My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Gee en Ontvang

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Die inspirasie vir hierdie week se onderwerp vir ons Lê-Jou-Eier uitdaging het sy oorsprong in ‘n blogpos Om te gee, maar ook te ontvang deur Una (travel4601). Una, sal jy asseblief hierdie inskrywing van jou ook aanheg by ons Inlinkz skakel vir die week? Gebruik die “nuwe paddatjie” hier onder om by die skakel uit te kom.

Die opdrag vir hierdie week (31 Augustus 2017 tot 7 September 2017):

Una het onder meer gesê dat sy nie glo dat sy altyd verdien om te ontvang nie; sy vind dit baie makliker om te gee. Ek dink dat daar meer van ons is wat ‘n stryd het met “gee en ontvang”.

Hoe voel julle oor hierdie saak? Deel asseblief jou mening. Vertel hoe jy die “gee en ontvang” hanteer in jou eie lewe en/of hoe jy dit waargeneem het by ander. Hoe werk ‘n mens aan hierdie gesindheid?

 En onthou, julle is welkom om meer as een inskrywing in te stuur!

Dankie, weer eens, aan almal wat deelgeneem het aan die onderwerp “Sê dit in Afrikaans” 😀


ONTHOU: Die blou paddatjie bevat ‘n kode wat elke week verander om na die nuwe uitdaging toe te lei. Dit is dus belangrik om te sorg dat die paragraaf altyd gecopy word van die nuwe week se aankondiging van die nuwe onderwerp af. Voeg asseblief die paragraaf by onderaan jou blogpos. Onthou, die blogs wat ons hieroor geskryf het, bly daar in die Inlinkz databasis en enigiemand wat op “‘n ou paddatjie” klik, sal al die geskakelde blogs daar kan sien en lees enige tyd in die toekoms. Dit beteken meer blootstelling vir almal en hopelik word die geselskapskring groter.

Hierdie is die paragraaf wat die “nuwe paddatjie” vir die onderwerp “Gee en Ontvang” bevat. 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.

 

 

 

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

5 Comments

  1. Sjoe, jy gooi ons behoorlik toe hierdie keer!