Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

My eiers

Ek sal my blou baadjie saamvat

My son and I in front of the old steam locomotive at Oudewerf, Meyerton in 2011.

Ek en Oudste Seun by Oudewerf se ou trein 24 September 2011.

Hierdie week se Lê-Jou-Eier uitdaging vra watter persoonlike artikel jy graag by jou wil hê wanneer jy op ‘n verlate eiland uitspoel. Ek ken hierdie simpel vrou wat die onderwerpe vir die uitdagings uitdink en dan, wanneer sy haar eie bydrae moet lewer, geen idee het waaroor sy kan skryf nie. Gelukkig het Facebook mos hierdie “Onthou-jy-nog?” funksie wat elke dag ‘n herinnering van die verlede opdiep:

En om ‘n lang storie kort te maak – hierdie dag se herinnering is ‘n foto wat ses jaar gelede geneem is by Oudewerf in Meyerton, Gauteng. Toe sien ek my Blou Baadjie No.2 in die foto raak en besluit onmiddellik, hièrdie is die item wat saam met my moet uitspoel op die afgeleë eiland.

Daar was ‘n Blou Baadjie No.1 ja, bodeel van ‘n sweetpak wat ek in 1994 in Bloemfontein gekoop het, net voordat die winterkoue daardie jaar toegeslaan het. No.1 het sowat vyftien jaar oud geword in my besit en het later begin deurslyt. So hier en daar was daar plekke waar daar geen wolle meer oor was nie en op ander plekke was daar brandgaatjies (ek het daardie jare nog gerook). No.1 het altyd saam met my gereis en by die huis het hy diens gedoen elke keer as die kwik tot onder 20°C gedaal het.

Die gesin het begin mor oor die afgeslete ou baadjie en ek is gereeld daarop gewys dat ek verskeie ander baadjies in my kas het. Ja, maar dis nie lekkerdra-baadjies nie; dis sulke ghrênd baadjies en jassies wat werk toe gaan. Toe begin hulle plaasvervanger-baadjies aandra totdat my kas oorvol was, maar ek het steeds vasgeskop soos ‘n steeks donkie, want ek was lief vir No.1. Verstaan nou mooi, ‘n warm baadjie word nie sommer net gedra nie; die dra van daardie spesiale baadjie is meer intiem as enige ander verhouding. Dit meen dat jy nie die een waaraan jy so geheg is, net so kan afstaan en ‘n nuwe een in sy plek aanvaar nie.

Ek het gedink dat ek in hierdie saak tenminste my man se ondersteuning sou geniet, want hy is by uitstek die soort persoon wat koppig aan sy persoonlike eiendom vasklou. Gewoonlik moet jy sy klere van sy lyf afskeur (letterlik) om plek te maak vir nuwes. Was hy my simpatiek gesind? Nee. Toe loop ek op ‘n dag vir No.2 raak in die winkel en vat hom huis toe. Ek het hom so nou en dan gedra, maar dit het lank geneem om ‘n toegeneentheid te ontwikkel en die stryd oor No.1 het voortgeduur.

Totdat No.1 eendag in die wasmasjien se diep donker gat in verdwyn het. Dis wat my gesin beweer. Ek het dit nie vir ‘n oomblik geglo nie, want ek weet as hulle saamstaan, lieg hulle baie oortuigend. Hulle ma het hulle goed geleer.

Daarna het ek nie ‘n keuse gehad nie en ek moes plek maak in my hart vir No.2. So stadigaan het ‘n verstandhouding posgevat en No.2 hang elke dag oor my kantoorstoel. Snags hang hy op die kapstok daar onder by die voetenend van my bed. Wanneer die kwik begin duik, word hy aangetrek. As my voete koud bly in die nag, word hy summier nadergetrek om die rol van ‘n paar bedsokkies te vervul. As die wind waai, trek ek sy ritssluiter op tot oor my ore wanneer ek strand toe gaan. Ons het mekaar goed leer ken die afgelope nege jaar en ek sien kans vir nog nege jaar saam met hom.

Net so nou en dan dink ek nog terug aan No.1, maar hy is nie meer nie, dus sal No.2 moet saamgaan na die eiland toe, want met my blêddie vrot geluk sal ek nie op ‘n lekker warm tropiese eiland uitspoel nie.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Follow Dis Ekke

33 Comments

  1. Heheheh – daar laat jy my nou dink aan “Ou Geelneus”, my geel laphoed wat my kinders, na wat hulle beweer, erg getraumatiseer het.

  2. Nou is my oë groot! Maar gelukkig het ek my eie eiland gevind, aan die warm kant van die aardbol. So ñ baadjie kan defnitief ñ emosionele verhouding met ons ‘smee’. Ek het nou weer ñ baie oulike, gehekelde trui. ñ Sloppie Joe. Lyk asof dit uit die hippie tyd kom. Maar my Sloppy Joe is altyd saam. Op elke vliegrit.

