My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

En hier is die nuwejaar nou al twee dae oud šŸ˜³

Ek was dan nog besig om te herkou aan die oujaar, en hier’s hy sommer net weg. Pffft! Eintlik is ek glad nie gereed vir die nuwejaar nie. Iemand moet asseblief die musiek stadiger stel – 78 rpm sal goed wees – sodat my voete eers die ritme kan vind.

Oudste is terug Johannesburg toe. Die huis lyk leeg en kaal. Die visvang parafernalia is gebĆŖre. Die krismisliggies is afgehaal. Die yskas is reggepak en die kombuis is netjies. Die mislukte proefneming om sampioene te groei, is vernietig en weggemaak. My huis is weer kiemvry. Al wat oorgebly het van ons 2019 vakansieprojek, is foto’s van die petribakkies.

Nog vakansiefoto’s. Teen hierdie tyd is ek seker julle is moeg vir foto’s van die see. Ons was daar, ja. Ons het in die getypoel en in die see geswem. Oudste en Karen het my die see in gesleep en ‘n punt daarvan gemaak om my hoog bo elke brander uit die water te lig. Baie sorgsaam. Net om my agter die brander weer te los dat ek soos ‘n klip terugplons – kop onder die water. Nee, ek het nie water in my ore gekry nie. Maar ek loop so ietwat hinkepink. Seer rug en al’s. My kinders is vasberade om my Ć³p te speel. Of om my bene af te loop tot net onder my knieĆ«. Die foto’s is geneem in ‘n aasvoĆ«lkolonie in die Oribi Gorge.

Kersfees het stil verbygegaan. Ek en Oudste moes gaan vleis en slaaigoed koop vir die braai, want Karen was by die hospitaal. Ons het onthou van die slaaigoed (hoewel ons eers vir Karen moes bel van Food Lovers af, want ons was nie seker presies wat ons moes koop nie). Maar van vleis het ons toetentaal vergeet. My seun is net so verstrooid soos sy ma. Teen die tyd wat ons by die huis gekom het en die gebrek aan vleis ontdek is, het ons geweier om weer die verkeer aan te pak. Dus het ons vir Kersfees pasta, struifkoek (trifle) en roomys gehad. Daar was genoeg om vir die bure ook uit te deel. Nee, ek gaan nie foto’s van nog ‘n jaar se struifkoek plaas nie – ek is seker julle is al moeg daarvan om jaar nĆ” jaar na my skeppings te kyk. Ons het wel die naweek gebraai en vir Nuwejaar het ons gaan pizzas eet by Jaxx.

Nee, ek het nie gewig aangesit nie.

Nou is 2020 hier. Ons word soggens wakker in oordonderende stilte. Ek kan sowaar weer die see hoor.Ā  Die kinders raas nie douvoordag die hele huis wakker om by die visvanggate te kom nie. Die kat brul nie meer in die nag wanneer die yskas oop en toe gaan nie.

Ek slaap weer laat. Gisteroggend het die buurman teen elfuur se kant kom roep – hy het oupa geword – maar ek kon nie na die kleintjies gaan kyk nie, want ek was nog in my pajamas. Die verkleurmannetjie wat hy uit die bek van ‘n Paradise Flycatcher gered en met die hand grootgemaak het, het onverwags geblyk ‘n verkleurvroutjie te wees en het geboorte geskenk aan nege of tien kleintjies. Groot opgewondenheid. Karen het vir my foto’s geneem.

Verlede nag het ons 86 mm reĆ«n gehad. Ek het dwarsdeur geslaap en eers vanoggend besef die portaal bo die trap is onder water šŸ™„

Vandag gaan ek pas markeer en uithang voor die televisie, want die afstandbeheerder is weer beskikbaar.

2020, wees my genadig en loop ‘n bietjie stadiger. Asseblief! Ek wil so grasieus soos ‘n aasvoĆ«l op die lugstrome rondsweef. Windspoed. My vlerke net nou en dan klap. Tyd neem om die wĆŖreld om my te bekyk voordat dit alles wegraak. Mooi drome te droom terwyl die wind my ronddra.

