A yoyo (also spelled yo-yo) is a toy consisting of two discs and a connecting axle around which a length of string is wound. The player holds on to the end of the string and throws the yoyo downwards. When it hits the end of the string, the yoyo winds back up to the top and can be grabbed by the player or left to roll down again. Repeating this action is called yoyoing (or yo-yoing).
The aforementioned is my understanding and please note that I am not an engineer. I am also not anywhere near proficient in the technique of playing with the yoyo. Mine just rolls down the string … and dies. Right there on the floor tiles at my feet. I pick it up, carefully rewind the string and throw the yoyo as instructed by my children and … it dies at my feet.
Did you know that people have been playing yoyo since 500 BC. In the collage above there is an image of a ceramic pot dating back to that period, showing a boy playing with a yoyo. You would think that now, in the Year of our Lord 2016, every person on this planet should have mastered playing with this simple toy. Not me.
I know for a fact that children younger than my dog can perform tricks with their yoyos. Hell, I’m sure if a gave my stupid dog a yoyo he would know how to play with it. Not me, though. There are thousands of contests all over the world, where players show off their yoyo techniques by performing tricks like “Walking the Dog” or “Rocking the Baby”. I have difficulty walking the dog and rocking the baby without a yoyo in my hand.
Dis nogal eienaardig, want in die laerskool was ek een van die beste tol-draaiers. My pa het vir my ‘n houttol gemaak op sy draaibank wat ek kon gooi dat hy gons soos wat hy spin. Ek kon die draaiende tol opraap met my toutjie en hom verder laat gons in die palm van my hand en net om windgat te wees, kon ek hom al draaiende gooi van een handpalm na die ander.
Ek het albaster gespeel dat dit bars en is altyd gekies om te skiet vir die wenspan, ek kon ‘n tuisgemaakte woer-woer laat klink soos ‘n elektriese bandsaag, ek kon ‘n sokkerbal sekuur deur die hek se opening skop (dit was ons doelpale) en ek kon ‘n tennisbal teen enige hoek of uit enige hoogte vang met een hand, links of regs, maak nie saak nie.
So wat is dit met die yoyo? Ekskuus, klimtol. Hè?
perdebytjie
Fluister…OU…DER…DOM.
HesterLeyNel
Nee man, ek was nie toe al oud nie. Die ouderdom was nog op pad. Daar is net sommige dinge in die lewe wat my ontwyk het van toe af tot nou *sug* veral Jack Nicholson, Robert Redford, Al Pacino …
perdebytjie
LOL
Tannie Frannie
Dis eenvoudig: die ding is volksvreemd.
HesterLeyNel
Porches en Lamborghinis ook en ek is seker ek kan hulle leer bestuur?
Tannie Frannie
Ok weer waar. Dis dalk maar net ‘n blindekol – enigiets behalwe die O-woord!
aj vosse
Klink my jy kompiteer al van ‘n dag na geborte! As jy ‘n vopspeen toegelaat was sou jy seker vopspeen spoeg in ‘n kuns verander het!
Thanks for reminding me about youthful yo-yo days! My stertvelle hang nou nog af oor die gebreukte ruite en blou kolle op ander se koppe. Daai goed is duiwel’s goet… so het my oupa gepreek! 😈
HesterLeyNel
Duiwelsgoed haha, ons vorige geslag was maar erg bekrompe. Dalk moet jy bokdrolspoeg opneem as ‘n sport – dis nog iets waarin ek uitgeblink het en jy sal nie ruite breek nie.
aj vosse
Wat gebeur as mens die goed per ongeluk insluk? Dan spoeg mens van twee kante!! Interesante kompetisie! 😀
HesterLeyNel
Ag, bokke eet net grassies! Noem dit “fibre” – goed vir die spysvertering.
vuurklip
In 1933 is die yo-yo verban in Sirië – dit het glo ‘n groot droogte veroorsaak.
http://trove.nla.gov.au/newspaper/article/48418581
HesterLeyNel
O hel, is die huidige droogte dan nou dalk my skuld? haha
vuurklip
Ja, dis alles jou skuld. Maar moenie worrie nie, spin net die yo-yo anderkant om dan sal dit weer reën. Moet net nie lat dit te véél reën nie!
scrapydo2.wordpress.com
Dit is n kuns om die tol so in driehoeke en vierkante te gooi. Dis rerig n kuns om dit te doe. Op en af was okay maar daardie ekstra draaie, aikona. Ek hou van jou yoyo foto!
HesterLeyNel
O dis almal met komplimente van Wikipedia. Ek het nog ‘n yoyo met die logo van my vorige werkgewer op, maar ek wou dit nie hier plaas nie – bang iemand stenig my.
scrapydo2.wordpress.com
He he, of jy moes dit sensor! Die klimtolle was lanklaas hoog in die mode. Wonder of mens nie weer so-iets aan die gang kan sit nie. Ek wil dan net deel in die geld wat die maatskappye maak as hul dit verkoop.
HesterLeyNel
Kinderspeelgoed was nog altyd ‘n geldmaker. Sou ook nie omgee vir die geldjie nie.
scrapydo2.wordpress.com
Daar sal genoeg wees om met jou te deel! (Wishful thinking)
Lewies Mymer
Ek kan yoyo, maar boemerang! Dis hoekom ek ‘n boemerang ‘n blerrie stok noem!
HesterLeyNel
Ek het al vergeet van ‘n boemerang. My boetie het een gehad, maar ek is nooit toegelaat om daaraan te raak nie. Ek dink ook nie sy pogings was baie suksesvol nie.
Christina B
Dit is lang jare sedert ek yo-yo gespeel het! Op ‘n stadium het ek dit amper bemeester – kon dit darem een of twee keer tot bo kry voor dit uitgerol het. Deesdae is die naaste wat ek aan ‘n yo-yo kom wanneer iemand soos ‘n yo-yo bestuur (een oomblik stadig en die volgende oomblik vinnig). Daai helderkleurige enes is pragtig.
HesterLeyNel
Ja, dis glo handgemaak van hout in Mexiko sê Wikipedia. Nou het ek iets nuuts geleer vir die manier wat die minibus-taxis hier by ons ry – yoyoing 😀
Oh, the Places We See
Love this photo — so colorful!
HesterLeyNel
Wikipedia 😀 It says they are wood and handmade. Imagine that.
rondomtaliedraai
Oulike inskrywing
Kameel
Stuur my kleinseuns vir jou, kort voor’ lank het jy die kuns bemeester….. en kan jy allerhande tricks daarmee uithaal.