Nie negatief nie. Nie depressief nie. Net diep beswaard. Die rede is hierdie kopverkoue wat toegeslaan het en wat beteken dat ek rondloop met ‘n toe neus, ‘n muwwe brein, water in die ore wat glug-glug, roggelende hoes, borrelende … ag nee wat, los maar, julle kry die idee. Dit, tesame met ons ongekende koue weer en onbeskofte wind, beteken dat ek tydelik gehok is; presies nou op hierdie stadium wat ek met soveel opgewondenheid uitgesien het na die prag en genot van die vuurpyle wat begin blom het daar onder teen die strand.
Gelukkig het ons darem ‘n paar weke heerlike weer gehad en kon ‘n paar mooi fotos neem voordat hierdie diepe beswaardheid my getref het en dis wat ek hier gaan deel, net om te wys wat ek nou so vermis.
Wanneer ons afdraf strand toe, draai ons net so slap regs verby die Mhlangamkulurivier om by Seapark uit te kom. Net daar anderkant die rivier se wal op ‘n klipperige randjie bo die strand, groei die vuurpyle. Die stappie self (sowat 4 kilos heen en weer) is natuurlik ‘n groot deel van die pret, want dit ontbreek nie aan interessante tonele en nuwe vriende nie.
Die treinbrug oor die Mhlangamkuluriver. Indien my Zulu my nie in die steek laat nie, beteken die naam “Groot Riet”. Ek is seker daar is ‘n storie daaragter.
Ons trein loop nie op die oomblik nie, weens verspoelings en skade aan die spoorlyn hoër op teen die kus. Dit bied die geleentheid om bo-oor die rivier te loop, met ‘n lieflike uitsig na beide kante oor die strand en die rivier.
Wanneer die riviermonding toe is, loop ons verkieslik strandlangs. Hierdie liefderyke paartjie (Egyptian Geese) het ons raakgeloop by die riviermonding tydens laaggety.
Hier het die rivier begin uitloop in die see en die sandwal diep uitgekalwe. Ons het baie versigtig deur die stroompie geloop. Die hond, wat aan ‘n ander strandbewoner behoort, het heel gerieflik gelyk in die water.
Net anderkant die rivier is pragtige rotsformasies. Met hoogwater loop ons met die paadjie aan die bokant van die rots deur die digte kus-plantegroei. Die uitsig op die see is asemrowend.
Die rotsformasies van naderby.
Strandlangs is daar ander vreugdes. Hierdie krap was net so nuuskierig soos ons.
Die sand onder op die strand van naderby. Oor die algemeen is die sand redelik grof hier (maar nie rasperig sodat jou voete seerkry nie). Loop kaalvoet hierdeur en jy sal geen eelte op jou voetsole kry nie.
Tussen die rotse blom hierdie vygies tog te vrolik.
Die vuurpyle groei bo teen die randjies en daar staan ‘n hele klompie. Wanneer almal in blom is, behoort dit ‘n lieflike gesig te wees. Op hierdie foto is hulle net aan die begin van die blomseisoen.
Die vuurpyle van naderby beskou.
Nouja, sug, ek kan nie altyd my sin kry met alles nie en sal maar liefs omsien na my gesondheid. Hopelik kry ons binnekort weer ‘n paar warm dae.
‘n Heerlike week vir almal.
Like this:
Like Loading...
My blog posts, written in Afrikaans and English, represent the rantings and ravings, the joys and blessings of a 70-something retiree – Me.
settleinelpaso
Beautiful pictures!
HesterLeyNel
Thank you! It is almost impossible to take a bad photo in this part of the world.
kethuprofumo
Amazing flora & fauna of the South Africa! The plant,,,,aloe I guess is rather curious.
HesterLeyNel
In South Africa aloes are common and they grow easily, even in the dry areas. 🙂
travel460
Soos ek al voorheen vir jou gesê het; jou/julle vermoë om die klein goedjies van die lewe raak te sien en te waardeer, is vir my ń riem onder die hart. Ek leer so baie by jou, Hester.
HesterLeyNel
Dis ‘n groot kompliment, baie dankie.
Rob Alberts
Sterkte met je gezondheid.
Ik geniet van de planten en de bloemen op dit blog.
