In a previous blog I wrote about our problem with vegetables and fruits that are either of a very poor quality or difficult to obtain and in both instances very expensive as well. Last summer we started our own herb garden on the balcony and in the “box” garden downstairs we successfully grew very good tomatoes, green peppers, paprika, peppadew, spring onions and chilies.
The herbs are still going great guns, but (why is there always a BUT?), those pesky vervet monkeys ate all our tomatoes, in addition to the bananas, mangoes and freshly baked bread which they pinch from the kitchen counters whenever they can.
My daughter also tried growing butternuts and melon on the embankment, but the bushbuck quickly put paid to that when they started eating the new shoots.
But (and this BUT is a sigh of relief), someone told us about the fresh produce market which we now faithfully attend on Saturday mornings. The only problem is that we have to be there (“there” is 30 kilometers away) at the crack of dawn, which means that we have to get up very early to join the queues. Luckily, the produce is of excellent quality and we are very grateful to the local farmers for these supplies.
My dogter is vasberade om weer haar tuin aan die gang te kry en as ek nou ‘n aap of ‘n bosbok is, sal ek maar wye draaie loop om die groentetuin 😊 Gelukkig het die hotel langsaan nou ook ‘n groot groentetuin wat goed beskerm is en waar ons nou ook plantjies ingesit het.
Op aanbeveling van my man, wat ook ‘n helpende hand en advies verleen daar, word alle groente gekweek in groot houtbokse wat omtrent ‘n meter bo die grond staan (om die snywurms en ander goggas weg te hou) en die omheining sal hopelik die ape weghou.
Dankie tog vir goeie vriende wat bereid is om te deel.
seegogga
Wat n voorreg om bokke;te he wat jou groetetuin gebruik!
HesterLeyNel
😀 hier is mense heel laaste op die food chain
Tannie Frannie
Dit klink na so ‘n hegte gemeenskap daar by julle! Ek’s mal oor sulke boeremarkte, maar kom nooit daar nie want ek is nie ‘n oggendmens nie…
HesterLeyNel
Dit word vroeg lig hier by ons en die son wag nie vir aandete voordat hy gaan slaap nie. Ons moet die beste maak van ons dagure.
scrapydo2.wordpress.com
Daar is niks so lekker as om vars groent op die groentemark te koop of uit jou tuin te pluk. Dit het tog maar n ander smaak as winkel groente al is dit vars. Die goed word so verkoel dat die smaak net nie dieselfde kan bly nie.
HesterLeyNel
Ek kan nie verstaan hoekom die groente en vrugte in die winkels van so ‘n swak gehalte is nie. Dan is dit op die koop toe so duur ook.
scrapydo2.wordpress.com
Dit word verkoel om dit langer vars te hou. Die verkoeling is so erg dat sodra die groent op rakke kom verlep dit sommer.
HesterLeyNel
Seker maar, selfs die piesangs (en ons woon in piesangland) is so smaakloos. Te groen afgepluk.
scrapydo2.wordpress.com
Moenie praat van piesangs nie. Dies hier is almal groen as hul uit die kartondose kom en hul word net nie behoorlik ryp nie. Hier word dit alles ingevoer dus jy moet weet hoe erg gevries is hulle . Hier word bv avokados verbou maar hul is so sleg en klein mens kan dit omtrent nie eet nie. Mmm mis ek nou die lekker botter advokados uit my suster se tuin!
HesterLeyNel
Ons kry avokados by een van ons bure wat drie bome het, maar dit is die bottersoort waarvan ek nie baie hou nie. Ek het grootgeword met avokados met so ‘n dun skurwe skil wat effens droër is en nie so soet nie. Heerlik!
scrapydo2.wordpress.com
Mmmm heerlik net die gedagte!
aj vosse
Sien ek regte komkommers?? 😉
Ek wens ons kon ook hier groente plant. Ons “landlord” hou hom koning en ons mag NIKS in die tuin doen nie! Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n klomp gladioli bolle in die grond gedruk… hy het amper ‘n beroerte gegooi!
