My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Oorgeërfde eienskappe

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Nog ‘n week is verby en ‘n muwe uitdaging lê voor. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan verlede week se uitdaging Wat is jou Superpower? Die bloggers het weer kreatief geraak en ons het lekker gelees en gesels.

Die onderwerp vir hierdie week (12 – 19 Oktober 2017): Het jy al ooit geluister na of deelgeneem aan die gesprek wanneer ‘n nuwe baba in die familie bespreek word: “Ek sweer hy het sy Oupa Faan se neus”; “Daardie lang voete – dis kompleet haar Tante Sielie s’n”; “Kyk hoe frons hy! Natuurlik die Poggenpoel familie se humeur wat daar uitslaan.” Ja? Klink bekend, nè?

Vertel ‘n bietjie oor die eienskappe wat jy van jou voorouers geërf het, die goeie en / of die slegte. Watter voorkoms- of karaktertrekke is eie aan jou familie en hoeveel daarvan het jy oorgeërf? Bemerk jy dieselfde eienskappe by jou kinders of kleinkinders?


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Follow Dis Ekke

11 Comments

  1. Ek het verlede week baie geniet Die bloggers was baie vindingryk EN (Skuus Lou sien uit na die nuwe onderwerp

  2. Sug waar krap jy jou onderwerpe uit.

    • Comment by post author

      Sorrie, dis my superpower – merske verbeelding. Nee, om eerlik te wees, ek lees al die blogs en kommentare van ons “kring” (ek is ‘n snelleser) en let net op waaroor die mense praat. As iets my oog vang, maak ek ‘n nota en volgende week verskyn hy op Lê-Jou-Eier.

      • Ek dink wat oulik is, is dat meer in die “kring” nou ook bymekaar lees en link. Dit raak soos ‘n blog-familie.

        • Comment by post author

          Dit is so en ons is nogal ‘n eklektiese groepie – daar is gedeelde belangstellings, maar ons ouderdomme, ondervinding, denkwyse, lewensstyle, ens. word nie van dieselfde bronne af gevoed nie. Dis lekker om sulke diverse menings te lees.