Vroeg in die oggend versamel ‘n klompie bye om hulle dors te les met die doudruppels op die glasomhulsel van ons buitelig.
Sommige honger outjies duik sommer gou-gou kop eerste in die blomme om ‘n bietjie nektar op te spoor vir ontbyt.
My vreugdes en frustrasies
Vroeg in die oggend versamel ‘n klompie bye om hulle dors te les met die doudruppels op die glasomhulsel van ons buitelig.
Sommige honger outjies duik sommer gou-gou kop eerste in die blomme om ‘n bietjie nektar op te spoor vir ontbyt.
Toortsie
Is daar ‘n rede hoekom jy jou blog verskuif?
HesterLeyNel
Nee, ek het nie verskuif nie. Ek het blogloving aangeheg vir mense wat nie op die WordPress platform is nie. Hulle kan makliker by my uitkom as hulle bloglovin gebruik. MAAR nou sukkel ek eers my as af om die @#$%& ding aan die werk te kry. Die instruksies is ietwat vaag. Ek sal jou kom vertel wanneer dit werk.
Toortsie
Baie mense kla dat hul nie by WordPress kan kommentaar lewer as hul nie lid is van WordPress nie.
Dis egter ‘n geval dat elke blogeienaar by kie kommentare dit moet goedkeur datvenige persoon kan kommentaar lewer.
Hier "blok" Elanè
oegh – dit is mooi nes Hester se mooi kan wees.
HesterLeyNel
Dankie! Dis my dogter wat so vinnig was met die kamera – ek las toe net my storietjie by.
Hier "blok" Elanè
Julle is ‘n mean team as julle saam is, jul verhouding lyk so gesond. Ek en my dogter skuur-skuur maar.
HesterLeyNel
Ek is regtig gelukkig in die opsig dat ek goed oor die weg kom met my kinders en skoondogter. Dis eintlik eienaardig, want ek is nie ‘n vreeslike “hands-on” moeder nie (ek gryp wel soms in!), maar oor die algemeen is ons baie gemaklik.
Hier "blok" Elanè
MAW jou kinders is baie bevoorreg met ‘n ma soos jy. Dit wil gedoen wees, ek sukkel sukkel maar met ego’s ens.
HesterLeyNel
Myne is nie engeltjies nie – ver daarvandaan en hulle laat soms my wenkbroue baie hoog optrek. Ons het ook al deur rêrige traumas gegaan. Jy is fynbesnaard en kry makliker seer dink ek. Dis nie ‘n swakheid nie hoor? Ver daarvandaan. Dit bewys net dat jy ‘n gevoelsmens is wat jou geliefdes bo jouself stel.
Hier "blok" Elanè
Oi… fynbesnaard, ek wonder. My kinders ervaar my as ‘n baie harde mens… ek huil baie, baie selde en ook nie voor mense nie. Ek huil harder oor my diere se dood as wat ek oor mense se dood huil (selfs diegene na aan my) maar as dit by my diere kom huil ek snot en trane en voel ‘n veer wie op my afkom. Ek skryf nie sommer mense af nie, maar na die soveelste keer van nog ‘n kans gee, dan roei ek hulle maklik wortel en tak uit, daarna is ek doodeenvoudig net formeel ordentelik en niks verder nie. Ek doen dit rerig nie maklik nie, maar as ek dit doen is dit game over. Met my kinders is dit anders, daar sal altyd nog ‘n kans wees. Maar ja, hulle ervaar my beslis as kliphard… miskien is dit omdat ek vir 7jr hulle alleen grootgemaak het toe hulle nog in die Laerskool was terwyl , my man in Swaziland gewerk het… meeste mense sien my as beneuk en doelgerig. Miskien wys ek maar net die eenkant van my hier op my blog, wat ek nie andersins wys nie… dit is ‘n kompliment dat jy my as fynbesnaard ervaar.
Rob Alberts
Ik vind het hier nog te koud om van een zomer te spreken.
Mooie foto’s laat je zien.
Kouwelijke groet,
HesterLeyNel
😀 Dankie vir die inloer Rob
Karen Nel
Baie oulik.