    • Eienaardig dat daar altyd een kledingstuk of een paar skoene is waarsonder jy net nie kan klaarkom nie. Trek maar jou Sloppy Joe aan as jy voel die vliegtuig skud so effens te veel 😀 Just in case.

  3. Mmmmmmm ek het gedog dis ‘n tropiese eiland… Toemaar toemaar jy mag saamneem wat jy wil

  4. Hoop jou blou baadjie het jou knus gehou tydens die eensame aande.
    Dis vertroostend so n geliefde kledingstuk.

  5. So ‘n geliefde en verslete kledingstuk is ‘n volwaase mens se trooskombers. Ek het so ‘n hemp, destyds by Woolles in Sunnyside gekoop, wat nie nog ‘n was sal oorleef nie.

    • Dis waar, dit id ‘n vertroosting. Maar dan moet jy liewer nie was nie – trek die hemp net aan op high days and holidays en dan hang jy hom ‘n bietjie buite om lug te skep.

  6. Oooo nou praat jy. Dis of so n baadjie aan jou groei. Hy pas ook soos n soort van n tweede vel. Dan praat ek nie eers van skoene nie! Jy’t goed gedink om die baadjie saam te vat. Daar is altyd n kans dat jy hom gaan nodig kry. Indien nie vir koue nie wel vir ongedierstes soos muskiete.

    • Ja, en daar is soveel gedeelde herinneringe – ek is seker ek en my baadjie sou lekker kon gesels en saam skinder.

  7. Hester, 🙂 I was thinking about this lovely photo of yours last night, I don’t read Afrikaans so the picture alone speaks to me, I can just sense the warmth affection humour and yes love.

    • Thank you Andrew, and yes, there is a lot of love and affection in our family, despite the emotional hardships we endured in the past (or maybe because of it?). The photo is of myself and my eldest. I was telling the tale of the blue jacket I’m wearing in the photo – this article of clothing has become somewhat of a family joke. I’ve had it (and its predecessor) for eons and I wear it almost every day. I tend to get attached to my clothes 😛

      • Haha I’m exactly the same and what’s wrong with being emotionally attached!

        • Nothing! This is what I first noticed about you – you wrote a beautiful blogpost about your mother and I told you that my children are more or less the same age as you. 😀

        • 🙂 I do remember. I must return to my old photo albums again. Ty

  8. Ja, sommige dinge is net lekker-pas vir die lyfie.

  9. So met jou geluk gaan jy nie op ‘n tropiese eiland uitspoel nie 🙂 Dra jou blou baadjie, en geniet hom soos jy nou doen, en mag hy julle nog jare der jare goeie vriende bly.
    My sus Rika het vir my ‘n baadjie gemaak waarmee ek so ‘n intieme verrhouding gehad het. Dis dieselfde sus wat na vyfien jaar my gesmeek het om asb die baadjie die trekpas te gee want sy is nou so moeg om in hom vas te kyk.

    • Dankie! Dit blyk daar is nog mense soos ek – ek is nie ‘n tribe op my eie nie 😀

      • Ek dink daar is ‘n hele tribe daarbuite wat ‘n voosgedrade kledingstuk het wat nie afstand gedoen van wil word nie. 🙂

  10. Het ons nie almal so baaidjie nie? Myne is my pienk Jeep baadjie van valskerm materiaal.

  11. Jammer Hester nou nie tyd gehad om te lees nie maar ek is redelik seker dat die persoon wat jy ken en dit vir ons almal moeilik maak se reels se dat jy nie ‘n jong kerel mag saamvat nie!!!

    My dogter was as pleuter mal oor ‘n soesifieke langbroek met sakke op die bo- bene. Sy het altyd gese dat die broek noit te klein gaan raak nie 🙂

    My storie is uiteindelik klaar. Ek het in warm water uitgespoel anders was ek dood.

  12. Ai… ek he nou weer lekker gelag! Ek sie grootseun staan siggeret en al daar. Is hy die een wat so mooi kan praat of praat hulle maar almal mooi? Nog ‘n ding wat hulle by hulle ou mammie geleer het?
    Laat my dink aan die keer wat ek ‘n paar van my vrou se vrot ou skoene op die braai gegooi het NA ons klaar gebraai het! Selfde storie, sy wou nie ontsla raak van die goed nie toe help ek maar!
    Mind you, ek het ook lekker vrot ou sweetpak broeke wat ek oorerf by die seuns as hulle die goed nie meer wil dra nie… party is vol verf van my geskilderry… party het ‘n gat of twee in maar hulle pas my “image” piekfyn!!

    • Nee ek pleit onskuldig, dis pappie wat sulke taal besig. Ek vloek net by geleentheid. Ja, daai siegrêt – hy is die enigste een in ons gesin wat nog rook en hy is die een wat aan asma ly. Jou vrou se skoene? En jy leef nog?

      • Ja… ek leef en dreig elke nou en dan on weer ‘n skoen braai te hou! Vir die lekkerte!! 😉 (En om haar net so ‘n ou bietjie op te wen!) 😛

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: