Dis die groot lekkerte van ‘n kompleks soos die een waarin ons woon – die bure se tuine kan nie hulle geheime vir ons verberg nie. Ons geniet alles so saam-saam. En ons sien om na mekaar se belange.
Die foto hierbo is geneem vir my ma se verjaardag. Sy sou hierdie jaar 101 gewees het. Die 5de verjaardag weg van ons af. Sy sou hierdie gesamentlike tuinerye geniet het.
Die orgidee behoort aan die buurvrou hier agter ons. Sedert haar man se dood vroeër vanjaar, woon sy by haar kinders in Pretoria. Ons sien om na haar tuin. Dis haar orgidee hierdie wat tydelik by ons woon. Is dit nie pragtig nie?
Die outjie hier onder is ‘n boompaddatjie wat Karen daar onder op die teerpad aangetref en huis toe gebring het. Klein paddatjies word maklik plat paddatjies as hulle onder die motorwiele beland. En hy is besonder klein – niks groter as die voorste lit van my duim nie. Hy woon nou in die waterbessieboom agter die huis. Is dit nie die oulikste paddaboudjies nie?
Daar anderkant in die hoek het ‘n familie met drie vreeslike klein kindertjies ingetrek. Kyk net so – ook niks groter as my duim se kop nie. Ek glo nie die bure daar is bewus van hierdie aanwas in hulle tuin nie en ons gaan ook nie ‘n woord sê nie. Ons is buitendien nie seker dat hulle gaan oorleef nie, want net langsaan woon vier katte. Ons laat dit maar oor aan die natuur. Maar intussen geniet ons die cuteness overload.
woordnoot
O vrekkit…my bure se tuine is so boring…ek wonder net in watter een se tuin kruip die slang weg wat nou die oggend onder ons afdak gelê het….want hy moes na een van hulle se tuine toe uitgewyk het!
HesterLeyNel
As jy tot nou toe niks gesê het nie, sal ek maar liewer heeltemal daarvan vergeet as ek jy is 🤣
woordnoot
Ek was gelukkig nie hier nie…en die oom praat mos nie sommer met die bure nie😂😂
HesterLeyNel
Dis ‘n goeie verskoning.
Anne
Baie interessant om te lees. Ek het so baie bome in my tuin dat ek ons buurmense se tuine nie kan sien nie 🙂
HesterLeyNel
Ons het nie erwe hier nie – alles is “open plan” en die huise is naby mekaar. Dis meesal afgetredenes wat hier woon in dubbelverdiepng cottages, so ons kan alles rondom ons sien. En hoor.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
Jou tuine is vol oulikgeit! Jou ma geniet daai mooi glo ek vas. 🤗💐🌻
HesterLeyNel
Dankie Vuurvliegie
Bondelsgedagtes
Ag jinne❣❣❣dit is regtig cuteness overload
HesterLeyNel
Ek het ‘n rukkie met hierdie outjie gespeel en hy het glad nie omgegee nie – nog nie met die lelike kant van die lewe kennis gemaak nie.
seegogga
Te oulik.
HesterLeyNel
Dankie Seegogga 🙂
trommeltjies
Jy inspireer my om oor ons tuin dieretuin te blog Hester.
HesterLeyNel
Doen dit! Diere inspireer almal van ons.
rondomtaliedraai
Aaaag hulle is te oulik en jou foto’s pragtig
HesterLeyNel
Dankie man 😀
rondomtaliedraai
🙂
Una
Dis nou te oulik, Hester. Julle gemeenskappie wat so na mekaar kyk is werklik spesiaal.
HesterLeyNel
Jaaa, en soms moet jy hare op jou tande hê ook 😂🤣
Kameel
Jy speel lekker pop…of wat noem mens die minidiertjies? Ons bure het nou ‘n kanarie en wat ‘n lieflike aanwins. Baie baie beter as hulle keffende brak wat Ken met ysblokkies gegooi het.
HesterLeyNel
Hahaha. Dis ‘n nuwe gebruik vir ysblokkies. Los geen getuinenis van die misdaad agter nie.
Kameel
Presies 😂😂😂😂
perdebytjie
Dis nou so mooi, veral daardie paddatjie en muisies!
HesterLeyNel
Hulle is te dierbaar!
Stories Uit My Wereld
Voel vir my altyd of ander se tuine beter as myne lyk! ek comment nou net vir Scrappy “Ons het soveel pragtige blomme met ons toer deur Ierland gesien, dat ons skoon, uit skuldgevoel, op pad terug Stilbaai toe, sommer by die kwekery op George aangegaan het, en ‘n swetterjoel somerblomme gekoop!”
scrapydo2.wordpress.com
Sulke ou klein diertjies is te dierbaar vir woorde. Dis n pragtige orgidee.
Wat is jou naam op NANOWRIMO? Ek wou jou Buddy maar dit werk nie.
HesterLeyNel
Hester Ley Nel. Ek verander nooit van naam nie. Ek het jou ook gesoek – laat weet my wat is joune, dan probeer ek.
Abrie Joubert
Gepraat van diere Hester, is daar spiertiere ook in die kompleks?
HesterLeyNel
Jaaa … die spiere is almal reeds so tussen 60 en 70 jaar oud, maar darem nog in werkende orde. Hahaha. Gelukkig werk die breinspiere darem nog – op eienaardige maniere in sommige gevalle, maar darem.
aj vosse
Goed vir julle… julle sorg vir die ou kleintjies!
(Ek hoop Karen het nie vratte op haar hande gekry toe die parratjie gepiepie het nie!) 😉
HesterLeyNel
Daai ou klein bietjie piepie … dis sommer niks 😀
aj vosse
Parra-piepie… plesier!! 😉
Olga
Die ou paddatjie is regtig so oulik. Ek lief paddas.
HesterLeyNel
Hulle is net ‘n bietjie raserig. Hulle tjirp soos voëltjies – sulke fyn, skerp stemmetjies