Dat piesangs blom het vir my as algehele verrassing gekom. Nie dat ek myself kwalik neem oor my onkunde nie – ek meen, daar in Namakwaland waar ek grootgeword het, was piesangs destyds ‘n vreemde verskynsel. Daarná het ek jare lank piesangs van ‘n winkelrak af gekoop en nooit gewonder waat hulle vandaan kom nie. Buitendien is daar ‘n oneindige lang lys van dinge waarvan ek niks weet nie, hoekom sal ek nou kennis dra van piesangs se doen en late?
Hier in die Kingdom wat ook piesangwêreld is, het ek vir die eerste keer geleer hoe ‘n piesangboom lyk. Ek het ook uitgevind dat daar wilde piesangbome is wat wel pragtig blom, maar nie piesangs dra nie (sien Kommin is mooi, kommin is goed). In hierdie dorp waar ons nou woon, groei daar regte piesangbome langs pad en hulle dra trosse piesangs … en hulle blom! Sulke pragtige rooi pers blomme.
Natuurlik het ek gaan google. Hierdie spesifieke blom behoort blykbaar aan die Cavendish kultivar wat oor groot dele van die wêreld kommersieel verbou word. Ek het op interessante brokkies inligting afgekom:
- Eerstens die blom self: Volgens ‘n artikel wat ek op die internet gelees het, ontwikkel die piesangs uit hierdie blom. Dit maak nou sin (dink ek); vrugte ontwikkel gewoonlik uit ‘n blom en piesangs is seker nie ‘n uitsondering nie. Wat egter baie interessant is, is dat die blom ook eetbaar is. Ongekook is dit glo heerlik in slaai. Andersins kan dit bygevoeg word in sop of groete wat geroerbraai word.
- Die vrug: Die geel, ryp piesang is natuurlik heerlik so op sy eie, in vrugteslaai of in verskeie soorte soetgebak. In my huis is dit ‘n móét saam met kerrie-geregte. Het julle al probeer om groen piesangs te eet? Sny die afskilde groen piesang so in die skuinste in dun skyfies. Rangskik op ‘n oondplaat, sprinkel met olie, gooi sout en peper op na smaak en bak so vir ‘n halfuur tot goudbruin en bros. Draai so nou en dan om. Die resultaat – heerlike piesangtjips. Die piesangboom se blare is nie eetbaar nie (of liewer, dis dalk nie lekker nie), maar kan wel gebruik word om kos in te stoom en op te dien. Ek dink dit sal dalk beter wees om nie die boom self te eet nie.
- Die prys: Ons het net so ‘n week of twee gelede gesels oor die prys van piesangs wat so die hoogte ingeskiet het (sien Vrugte Verlies geskryf deur Xena Phoenix). Toe wys my dogter my ‘n artikel in BBC News Battling to save the world’s bananas wat dalk lig werp op hierdie onderwerp. Blykbaar word einste die Cavendish piesang kultivar bedreig deur ‘n dodelike swam bekend as die Panama disease. Die swam het sy opwagting gemaak in die 1980’s in Asië, waar miljoene piesangbome uitgeroei is en het nou ook versprei na Afrika. Is dit dalk die rede waarom piesangs nou onbekostigbaar duur geword het?
Ek hoop die slim mense vind ‘n uitweg, want ek kan my nie ‘n wêreld sonder piesangs voorstel nie. Kerriekos sal net nie dieselfde smaak nie.
Vuurklip het so pas vir my laat weet dat daar nog iets is wat ek nie van piesangs geweet het nie en die skakel vir hierdie video vir my gestuur. Kostelik! Ek giggel nog steeds.
vuurklip
Nog iets wat jy nie geweet het nie:
https://www.youtube.com/watch?v=tpfDp04DgUc
HesterLeyNel
Whaha, dis kostelik. Nogal op die maat van daai liedjie in Beetlejuice. Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek gaan hierdie bylas op my blog. Dis te kostelik vir woorde.
vuurklip
Ek ken dit uit toeka se Harry Belafonte:
https://www.youtube.com/watch?v=PMigXnXMhQ4
Rob Alberts
Smakelijke groet,
HesterLeyNel
😄
rondomtaliedraai
Ek het dit by die skool gesien.
