My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Coronavirus, Kajuitkoors, Feeders en Feedees

Ek benodig Vitamien See

En wat het die virus, die koors en Feeders / Feedees in gemeen? Baie. As ál hierdie faktore in my huis gelyktydig teenwoordig is, sal dit heelwaarskynlik lei tot moord met voorbedagte rade. En die kanse is goed. Oftewel, dit sál die geval wees as die inwoners in hierdie huis onder kwarantyn geplaas word.

Dit alles na aanleiding van artikels wat ek nou gesit en lees het in verband met die Verenigde Koninkryk wat heelwaarskynlik binnekort alle persone oor die ouderdom van 70 jaar in isolasie gaan plaas, omdat hulle gesien word as deel van die groep persone wat ‘n openbare gesondheidsrisiko inhou vir die publiek. Ek is uitgefreak, om die minste te sê – ek meen, ek is so naby aan 70 soos dêmmit aan ‘n vloekwoord. Ek bid dat hierdie koronavirussituasie opgeklaar is voordat ek 70 slaat en ek dalk in isolasie beland. Want kwarantyn sal lei tot kajuitkoors, wat sal lei tot moord, binne ‘n baie kort tydperk.

Hoekom? Want ek het ‘n Feeder in my huis. Dis ‘n Voerder – soos ‘n pavoëltjie wat sy kuikentjies voer. Wat beteken dat daar ‘n Feedee ook moet wees – ‘n Gevoerde wat ‘n bekkie oophou vir kos. En die Feedee kan net ek wees.

Om te verduidelik hoe die Feeder / Feedee verhouding werk, gaan ek ‘n stukkie wat ek verlede maand bygedra het tot AJ Vosse se Saffer Magazine hier aanhaal. AJ is eindeloos gefassineerd met die komplekse verhouding tussen my en die man wat in my huis woon, en hy verstaan nie lekker hoe op aarde albei van ons die verhouding nog oorleef nie. Dis hoekom ek vir hom hierdie stukkies skryf, sodat hy kan verstaan waarmee ek opsit, maar hy reken dat die man dalk mishandel word. Pffft!

His face lights up when I stumble into the kitchen. “Would you like a niggerball?

I cast my weary eyes towards the clock on the wall. “It’s only ten to six.” And the cat kept me up all night. I don’t have to add that part – he too, suffers from insomnia. So does the cat.

And please don’t use that word. It’s offensive. We now call them blackballs.

“They’re only black on the outside.” He sees the look on my face and changes tack. “Maybe you need something more substantial this morning. Can I burn you some toast?” I like my toast well done. But not this early in the morning.

I part my lips to decline and he promptly pops one half of a peeled banana in my mouth.

Banana between my unbrushed teeth and murderous rage in my heart.

This time he interprets my facial expression correctly and retreats into the lounge.

My husband is a Feeder. And I am his favourite Feedee. The Chosen One who must taste his food and applaud his culinary choices.

Which is weird, illogical, when you think about it. Because my husband is not a discerning eater. Like most Afrikaner men, his preferred diet consists of red meat, rice, potatoes and bread. According to him, poultry is an insult to the meat trade, and he refuses to eat food which is ‘off-colour’ – meaning any shade of green, orange or red. I, on the other hand, thrive on roast chicken, salads and veggies. He loves sweets. I adore salty cracks.

This does not prevent him from trying to feed me off his plate. Sometimes he gets lucky and his darting fork finds the mark.  But his overall success rate is not good. I’ve learnt to keep my pie hole shut at all times. Only sometimes, I lose concentration and find myself chewing on a piece of banana or toast spread with apricot jam. I hate apricot jam. I love bananas, but not before six in the morning.

Only when eating in a restaurant, will I allow him to feed to me morsels from his plate. The other patrons seem to think this is cute. Quite often, we switch plates during the meal. The other patrons definitely find this weird. I’ve even learnt to drink some of his beer – from his glass. He seems to derive great pleasure from this gesture. My children grew up to think of this as normal behaviour. I know that this is a good way of maintaining peace at our table.

As a Feedee, I must be the greatest disappointment of his life. But his choices are limited. Our obese dog recently passed away. And our cat is anorexic.

Lately, he’s been trying to rope our daughter into his Feeding Frenzies. But he is very cautious around her. She has been known to bite the fingers that feed her. Occasionally, she does consent to sharing an apple with both her mom and dad. We enjoy this three-way meal, one apple at a time while watching television. At least this behaviour benefits the constitution.

Julle verstaan, né?

Vandag reën dit hier in KwaZulu-Natal. By die emmersvol. Wat beteken dat ek nie kan gaan stap of strand toe gaan nie. Die gevolg? Kajuitkoors. En ‘n dik bek.