Zonnige groet,
HesterLeyNel
Dankie Rob. Geniet die week wat voorlê.
rondomtaliedraai
Baie sterkte Hoop jy voel gou beter.
HesterLeyNel
Dankie, ek hoop so. My siel krimp sommer tot niks wanneer ek so vasgekeer is in die huis.
rondomtaliedraai
Met medisyne 2 weke daarsonder 14 dae… sterkte
HesterLeyNel
Ag nee hel man, jy kan my mos nie so ‘n lang vonnis gee nie! Ek is dan nou eers by dag vier.
rondomtaliedraai
hehehehe no 10 oor!
seegogga
Pragtige foto’s. Hoop jy word gou gesond!
HesterLeyNel
Dankie 🙂
Abrie Joubert
Na die eerste paragraaf het ek net so glug-glug, roggelende hoes, borrelende gevoel (jy omskryf beter as Wilbur Smith). Nee wat met hierdie kopverkoue speel ek nie more-aand muurbal nie. Gelukkig sien ek weer kans vir die muurbal na die mooi fotos 🙂
HesterLeyNel
Wilbur Smith, haha. Hy is een van my gunstelingskrywers. Geniet die muurbal en dankie vir die kompliment.
Toortsie
Pragtige foto’s
HesterLeyNel
Dankie Toortsie
Aspaai
Sterkte ń bietjie rus behoort die truuk te doen… Vasbyt. Pragtige fotos !!! Maak my verlang na pragtige sonskyn weer.
HesterLeyNel
Dankie en ja, dis wat ek ook soek – son!
kindvanniewind
Jou foto’s is besonders pragtig: jy vang die mooi rondom jou so perfek vas! Ek hoop jy voel binnekort veel beter. Mooi week vir jou ook.
HesterLeyNel
Baie dankie 🙂
Spokie sny spoor
Wow – pragtige fotos. Die aalwyne blom so mooi. Ek hou van die treinspoor teen die see.
HesterLeyNel
Dankie 🙂 Vroeër jare het hulle blykbaar ‘n “banana train” gehad wat heen en weer met passasiers gery het. Kan jy dink die pragtige uitsig van daar bo af. Jammer dat sulke dinge verlore gaan. Nou is dit net goederetrokke wat verbykom.
platterfuss
Platterfuss likes….. a lot!
HesterLeyNel
So come back for more 😀 Ek het ‘n draai by jou ook gegooi en ek laaik ook.
Nurul Fitri Lubis
Beautiful shot, Hester. I love the photo of railway along the beach. That must be nice traveling by train and having those beautiful views along the way..
HesterLeyNel
Unfortunately, they’ve done away with the passenger trains. Traveling on the freeway by bus or car is much faster. The line is used for freight trains only. But yes, in days gone by it must have been quite an experience.
Kameel
Hoop jy voel vining beter Hester. Ek was laasweek in bed met kouekoors….. en ‘n kop en pyne…. wat die dokter griep noem. Jou fotos is mooi. ‘n Mens kan sien jy geniet die Suidkus baie.
HesterLeyNel
Dankie Kameel, ek voel ietwat beter, maar het nog die hoes wat my laat dink ek moet liewer in die huis bly. Bly om te hoor jy is weer op die been.
diariesofascatterbrain
Great pictures, I love that shoreline!
HesterLeyNel
Thank you. It is awesome.
Hier "blok" Elanè
Hoop jy voel al stukke beter Hester 💐 nie so mooi soos jou blomme nie, maar darem… met liefde xx
Tokeloshe
Pragtige fotos ! Geniet die stappery.
Ek hoop jy voel gou weer beter.
HesterLeyNel
Dankie Linda, ek hoop so. Ek voel ‘n bietjie vasgekeer op die oomblik.
Eveline Lenderink
He wat is dat nu vervelend Hester. Een zware griep hakt er altijd behoorlijk in. Je foto,s geven een mooi beeld van de omgeving. Die roestige spoorbaan is heel fraai. Egyptische ganzen zijn hier in Nederland ook. Ooit verdwaalt uit een dierentuin of van particulieren vermeerderen ze enorm. Die rotspartijen zijn prachtig!
Van harte beterschap gewenst.
HesterLeyNel
Dankie Eveline 🙂