Daardie tjips klink regtig lekker Werk ryp piesangs ook?
HesterLeyNel
Nee, die rypes brand en smaak soos tameletjie. Hierdie is eintlik die resep vir plantains (piesangs wat van nature groen is en en ‘n dikker skil het), maar jy sien hulle nie dikwels in die winkel nie. Gewone groen piesangs, hoe groener hoe beter, doen dieselfde job.
scrapydo2.wordpress.com
Gelukkig het ons gereeld op n piesangplaas vakansie gehou. Daar is altyd gewaarsku dat slange van die trosse hou. Die plukkers was altyd maar versigtig. Mens leer ook elke dag weer iets nuuts. Hulle voer piesangs in van Suid Amerika. Grasgroen en as hul ryp word is hul steeds hard of stewig en smaak nie eers na piesang nie. Ai, n lekker piesang bly maar lekker. Daardie piesang tjips klink na n goeie idee.
HesterLeyNel
Die lekkerste piesangs is sulke kort dikketjies wat ons by die straatverkopers te koop kry. Hulle is ryp en lekker soet; kos ook nie ‘n plaas se prys nie.
scrapydo2.wordpress.com
Daar was so n “wilde” piesang boom in n leë erf wat sulke piesangs gehad het. Amper oorweldigend geurig om te eet.
Travel460
Vir my bly dit die heel lekkerste om ń piesang, in lang, dun skywe gesny, in regte botter te braai. Dan natuurlik ook piesangslaai met die kondensmelk sous. Ek het self ook nie geweet van die blom nie, Hester! Baie interessant.
HesterLeyNel
‘n Vriendin gooi ‘n bietjie kaneelsuiker oor haar piesangrepe wat sy in botter gebraai het. Ek ken die kondensmelkresep ook, maar oeg, ek kan mos nie daardie soort soet hanteer nie.
Hier "blok" Ek!
Liewe Hester,
een ding wat ek darem geweet het, en al hoekom ek dit geweet het is ons het op ons plot teen die Magaliesberge as kind ‘n enkele piesangplant gehad, wat die lekkerste klein vet piesankies gedra.
Na-na-na ek het tog geweet Hester.
HesterLeyNel
Daardie kort vettietjies noem my man die Lady Fingers en hulle is soeter as die Cavendish met so ‘n smakie van outydse Chappies bubblegum. Lekker! Jy sien, ek weet tog ook van sommige goeters … wêla kapêla! Haha.
Hier "blok" Ek!
❤❤
Hier "blok" Ek!
As jy wil weet, vra Hester… as sy nie weet nie sal sy soek 😙
HesterLeyNel
Jip. Speurdersersant Hester.
Hier "blok" Ek!
❤❤
Hier "blok" Ek!
hie-hie-hie
Hier "blok" Ek!
oegh en is hulle nie lekker nie – ek sien hlle nerens in die winkels nie ons lopende google. Jy wen ek het dit net as die kort vet piesankies geken.
HesterLeyNel
Google maak dit so MAKLIK! 😄
ekmyselff
Hulle maak die heerlikste sigare van piesangblare…
Piesang is lekker met n homp peanutbutter op, ooh of saam met spek op n toastbroodjie.
HesterLeyNel
‘n Elvis braaibroodjie – piesangs en peanut butter broodjie in ‘n pan gebraai 😄
Anne
‘n Baie interessante artikel sook die komentaar daarop 🙂
HesterLeyNel
Dankie Anne, ek lees ook graag die komentaar van die bloggers – hulle is nie op hulle bekke geval nie.
Kameel
En hier leer ek nog iets… piesangblomme!!
