My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke, My eiers

Lê-Jou-Eier Skryf-safari: Dieremaniere en manewales

Peacock spider (photo credit flickr _MG_8696 peacock spider Maratus volans by Jurgen Otto)

Eintlik wil ek nou hier praat oor mannewales, nie manewales nie, want vandag het ek dit beslis oor die manne se wales. Ek weet dat spinnekoppe nie eintlik beskou word as diere nie. Hulle is, uhm, kom ons sê maar “goggas” en vergeet van die groot woorde, want ek wil praat oor ‘n klein mannetjie met groot mannewales.

Dis nou die Peacock Spider wat daar in Australië se wêreld voorkom. Op die foto hierbo kan julle sien presies hoe klein hierdie mannetjie is, hier waar hy op ‘n menseman se duimnael sit. Ongeveer 4-5mm, dis al plek wat hy op die aarde inneem, maar wanneer hy ‘n wyfie in die oog kry, dan word sy mannewales groot.

Wikipedia vertel die mannetjies het sulke flapagtige uitbreidings aan die pensie. Die mannetjie lig sy pensie op, dan span hy die flappe wyd oop en hys dit op sodat die maag ‘n veelkleurige sirkel vorm. Die pensie lyk dan soos die stertvere van ‘n pou. Dis nou waar die benaming Peacock Spider vandaan kom.

Wanneer die mannetjie die wyfie benader, lig hy ‘n paar bene in die lug om klapbewegings te maak wat die wyfie moet beïndruk. Dan lig hy homself hoog op sy ander pote, vibreer die ou pensie en waai met sy arms en sy stert terwyl hy so heen en weer dans.

Ek sien nou voor my geestesoog ‘n vibrerende pensie wat arms swaai en vingers klap op maat van musiek by ‘n braaipaartie. Dit gebeur gewoonlik so na ‘n hele paar doppe al weggeslaan is en terwyl die vleis nog rou is.

Check daai moves op die videos hieronder en sê vir my waaraan dit julle laat dink.

Wikipedia sê ook: “If the male continues his dance when the female is not interested, she attempts to attack, kill, and feed on him; she may also do this after mating (sexual cannibalism).”

Ek ken sulke bebliksemde vroutjies ook. Dis brawe mannetjies wat hierdie manewales aanpak.


Hierdie week se gasblogger vir die Lê-Jou-Eier uitdaging is Scrapydo2: “Wat doen n dier aan jou? Voel jy gemaklik in die geselskap van diere? Alles hang van jou reaksie af. Diere voel aan hoe die mens voel. Hul lees die menslike reaksies en gevoel soos n boek. Hierdie week gesels ons bietjie oor diere en hul maniere of reaksies op menslike optredes.”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

19 Comments

  1. Dis ‘n kostelike spinnekoppie!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dierbaar. Ek kyk nou al twee dae na die videos en gil van die lag, veral vir die een wat so dans op die maat van YMCA.

  2. Dis regtig fantasties! Kan jy glo so ń klein spinnekoppie kan sulke briljante bewegings uitvoer! Ek gaan bietjie vir manlief wys, net om hom ń paar tips te laat optel…🤔😉

  3. Wow Hester you do have amazing wildlife on your back door, I honestly have seen nothing quite like it 😮

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      No, not from Africa this time. This little spider is confined to certain parts of Australia only. I saw it on YouTube and found its antics hilarious.

  4. Wow, dis nou n ondervinding wat mens nie gou sal vergeet nie! Dis te kostelik. Dieremaniere uit die boosnte rakke.

  5. Kan jy nou meer!!!! 😀😀😀 ‘n Rock band all by himself.

  6. woordnoot

    Ha ha!! Nou verstaan ek die 8 pote, want mens het wraggies baie pote nodig om daai dans te doen en staande te bly! Kostelik

  7. Dit is onregverdig dat die John Travolta van die spinnekop wêreld die risiko staan om opgeëet te word. Hierdie het my herinner aan ons eier lêery oor die bidsprinkaan