Ek het ‘n klomp “butternut” putte in die son om droog te word… dan gaan ek hulle in potte plant.
Dis goed om te sien julle wen teen die ape!! Hulle is tog so slim!! 😉
Just had an idea… why not plant a few sticks of sugarcane on the bank? That should solve the bitter coffee problem… 😀
HesterLeyNel
Sugar cane? More sugar cane? We live among sugar cane fields and therefore, we have rats, snakes, what we call black rain (they still burn the cane here, the smell of Milo all day long, smoke in the hills, big trucks on the freeway transporting the cane to the refinery. I’ll write you a blog about this one day.
aj vosse
Sorry… just wanted to be helpful. I had this vision of you going out with your panga, chopping off a stick, getting back to the living room/ kitchen/ balcony/ wherever and dunking your sweet stick in the coffee! Ek sal my bek nou hou! 😉
HesterLeyNel
bwahaha – the cane itself is not really sweet and it’s full of plant lice. It’s a no-no touch.
aj vosse
Aaaah! You’ve just shattered one of my boyhood dreams… I thought, when I was about 5, I sucked on a stick of sugar cane! 😉 To think I may have lice now! Wel, dit kan dalk opklaar hoekom ek so sukkel met die pens deesdae! Miskien moet ek ‘n bietjie meer medesyne sluk… van die whiskey soord! o_O
HesterLeyNel
Jip whiskey sal help 😀 😀
Hillechien
gezellig
Christina B
Sjoe dis omtrent ‘n uitdaging om vars groente te kry (en frustrerend as julle tuisgegroeide oes deur die diere geëet word). Ek is bly vir julle dat daar ‘n mark nie te ver is nie en hopelik groei dit mooi by die hotel se tuin. Dit laat my dink aan die tyd toe my suster as jong getroude Namibië toe (plaas toe) getrek het. Daar het net een keer per week ‘n trok met vars goed in die dorp gekom en as jy nie vroeg genoeg daar was nie het jy uitgemis (wat nogal ‘n storie was vir hulle wat 100km weg op ‘n grondpad gewoon het).
HesterLeyNel
100 km, sjoe, ja ek kan glo dat dit frustrasie sou skep
perdebytjie
Jou balkontuin lyk pragtig!Deesdae kry ons ook geweldige swak gehalte groente en vrugte….glo die droogte.Laasweek R20 betaal vir ‘n verpiepte avokadopeer en dit was vrek sleg!
HesterLeyNel
Ons betaal R18 ‘n kilo vir sulke goor piesangs by PnP en hier staan duisende piesangbome om ons?. Ek koop al my vrugte by die smouse voor die hospitaal se hoofhek of langs die N2 – lieflik vars en spotgoedkoop – ek weet nie by wie hulle “koop” nie *grinnik*
perdebytjie
Die beste goed word beslis uitgevoer!
rondomtaliedraai
Jy kan maar bietjie aanstuur vir die Landgoed?
HesterLeyNel
Ek sal jou ruil vir eiers.
rondomtaliedraai
EIERS? wat ek waar kry mens? Hier is nie ‘n hoendertjie op die werf nie… ok dalkso paar in die vrieskas vir more se ete
HesterLeyNel
Ek gaan vir my ‘n paar koekoekhenne moet aanskaf. Hier kry ons nie ordentlike hoenders of eiers nie. Het julle darem eetbare kaas? Ons s’n ruik soos ou voete.
rondomtaliedraai
Die sorgsentrum word uit ‘n ander provinsie bestuur en hulle glo in gevriesde en verwerkte kos… sug… ons kry darem elke dag poeding (Wat ook nie regtig goed is vir ouer onaktiewe mense nie
HesterLeyNel
Ai nee tog. Ek dink ons moet ons eie sentrum koop. Of nog beter – kom ons gaan woon in ‘n kommune waar ons kan varke en hoenders aanhou. Daar sal niemand ons Oumatjie noem nie.
rondomtaliedraai
Hehehehe… nee wat ons spot nou Ek het spesiaal hierheel getrek dat ek versorgd kan doodgaan