Piesangs op brood met gerasperde kaas oor in die oond gebak!!! En dan ‘n toastbroodjie met gekookte eier in skywe gesny met piesangkerrie op. Hoe water my mond nou.
HesterLeyNel
Piesangs en kaas. Mmm. En Eno vrugtesout. Die kerrie sal ek liewer saam met ‘n rotti eet. My eetgewoontes het drasties verander hier in die piesang/kerrie kant van die land.
shadowwhisper
hahahah was lekker om de Banana Boat song weerte hoor.
Jy geskrewe laat my terug verlang na Magoebaskloof waar ek as kind gebly het in ‘n piesang plantasie….
Kameel
Hester sorry ek pla hier…. hoe maak ek die kommentare op my blog toe? Gits ek begin almeer soos Camilla voel… dug 😊
HesterLeyNel
Maak jou spesifieke blogpos oop in “edit mode”. Scroll dan af na ondertoe en kyk vir ‘n keuseblokkie (tick block) wat sê “allow comments” en dan untick jy hom. Sorrie, my blog se aanwysings is in Engels en ek ken nie die Afrikaanse terme nie. Probeer gou en laat weet my of jy regkom.
HesterLeyNel
Kameel, daai tick block kan in jou blog dalk op die sidebar sit onder “More Options” – dit hang van jou tema af.
Kameel
Dankie het dit op my laptop gaan doen. Hoop jy hou kop met al die dinge wat gebeur.
HesterLeyNel
Lekkervurig het ingetree en begin help met die blog, want dis ‘n groter sukses en meer gewild as wat ek gedink het dit gaan word. Sy klink na ‘n baie georganiseerde vrou, so ek is seker ons sal by die goud uitkom.
Kameel
Ek sien tot Coetzee wil nou kom help met die vleisbraai. Ons het sowaar as wraggies gewild… of is dit nou berug geraak.
HesterLeyNel
Ek sien die ding. Dis lekker! Hoe meer mense, hoe meer stories. Ek wil juis vir Lewies kontak en hoor of hy ook lus het om deel te neem.
Kameel
Jy gaan ‘n lekker dik boek die lig laat sien. Ek geniet die kommentare net so!!! Wie weet miskien word is crime nog ‘n fliek!!!!!
HesterLeyNel
Haha, dit sal ‘n grap afgee!
Kameel
Hulle moet nou net nie loop sê elkeen vertolk sy eie rol nie…. en ek moet op my oudag op stillethoes rondloop nie.. Het ook nie meer lippe om te tuit nie.
HesterLeyNel
Ek lag my oor ‘n mik!
Kameel
Jy kan lag want jy sit die hele liewe tyd in Vegas. Dink dis tyd om terug te keer…. anders gaan jy maar min in die fliek gesien word.
HesterLeyNel
Dis ook maar goed.
Kameel
Dis weer ek…. wat probeer verstaan. Met die skrywery…. hoe gaan elkeen ‘n beurt kry om te skryf as een taak meer as een mens het wat help. Bv Toorts en haar kos…. en Coetzee wat help braai. Ek neem aan dat elkeen wat hulle name opgesit het ‘n blog oor hulle ondervinding wil skryf.
HesterLeyNel
Ja, elkeen kan mos maar skryf oor ‘n deel van die taak, of die storie van twee kante af bekyk – elkeen beleef ‘n ding anders. Dis wat nou lekker raak – verbeelding en ons mag mekaar weerspreek ook. Net soos in die werklike lewe 😄
Kameel
Miskien moet jy dit duidelik maak dat elkeen wat besig is met ‘n taak iets daaroor moet skryf… nie net die genomineerde een nie. Toorts het klaar ingespring en geskryf… sê sy kannie langer wag nie. Ek lag so lekker vir die klomp.
HesterLeyNel
Ek dink nie Coetzee sal skryf nie. Hy sal seker net kommentaar lewer soos Storieklong, maar ek sal haar vra.