My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Wanneer dit reën en die riviere loop in KwaZulu-Natal

Woman walking along the railway lines in rainy weather

Ná gister se dringende waarskuwing van dreigende swaar reën deur die nag, het ons gewonder of die Mhlangamkulurivier wat langs ons kompleks verbystroom, dalk sal oorspoel na die see se kant toe. Ek sien in ‘n vorige blog Die geheim van die rivier het ek aangeteken dat die riviermonding laas in Augustus 2017 oopgemaak het. Hierdie afgelope reënseisoen het die water net telkens hoër opgestoot terwyl die sandbank by die monding ook al hoe hoër gegroei het. Die afgelope twee weke het ons egter opgelet dat die seewater met hooggety oor die duin gespoel het tot in die rivier en die sandbank het platter geword.

Die waarskuwing is ook net betyds uitgereik, want die verwagte reën het gistermiddag begin val en was hoorbaar dwarsdeur die nag. Vanoggend douvoordag het Karen afgeloop na die rivier toe om te gaan kyk en het teruggekom met die nuus dat die watervlak in die rivier gedaal het. Sien op die laaste foto hier onder wat vanaf die kompleks se wal geneem is – die water het gisteraand nog breed gestrek tot by die bootjies links in die foto.

Dit kon natuurlik nie hoër of later nie, ons moes in die reën afgaan strand toe om te gaan kyk wat aangaan by die monding. Dit het nog steeds ligweg gereën; vandaar die sambreel waarmee ek dit uitkap al langs die treinspoor af. In die fotos kan julle sien hoe vloei die water in die see in. Ons was aan die Sea Parkstrand se kant – die fotos is geneem in die rigting van Southport se hoofstrand.

Kliek op ‘n foto om ‘n groter weergawe in ‘n carousel te sien.

Ek het in my vorige blog, waarna ek hierbo verwys, vertel van die vis- en voëllewe in die rivier, maar nie genoem dat daar ook likkewane hou nie. Die video hier onder het ek gedeel vanaf die Facebookbladsy van ‘n die pragtige Dieu Donnee River Lodge, ‘n vakansie-akkomodasie skuins oorkant ons kompleks op die rivierwal aan Southport se kant.

Follow Dis Ekke

23 Comments

  1. Dis so mooi, en dis presies waar ek nou sou wou wees…

  2. Jy moet vroortydig sorg dat jy op die dak kom!!!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek slaap darem op die boonste verdieping, so ek kan daar deur die venster opklim boontoe, haha. Ek wil dit afneem met ‘n selfie-kamera – a sight for sore eyes.

  3. Incredible views, dear Hester! Are there any news about the Christmas letter? Next time I will use EMS. If we fail this year, EMS will guarantee more security. 🙂

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      No sight, no news Maria and I would also like to know what happened. I have no idea what went wrong on either side. Doing an enquiry here is like walking through sticky syrup.

      • I will try to contact my post to see what and how. I will let you know next week. I believe that I will be more successful than you.

      • This is the track number: RA766084844RU

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          I’ll enquire from this side as well, thank you Maria

        • All right! Together our investigation should be successfull. According to the latest data (19.01.2019!) it stuck somewhere at the customs.

  4. Die natuur is wonderlik.

  5. Ai my rekenaar is so stadig. Die fotos maak nie oop nie. Dit klink n belewenis om weer die rivier te sien loop. Sal maar more of so weer kom kuier hier!

  6. Die natuur doen sy ding en laat geen mens hom voorskryf hoe nie! Dis ‘n ongelooflike video…jammer die boom kom toe in die pad. Hulle noem dit glo Murphy’s Law!😵😄😄

  7. Pasop nou vir die haaie… laaik hulle nie ‘n bietjie rivier kos nie? 😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Niks haaie in hierdie een nie. Dis ‘n baie kort rivier – soos die kraai vlieg maar net ongeveer 2,5 kilometer. Die oorsprong is net langs die N2 snelweg tussen ‘n klomp klippe en bossies. Ons noem dit sommer ons “pond”.

  8. Pragtig. Die natuur is en bly wonderlik.

  9. Wonderlik mooi om die krag van water te beleef. Bly julle kry goeie reën.

  10. Bly jy het nie op die dak beland nie. Reën dit nog?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      So aan en af. Gisteraand het die donderweer gemaak dat ek en my kat altwee ander slaapplek gaan soek het. Smaak my toe daai bliksemstrale wil in my bed klim. Vandag het die son darem geskyn.