Aan almal wat hier lees – jy word voorspoed toegewens vir die nuwejaar. Met liefde.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

33 Comments

  1. woordnoot

    Dankie vir jou wense…dit lyk my jy het sommer ‘n baie lekker Desember beleef! Gaan vir goud in 2020 teen “slow motion!”

  2. Hoop 2020 behandel jou so goed soos jy hier skryf. Klink asof julle die vakansie geniet het!!! Laat hulle jou maar opspeel šŸ˜Š waarvoor anders is ‘n ma daar.

  3. Ek kry jou jammer as jou nuwe jaar teen 78 rpm draai. 33.3 is vĆ©Ć©l stadiger! Wil jy nĆ³g stadiger moet jy maar in die stort sing. En dit laat my nou dink aan ‘n heerlike Woody Allen film waarin ‘n opera tenoor nĆ©t in die sort kan sing – sodat hy op die verhoog in ‘n stort-maker optree.

    https://en.wikipedia.org/wiki/To_Rome_with_Love_(film)

  4. Ek gaan remskoene vir 2020 soek deur net elke dag se elke dag te doen. Gaan nie meer die tyduitlopery my laat hinder nie. Liefde en seƫnwense en mag die wind jou vlerke perfek vir sweef tref.

  5. Klink of julle ‘n goeie tyd gehad het. Ek stem ook vir ‘n stadiger jaar, b.a.i.e. stadiger….

  6. Dear Hester, Merry Christmas & Happy New Year! Happy New blogging & wonderful discoveries in this new decade! I have sent you a small parcel. This year I have delayed with it until last week of December, as one of the reason is that I would like to check how soon it will be delivered. I suspect that due to a long holiday season it spends months somewhere in stores.
    Cin-Cin & my warmest greetings to you & your family!
    Maria šŸ™‚

  7. Prachtige fotoā€™s! Oh net de zomer weg…
    Mijn allerbeste wensen voor het nieuwe jaar 2020

  8. Nou lekker gelees. Mooi 2020 vir julle

  9. Soos altyd het ek jou blogskrywe geniet. Dierbaarste verkleurbabasšŸ˜‰

  10. Oooo nou kan jy rustig sweef na die einde van hierdie jaar. Onthou net, sweef ,nie vlieg en fladder(is dit f of v?) nie. So n vakansie is heerlik maar ook uitputtend as mens se gebeentes ouer word. Dis n heerlike skryfsel wat jy hier gedoen het. Is amper jaloers op jou vir nie net saam met die familie nie maar ook om so lekker te kan skryf. Doet so voort. Ek’t klaar my ingeburger in n skryf gedurende Januarie. Moet begin om my engels bietjie op te knap. OP die einde kan ek beide tale net halfpad gebruik en praat. Geniet elke oomblik van jou nuwe jaar.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Ineke. Fladder is omtrent wat ek die afgelope tyd die beste doen. Al in die rondte en ek kry nie rigting nie. Ek sien jy is so besig vir Januarie. Ek hang eintlik rond en wag vir beter weer. Ons lekkerste weer is gewoonlik van middel Januarie tot einde Maart. Al wat ek wil opknap is my sonbrand!

      • Is hierdie son nie giftiger as vroeĆ«r nie? Jong die skrywery elke dag het my koppie bietjie deurmekaar. Ek bly agter die tyd met inskrywing omdat my dag voor die tyd is wat dit uitgegee word. So ek moet sit en wag vir die link om te pos. Geniet die son.

  11. Sommer lekker saam vakansie gehou, klink na heerlike tyd Hester. Ja, die jaar het tekkies aan, geniet hom met watter spoed jou pas. Mal oor die verkleur-babasšŸŒ»

  12. Voorspoedige Nuwejaar!

  13. Hier is groot fout… as jy wil stadiger moet jy die spoed nie stel op 78 RPM nie… draai af… na, 33.33333333…. dis nou ons pas!! Voel my as ek will vinniger loop dan wil ek om m03r!!

    Lakker 2020… dankie vir al die pret wat jy/ julle deel… dit hou ons aan die lag!
    (Ek het gewonder oor al daai slaai… en Jac… a match made in heaven!)
    šŸ˜‰