My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Ek reken ek is diep beswaard

Mhlangamkulu River, Southport

Mhlangamkulu River, Southport

Nie negatief nie. Nie depressief nie. Net diep beswaard. Die rede is hierdie kopverkoue wat toegeslaan het en wat beteken dat ek rondloop met ‘n toe neus, ‘n muwwe brein, water in die ore wat glug-glug, roggelende hoes, borrelende … ag nee wat, los maar, julle kry die idee. Dit, tesame met ons ongekende koue weer en onbeskofte wind, beteken dat ek tydelik gehok is; presies nou op hierdie stadium wat ek met soveel opgewondenheid uitgesien het na die prag en genot van die vuurpyle wat begin blom het daar onder teen die strand.

Gelukkig het ons darem ‘n paar weke heerlike weer gehad en kon ‘n paar mooi fotos neem voordat hierdie diepe beswaardheid my getref het en dis wat ek hier gaan deel, net om te wys wat ek nou so vermis.

Wanneer ons afdraf strand toe, draai ons net so slap regs verby die Mhlangamkulurivier om by Seapark uit te kom. Net daar anderkant die rivier se wal op ‘n klipperige randjie bo die strand, groei die vuurpyle. Die stappie self (sowat 4 kilos heen en weer) is natuurlik ‘n groot deel van die pret, want dit ontbreek nie aan interessante tonele en nuwe vriende nie.

Mhlangamkulu River

Die treinbrug oor die Mhlangamkuluriver. Indien my Zulu my nie in die steek laat nie, beteken die naam “Groot Riet”. Ek is seker daar is ‘n storie daaragter.

Trainbridge over the Mhlangamkulu river

Ons trein loop nie op die oomblik nie, weens verspoelings en skade aan die spoorlyn hoër op teen die kus. Dit bied die geleentheid om bo-oor die rivier te loop, met ‘n lieflike uitsig na beide kante oor die strand en die rivier.

Ducks on the bank of the Mhlangamkulu River

Wanneer die riviermonding toe is, loop ons verkieslik strandlangs. Hierdie liefderyke paartjie (Egyptian Geese) het ons raakgeloop by die riviermonding tydens laaggety.

Dog playing in the Mhlangamkulu River mouth

Hier het die rivier begin uitloop in die see en die sandwal diep uitgekalwe. Ons het baie versigtig deur die stroompie geloop. Die hond, wat aan ‘n ander strandbewoner behoort, het heel gerieflik gelyk in die water.

Rock with a view over the beach

Net anderkant die rivier is pragtige rotsformasies. Met hoogwater loop ons met die paadjie aan die bokant van die rots deur die digte kus-plantegroei. Die uitsig op die see is asemrowend.

Interesting rock formation

Die rotsformasies van naderby.

Crab on the beach

Strandlangs is daar ander vreugdes. Hierdie krap was net so nuuskierig soos ons.

Coarse sea sand

Die sand onder op die strand van naderby. Oor die algemeen is die sand redelik grof hier (maar nie rasperig sodat jou voete seerkry nie). Loop kaalvoet hierdeur en jy sal geen eelte op jou voetsole kry nie.

Succulent groundcover with bright pink flower (vygie)

Tussen die rotse blom hierdie vygies tog te vrolik.

Aloe growing high on the rocky dunes

Die vuurpyle groei bo teen die randjies en daar staan ‘n hele klompie. Wanneer almal in blom is, behoort dit ‘n lieflike gesig te wees. Op hierdie foto is hulle net aan die begin van die blomseisoen.

Aloe close up of orange flowers

Die vuurpyle van naderby beskou.

Nouja, sug, ek kan nie altyd my sin kry met alles nie en sal maar liefs omsien na my gesondheid. Hopelik kry ons binnekort weer ‘n paar warm dae.

‘n Heerlike week vir almal.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

38 Comments

  1. Beautiful pictures!

  2. Amazing flora & fauna of the South Africa! The plant,,,,aloe I guess is rather curious.

  3. Soos ek al voorheen vir jou gesê het; jou/julle vermoë om die klein goedjies van die lewe raak te sien en te waardeer, is vir my ń riem onder die hart. Ek leer so baie by jou, Hester.

  4. Sterkte met je gezondheid.

    Ik geniet van de planten en de bloemen op dit blog.

    Zonnige groet,

  5. Baie sterkte Hoop jy voel gou beter.

  6. Pragtige foto’s. Hoop jy word gou gesond!

  7. Na die eerste paragraaf het ek net so glug-glug, roggelende hoes, borrelende gevoel (jy omskryf beter as Wilbur Smith). Nee wat met hierdie kopverkoue speel ek nie more-aand muurbal nie. Gelukkig sien ek weer kans vir die muurbal na die mooi fotos 🙂

  8. Pragtige foto’s

  9. Sterkte ń bietjie rus behoort die truuk te doen… Vasbyt. Pragtige fotos !!! Maak my verlang na pragtige sonskyn weer.

  10. Jou foto’s is besonders pragtig: jy vang die mooi rondom jou so perfek vas! Ek hoop jy voel binnekort veel beter. Mooi week vir jou ook.

  11. Wow – pragtige fotos. Die aalwyne blom so mooi. Ek hou van die treinspoor teen die see.

    • Comment by post author

      Dankie 🙂 Vroeër jare het hulle blykbaar ‘n “banana train” gehad wat heen en weer met passasiers gery het. Kan jy dink die pragtige uitsig van daar bo af. Jammer dat sulke dinge verlore gaan. Nou is dit net goederetrokke wat verbykom.

  12. Platterfuss likes….. a lot!

  13. Beautiful shot, Hester. I love the photo of railway along the beach. That must be nice traveling by train and having those beautiful views along the way..

    • Comment by post author

      Unfortunately, they’ve done away with the passenger trains. Traveling on the freeway by bus or car is much faster. The line is used for freight trains only. But yes, in days gone by it must have been quite an experience.

  14. Hoop jy voel vining beter Hester. Ek was laasweek in bed met kouekoors….. en ‘n kop en pyne…. wat die dokter griep noem. Jou fotos is mooi. ‘n Mens kan sien jy geniet die Suidkus baie.

  15. Great pictures, I love that shoreline!

  16. Hoop jy voel al stukke beter Hester 💐 nie so mooi soos jou blomme nie, maar darem… met liefde xx

  17. Pragtige fotos ! Geniet die stappery.
    Ek hoop jy voel gou weer beter.

  18. He wat is dat nu vervelend Hester. Een zware griep hakt er altijd behoorlijk in. Je foto,s geven een mooi beeld van de omgeving. Die roestige spoorbaan is heel fraai. Egyptische ganzen zijn hier in Nederland ook. Ooit verdwaalt uit een dierentuin of van particulieren vermeerderen ze enorm. Die rotspartijen zijn prachtig!
    Van harte beterschap gewenst.