Dus, teen skuins voor twaalf (in die middag) vandag het ek hier by die trap afgewandel tot in die kombuis, om iets te kry om te eet. Ek sien hoe lig die Feeder se wenkbroue en ek weet hoekom – ek het nog my pajamas aan. Ek sien immers geen rede waarom ek moet aantrek nie, want ek kan nie uitgaan nie.

“Jy moet maar ‘n sweetpakbroek aantrek vandag, dis effe koelerig,” sê hy. Hy word geïgnoreer.

Ek krap in die yskas vir die oorblyfsels van gister se braaihoender. Hy stap nader om my te kom bystaan met raad en daad.

“Wees nou versigtig dat jy nie weer jou brood pikswart brand nie,” sê hy. Hy word geïgnoreer.

“Spoel sommer daai leë botteltjie uit en gooi dit weg. Hier staan alweer ‘n klomp onnodige leë botteltjies in die yskas.” Daar is nog ‘n spatsel mayonaisse onder in die ‘leë’ botteltjie. Dit gaan dus terug yskas toe.

“Jy kan maar daardie hele stuk hoender vir jou opsny,” sê hy. “Ek eet nie hoender nie.”

Nou is dit my wenkbroue wat saamtrek. Ek weet hy eet nie hoender nie. Ek hoor hierdie refrein tenminste eenkeer per week. Ek was in elk geval nie van plan   om my middagete te deel nie. Dis net die Feeder se karakter-eienskappe wat weer op die voorgrond tree. Ek eet my broodjie en klim terug teen die trappe op.

“Waar gaan jy heen?” vra hy, geaffronteerd, omdat ek geen bydrae maak tot sy sosiale lewe nie.

“Ek gaan ‘n blog skryf,” sê ek.

“Oor wat?” vra hy.

“Oor jou,” sê ek. “Ek gaan van jou skinder.”

“Jy doen dit in elk geval gereeld,” lag hy.

“Want ek kan. Ek is nie ‘n bang muisie nie.” En ek hoor hoe lag hy.

Follow Dis Ekke

18 Comments

  1. Julle is snaaks, ek kan sien hoekom AJ gefassineerd is

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Positief. AJ behoort eintlik te verstaan, want hy is (sover ek kan aflei) ook nie een van daardie stoere, patriargale Afrikanermans nie.

  2. Hoe heerlik om oor jou baie eerlike huishouding te lees!😂

  3. Bwahahaaa, Hester – ek dink jou man is ‘n skattebol <3

  4. O nou het ek lekker gelees aan die feeder storie. Kostelik hoor, maar daardie opgesluit wees maak my ook maklik benoud, dis hoekom met Trompie loop al gebeur wat ook al.

  5. O jitte lag ek vir julle twee. Jy is definitief een wat moet vry vlieg Hester… andersins sien ek ook moord. Wees dankbaar hy gaan nie soos ‘n ruspe deur die kaste en verorber alles voordat jy ‘n kans kry om te proe nie. Of doen hy? Jy kan hierdie ‘n uitdaging maak. Sal lekker wees om te lees hoe ander se kombuislewe verloop. 😁😁

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Hy het die karaktertrekke van ‘n ruspe, maar weet beter as om my sjokolade of druiwe aan te raak. Ja, ‘n uitdaging sou lekker gewees het, maar kan dalk die bloggers in die sop laat beland by hulle eggenote.

      • Wat ek nie wegsteek nie is ek kwyt 🙄 Laat ons dan maar die vrede bewaar… ek sou graag wou hoor hoe gaan dit in ander se kombuise. My man se eks se tweede man was op sy dae ‘n sjef. Sê eendag vir haar dis seker heerlik om die kombuis aan hom oor te laat. Volgens haar is dit ‘n pyn; hy staan en deel bevele uit… en sy moet alles aangee. Besluit sy om die aand kos te maak het hy veel te sê oor haar brousel. Nou wonder ek wat het hy van my Sondag kookkos gedink? Hulle het by ons kom eet. Hy het eers ‘n voorgereg kom maak. Slakke in ‘n sous. Net ons kunskind het dit saam met hulle geeēt. Ag vat jy my nou terug in die verlede.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek sal jou sommer nou sê ‘n man in ‘n kombuis is ‘n pyn in die gat, tensy hy volle verantwoordelikheid vir die kombuis op sy skouers laai. Ek is nie ‘n handlanger / skottelgoedwasser nie. Ek verkies ook om nie te kook nie. My happiness is dat al my kinders kan kook en hulle maak skoon ook.

        • Hester ek het nou lekker gelag oor die prentjie in my kop, jy kan bly wees jy waggel nie. So, jy is nog ok.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ja, ek is maar versigtig om nie net te begin kou nie. Ek sukkel genoeg om sy gewig onder beheer te hou.