daar moet afsak.
christa in thailand
Ek onthou daar is laaaaank gelede op hierdie platform belowe dat diegene wat kop uittrek uit hierdie spanmisdaad, se koppe gaan waai. So be it. Askies almal – ek het myself bereid verklaar om hand by te sit, so in die gees van ons nuwe president se mooie toespraak – maar nou het die tyd my gevang. My nuwe werk sit my op ‘n kursus oor elektroniese leer, ek versteen skoon as ek net daaraan dink. Hopelik sal ek baie slim wees na afloop van die besigheid – dalk sal my kennis van tegnologie handig te pas kom as die helfte van my blogvrinne landuit moes vlug en die ander helfte hulle gesigte net in die kuberruim kan wys… So, jammer Hester – verwyder asseblief my naam van die lys van wagtende kriminele. En sterkte – ek hoop julle kan so tussen die wilde party en Toortsie se kos darem nog Abrie se voorvaders se skatte in die hande kry.
HesterLeyNel
Dankie Christa, dat jy laat weet het. Soms meng werk in met die lewe! Beste wenste vir die kursus en die nuwe loopbaan.
Abrie Joubert
Hester ek het al kommentaar daar by Camilla gaan lewer maar ek moet darem vir jou se ek het lekker gelag vir die SOCA (dis wat SONA die afgelope 8 jaar was).
HesterLeyNel
O, ons gaan in die moeilikheid beland! Ek het vergeet om my kommentare toe te maak – gaan dit nou doen.