Gedurende die hele paar dekades wat ek werksaam was in die korporatiewe wêreld, is ons ten minste een of twee keer per jaar vriendelik verplig om ‘n opleiding-, opheffing-, inligting-, spanbou of ken-mekaarsessie by te woon. Hierdie nuus is gewoonlik met louwarm entoesiasme begroet, maar daar was tog ‘n paar lesse te leer wat my nog steeds bybly.
By een werksessie het ons die opdrag ontvang om ons eie grafskrif te skryf. Die doel daarvan was om na te dink oor hoe jy jouself sien, hoe ander mense jou ervaar, hoe jy graag onthou wil word en wat jou plan van aksie is om jou grafskrif waardig te wees. Daarna het ons verder gegaan en mekaar se grafskrifte bespreek in groepsessies. Deel twee van die oefening was om, na die groepsessies ‘n “roubrief” saam te stel, met ingneming van jou medewerkers se waarnemings en opmerkings. In jou roubrief moes jy verskoning vra vir swak gedrag, (of ekskusies kon aanbied!), vergifnis skenk aan diegene wat jou te na gekom het en jou goeie eienskappe uitwys.
Ons het in die begin ‘n bietjie gemor oor die “morbiede” opdrag, maar die hele oefening was ‘n eye-opener, ‘n motivering om beheer oor jou emosies, jou humeur, jou omgang met jou medewerkers en sommer jou daaglikse lewenswyse uit te oefen. Daar het soms trane gevloei (van pure skok oor hoe jy oor jouself dink en hoe ander jou ervaar), maar die humor het ook nie uitgebly nie.
Die opdrag vir hierdie week (7 September 2017 tot 14 September 2017):
Met bostaande in gedagte, is die opdrag vir die week om jou eie grafskrif te skryf en net ‘n kort beskrywing te gee van hoekom jy die spesifieke bewoording gekies het. Vertel dan of en in watter mate die opdrag jou laat nadink het oor jou daaglikse handelinge.
Die roubrief hier onder van ene Ong Peck Lye is ‘n gedig geskryf deur sy seun wat vir sewe jaar lank gehelp het met sy pa se versorging nadat hy gediagnoseer is met Alzheimer’s. Lees die hartroerende storie daaragter by die volgende webtuiste.
.
Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
ekmyselff
Oeps, my as gaan gestrooi word, dus GEEN grafskrif!
HesterLeyNel
Cheat!
Abrie Joubert
Face book post ekmyself maar voel ook spos jy makliker om hierdie weg te redeneer met grappies!!
HesterLeyNel
Albei cheaters. Die blog gaan eintlik oor die lewe, nie oor die dood nie. Lees tussen die lyne. Die volgende uitdaging gaan wees oor “goeie verskonings”. 😀
Abrie Joubert
Ai Ekmyself ek voel nie nou meer skuldig dat ek Hester ‘n slawedrywer genoem het in die idiome blog nie 😀
HesterLeyNel
Haha, gelukkig is jy ‘n vryslaaf wat inspraak kan lewer oor jou lewe en lot.
Kameel
Ouch…. hierdie een gaan kopkrap verg.
Abrie Joubert
Gaats Hester en ek dog WordPress is kripties en abstrak met hulle chalenges!! Maar ek sal seker nie weer kan skip nie
Op my grafskrif moet staan dat ek nie bang was vir blog challenges nie. So-ja daar het jy dit – klaar met hierdie week se challenge…
HesterLeyNel
😄
ekmyselff
Skerp Abrie
Abrie Joubert
My bitcoin blog is geskryf
ekmyselff
Dankie ek gaan beslis loer!
ekmyselff
Ok, maar is hy al gepost want ek kry hom nie. Stuur asb n link.
Abrie Joubert
Dis weird
https://abriejoubert.wordpress.com/2017/09/08/the-new-content-of-the-emperors-wallet/
Toortsie
Genade Hester! As nommer 3 so lyk, wil ek nie weet hoe nommer 30 gaan lyk nie! Jojojo
HesterLeyNel
Ek moet nog tyd maak om my eie bydrae te skryf. Ek “straf” myself ook.
lekkervurig
Jy buig my brein. Jy klap die sweep hard.
HesterLeyNel
Oeps! Ons sal volgende keer ‘n ligter onderwerp moet aanpak. Dit laat my nou dink aan daardie alewige “my-vakansie-by die see” opstelle wat ons moes skryf op skool. Ons het doer in die dorre Namakwaland gebly en het net so nou en dan by die see uitgekom. Dis het beteken dat ons maar taamlik moes duimsuig om punte te kry.
lekkervurig
Hester, jy is briljant. Ek lief dat jy ons uitdaag. Alles is so gemeenplaas, gejaag en oppervlakkig. Dis goed om ver te kyk en jou eie begrafnis te hou.
HesterLeyNel
Het jy ooit die fliek Get Low gesien van die springlewendige kluisenaar wat die hele dorp se mense na sy “roudiens” toe uitgenooi het, sodat hy al die stories kon hoor wat oor hom vertel is? Toe bieg hy nog oor sy sondetjies ook. That’s a send-off to remember.
lekkervurig
💖
HesterLeyNel
O, en ek wou nog sê, ek sien ek is nie die enigste een wat nou skielik vreeslik idiomaties begin spreek nie. Jy buig my brein 😄 Dis nuut vir my.
lekkervurig
Dis my linksgeid wat so praat…😉
rondomtaliedraai
…. blllliiiikkkkksem…
HesterLeyNel
Nou veroorsaak ek al dat die bloggers kragwoorde gebruik? 😜
rondomtaliedraai
🙂
scrapydo2.wordpress.com
Nee-nee suster dit is darem nie die beste manier om jou gevoel oop te stel nie!
HesterLeyNel
Vermaan haar, Suster, vermaan haar!
rondomtaliedraai
Dit sê so lekker! 🙂
scrapydo2.wordpress.com
Nog steeds! Gladnie lady-like nie ook!
scrapydo2.wordpress.com
Sjoe, my eerste reaksie was: Gaan verby opdrag! Nadat ek die kommentare gelees het sal ek tog maar bietjie moet grawe in my gedagtes. Eintlik bring dit baie seer herinneringe terug as mens so dink aan geliefdes wat nooit erkenning gekry het voor hul dood nie.
HesterLeyNel
Dis waar, maar aan die ander kant is daar ook diegene wat, heeltemal ongeregverdig, hoogheilig verklaar word by hulle afsterwe.
scrapydo2.wordpress.com
Stem volkome daarmee saam. Ek het al bietjie gedink en het my opskrif klaar reg om te kan pos!
HesterLeyNel
Lekker! Ons wag daarvoor.