Hierdie week se Lê-Jou-Eier uitdaging het as onderwerp “Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans”. Die gedagte vir hierdie onderwerp het ontstaan na aanleiding daarvan dat sommige bloggers van die opinie was dat Afrikaans ‘n wonderlike spreek- en skryftaal is, maar dat dit nie ‘n taal is waarin ‘n mens kan vry nie.
Die opdrag is om hierdie gesprek tussen Mens en Hot Lady (die bidsprinkaan) as uitgangspunt te neem en die storie klaar te skryf. [Hou in gedagte dat ‘n bidsprinkaanwyfie gewoonlik die mannetjie ten tye van die seksdaad doodbyt en opvreet. Die rede vir die seksuele kannibalisme is blykbaar dat beide die sperm en die liggaam van die mannetjie gebruik word om meer eiers te produseer, asook om die wyfie en haar nageslag te voed. Lees meer: Why Female Praying Mantises Devour Their Partners During Sex.
Mens (selfvoldaan): “Hot Lady, jy het ‘n lekker soettand, nè? Dis ook die enigste rede waarom jy hier by my kom kuier, net agter die jêm aan.”
Hot Lady: “Ja, so ‘n ou jêmpie is lekker, maar dit gee my ook krag vir wat voorlê.”
Mens (bekommerd): “Watter swarigheid voorsien jy dan nou in jou toekoms?”
Hot Lady: “Maar jy weet mos dis hierdie tyd van die jaar wat ek ‘n mannetjie moet aankeer om my eiers te bevrug! Vanaand is die aand wat ek moet sterk wees en al my oorredingskrag moet inspan om ‘n mannetjie te laat sterf tot voordeel van ons nageslag.”
Mens (ongelowig): “Nou hoe op aarde ‘oorreed’ jy ‘n man om te sterf vir ‘n nageslag wat hy nooit eens gaan ken nie?”
Hot Lady: “Maklik. Jy hou hom teer vas en net voordat jy sy koppie begin afkou, fluister jy soetjies in sy oor: Liefling, … “
VERVOLG: Hot Lady en Sticks (ek sien hierdie naam wat Kameel uitgedink het vir die gelukkige mannetjie het nou gestick).
Hot Lady: “Liefling, kyk diep in my oë sodat jy kan sien ek bedoel elke woord wat ek sê. Ek het lank en hard gesoek na ‘n man soos jy, so sterk, so aantreklik, so gewillig om my liefde te deel. Ek belowe jou, vanaand gaan ek jou so gelukkig maak dat jou lewe nooit weer dieselfde sal wees nie.”
[Ha! Dis ‘n woordespeling … ‘jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie’. *grinnik*]
“Ruik jy die soet parfuum aan my voorpote? Dis die nektar van die liefde waarmee ek jou pragtige gespierde ligaam gaan bedek en jou dan gaan ek jou aflek van kop tot tone.”
[Hy ken duidelik nie die verskil tussen nektar en gewone appelkooskonfyt uit ‘n blikkie nie. Dankie vir jou bydrae Mens.]
“Dis reg, my liefsteling, lig jou pootjies op dat ek elke spesiale plekkie kan insmeer en masseer. Lig die arms hoog op … hiehie, is jy ‘n bietjie kielierig? Wag ek maak vir jou ‘n lussie van my syserpie sodat jou arms nie moeg word nie.”
[Okay great, uit hierdie systrikkie sal jy jouself nie sommer loswikkel nie.]
“Ek het spesiaal vir ons hierdie romantiese musiek uitgesoek. Kan jy voel hoe vibreer die aantrekkingsktag tussen ons? Dis reg, druk jou lyfie vas teen myne sodat ons kan saamwieg.”
[Ek het ook Fifty Shades of Grey gelees en die fliek gekyk, ja. Goeie musiekkeuse.]
“O ja, o ja! Dis presies wat ek wil hê. Hou my styf vas. Dis reg, nou het jy die ritme. Hou jou koppie stil, my liefste, ek wil jou oortjies skoonlek … aaa, is dit nie lekker nie?
Oe, hoekom ruk jy so van ‘n ou klappie op die boud? O, ek dink jy hou daarvan; ek kan voel hoe versprei die hitte deur jou lyf. Sticks! O, Sticks, moenie ophou nie …. Sticks? Hoekom is jy so stil? Is iets verkeerd?”
[O hel, ek het ‘n bietjie meegevoer geraak toe ek aan sy oortjies geknibbel het, nou is sy koppie weg. O wel, dit was aangenaam terwyl dit gehou het en ek is buitendien nou honger.]
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
travel460
Briljant! Jy mag maar ń hygroman aanpak, Hester. Fifty Shades of Grey is nie net ge-ewenaar nie, maar verbygesteek!
HesterLeyNel
Haha, ek het my vrek gelag toe my dogter my aangepak het: “Ma laat my nou bloos!”
travel460
Ek glo jou.🤣
lekkervurig
🏆😁
Lewies Mymer
Sjoe! Dis hot! Hotter as hot!
HesterLeyNel
Bwahaha, net jammer van Sticks se rampspoedige einde!
Lewies Mymer
What a way to go!
HesterLeyNel
Dis nou ook waar nè, as dit dan nou jou tyd is om te gaan, kan dit netsowel met ‘n smile op jou gesig wees.
Abrie Joubert
Nee wat ek nog nie 18 nie
HesterLeyNel
Haha, is die vroumense jou oor hierdie week? Toemaar, ons sal ons gedra met die volgende onderwerp hoor? Hierdie is sommer net ‘n stukkie stuitigheid.
Abrie Joubert
Ek vind dit moeilik om storie te skry waar een van my geslag opgeet word. Veral na wat met my hare gebeur het, Delila het dit mos afgeskeer…
HesterLeyNel
Haai, siestog ja, dis geen wonder jy ly nog aan traumatiese skok nie. Maar het Simson se hare dan nie weer gegroei nie … ?
Abrie Joubert
Miskien skryf ek tog ‘n storie…
HesterLeyNel
Jy mag maar skryf oor die mannetjie wat weggekom het …
Abrie Joubert
Nee hy het nie weggekom nie hy het iemand se hart verander
HesterLeyNel
Nou is ek nuuskierig.
Abrie Joubert
Hierdie is die 21ste eeu sy het ‘n lasermasjien gebruik wat die haarporieë doodbrand
HesterLeyNel
whaha, jy sal jouself loswikkel uit enige hoekie nè?
Kameel
Wat gaan jou skuilnaam wees wanneer jy hygromans gaan begin skryf?
Dit is hoekom ek ou Engelse classics lees. Pragtige skryftaal sonder dat ek hoef te vrees ek kom op hygromanse af. My kinders monitor tot flieke vir my …”mamma kan dit of dat kyk… geen seks, geen vloek, geen Godslastering.”
HesterLeyNel
Ek gebruik mos nie skuilname om my sondes weg te steek nie 😀 Ja, toemaar, my kinders kyk ook die flieks met vuil taal, oormatige geweld en aliens net wanneer hulle ma al in die bed is. Seks pla my nie solank dit deel van die storielyn is nie. Ek verkies ‘n goeie storie bo die “special effects”.
Kameel
“Dis hy daai”… soos my man altyd sê, daardie “special effects” waaraan ek ‘n kanniedood het. Nou weet ek nie eers of dié gesegte op die regte plek gebruik is nie. Hoe lyk die weer daar? Hier was dit goed deurmekaar tussen winter en somer… vandag ‘n heerlike dag.
HesterLeyNel
Die wind suster, die wind – dit waai jou oë so droog dat jy nie eens kan huil oor die slegte weer nie. Ons het nog bitter min windstil dae gehad die afgelope paar maande.
kethuprofumo
Impressive and strange creature. And curious too.
HesterLeyNel
They are beautiful and very comfortable in human company.
kethuprofumo
How fascinating! And what does attract them more: scents, sounds or food?
HesterLeyNel
Definitely food. They eat small insects in the garden, but they also have a sweet tooth. My daughter was feeding something sweet to the one she is holding in the photo.
kethuprofumo
How practical they are! Incredible!
wegkruipertjie
Hester Hester het jy vir jouself nou ook ‘n moeilike onderwerp gekies? Briljante stukkie skryfwerk
HesterLeyNel
Dankie 😀 Ja, ek deel mos werk uit voordat ek mooi dink en besef dan agterna dat ek ook moet deelneem …
perdebytjie
Briljant geskryf, Hester…ek dink jy het jou nering gemis!
HesterLeyNel
Dink jy ek sal my inkomste kan aanvul met x-rated boeke? Haha.
perdebytjie
Beslis!!
Ekskuus dat ek nou hier vra,maar wys my nuutste pos op jou leser?Ek het ‘n pos geskryf en dis net weg!!Wordpress maak snaakse goed😳😠
HesterLeyNel
Nee, maar ek kon dit dalk gemis het – my feed is redelik lank. Ek was gou op jou webtuiste en ek sien daar is ‘n nuwe een, maar hoe laat het jy dit gepos?
perdebytjie
So drie ure gelede,maar dit wys nie op die reader nie.Het al alles probeer om dit daar te kry.Miskien moet ek reblog knoppie druk.😜
HesterLeyNel
Ek sien op die forums dat daar ander mense met dieselfde probleem is. Hulle sê dit kan dalk wees omdat die blogger te veel kategorieë en tags gebruik – dit vat langer om te index.. Dalk moet jy regblog en dan dophou; as dit weer vorentoe gebeur dat jou poste nie verskyn nie, moet jy liewer aan WP Support rapporteer.
perdebytjie
Dankie Hester.
rondomtaliedraai
Hehehehehe … ek is sprakeloos
HesterLeyNel
Ja, jou sus het juis gesê daar is nie eintlik woorde nodig nie!
scrapydo2.wordpress.com
Mooi man, dis nou n ware storie. Jy het net die regte knoppies gedruk en siedaar daar peul die storie uit. Afrikaans het tog ook lekker beskrywende hyg woord is dit nie? Mens hoef nie kru te wees met so n mooi storie nie. Hot Lady sou beslis baie honger gewees het na al haar mooi woordjies.
HesterLeyNel
Na al daai pratery moes sy ‘n droë keel gehad het!, maar dankie vir die kompliment.