HesterLeyNel
Jy’s oulik! Dankie vir die hulp.
travel460
Jy en jou meisiekind se oog is so wonderlik ingestel op die klein dingetjies! Ek sou nou weer eerste beangs geraak het oor die spul bye bymekaar. Maar nie julle twee nie. Nee, hier is ñ foto geleentheid, kom ons gryp dit aan. Ek leer hier by jou Hester, meer as wat jy besef.
HesterLeyNel
Ons leer almal by mekaar! Jy leer my weer dink oor my verhoudinge met en gesindheid teeoor ander mense in my lewe. Ek is soms geneig om ander se gevoelens op “face value” te aanvaar – jy dink dieper daaroor.
travel460
Dankie vir jou woorde, Hester. Ek waardeer dit baie.
Lewies Mymer
Besige bytjies. Werk want die winter kom nader!
HesterLeyNel
Lewies, jy weet mos jy mag nie die woord “winter” besig op hierdie blog nie. Ek is al klaar aan die knyp oor die temperature.
Lewies Mymer
Die koue seisoen hier by ons is geromantiseerd ingkleur met rooiwyn, kerriekos, kaggelvuur,
en cabin fever 🙁
HesterLeyNel
Die cabin fever is die ding wat my dodelik siek maak. Ek is op die vlaktes gebore en ek moet UIT!
Spokie sny spoor
Sjoe – ongelooflike detail!
HesterLeyNel
Dankie vir die kompliment en die inloer ook
perdebytjie
Dis sulke mooi foto’s!
HesterLeyNel
Dankie Bytjie 🙂
rondomtaliedraai
Baie spesiaal
HesterLeyNel
Dankie baie 🙂
Abrie Joubert
Is dit dieselfde lig as die geitjie foto? Watter wondere gaan die lig nog optower?
HesterLeyNel
Nou wat het geword van my antwoord op jou kommentaar? Ek het weer so ‘n bietjie internet-“oomblikke” gehad toe my tydelike lyn op 2 Mei gesny is, maar my permanente datalyne is vandag geïnstalleer en hou duim vas dat dit nou beter sal gaan. Hierdie ligte is oral in die kompleks se tuine geplaas – die geitjies is agter in ons private tuin afgeneem en hierdie outjies op die boonste terras langs die inrypad. Hoe gaan dit met julle Abrie?
Abrie Joubert
Nogal gewonder wat van jou geword het. Ek sal julle nog “amptelik” laat weet. Dit is net dat my vrou nie daarvan hou om in kollig geplaas te word nie so dit is ietwat onderhandel. In kort daar is geen kanker in haar liggaam nie. Sy gaan (soos jy) nog lank met ons wees☺
HesterLeyNel
Dis wonderlike nuus! Toemaar, ek ken daardie gevoel van jou liggaam behoort nie net meer aan jou nie – almal torring en vra uit. Ek het dit gehaat. Eers baie later het ek die vrymoedigheid gehad om daaroor te begin praat (in hierdie blog :D) en dis ‘n storie wat ek nog moet klaar skryf.
joke_dev
Mooie foto’s
HesterLeyNel
Dankie Joke ☺
shadowwhisper
Pragtig gedoen Hester
HesterLeyNel
Dankie Wolfie ☺
Kameel
Ek neem aan jy is nou gevestig in julle nuwe blyplek Hester. Ons het Sondag teruggekeer van ‘n drieweek wegbreek Shelly Beach toe. Die weer het heerlik saamgespeel…. van vroeg tot laataand op die stoep gekuier. Vir my seun gesê ek wens ek kan die gedreun van die see opneem, en dit hier in Pretoria speel.
HesterLeyNel
Hi Kameeltjie, ja ons is ingeburger dankie, behalwe vir die feit dat ons weke lank gesukkel het met die internet. Ek het nou uiteindelik weer ‘n telefoon en DSL lyn in my naam en ek hoop ek kan nou bybly met die geselskap. Die weer was fantasties nè? Ons het ook op die strand geboer. Ek is bly julle het die tydjie geniet.
mukhamani
Lovey photos 🙂
HesterLeyNel
Thank you ☺
Anne
Ons moet dankbaar wees vir die bye in on tuine. Baie mooi fotos!
HesterLeyNel
Baie dankie! ☺