My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke, Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Ons gaan op ‘n skryf-safari (musical chairs)

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Skryf-safari, musical chairs – wat is dit nou weer Hester? Lekkervurig het vir ons die Afrikaanse benaming skryf-safari uitgedink. Sy het ook “kruipkuier” voorgestel en Frannie noem dit “Beurtspeel”.

Wat dit behels: ons het besluit dat ons voortaan elke week ‘n nuwe gasheer of gasvrou sal vra om die week se uitdaging aan te bied, sodat ons ‘n bietjie nuwe idees kan invoer. Ons soek vrywilligers asseblief! Hou die kommentare dop vir iemand wat aanbied om die gasblogger te wees of wat deur die ander bloggers versoek word om die week se uitdaging aan te bied.

Wat moet die gasblogger doen? Maklik. (1) Laat weet vir Hester per WhatsApp of messenger inboks op facebook wat die naam van die uitdaging vir die week gaan wees. (2) Hester sal vir jou die skakel op InLinkz gaan skep en vir jou die besonderhede deurstuur wat jy in jou blog moet plaas. (3) Wag tot Dondermiddag 12-uur of skeduleer jou blog om op daardie tyd te publiseer (die uitdaging begin altyd op ‘n Donderdag) en (4) Sit terug en wag vir die ander spelers om hulle blogs te publiseer. Geniet.

Die onderwerpe kan oor enigiets handel – onthou net, ons bedryf gesinsblogs wat deur kinders ook gelees word.

Hierdie week skop Toortsie vir ons af en julle sal haar uitdaging vandag alreeds om 12-uur kan sien. Ons begin hierdie week dus een dag vroeër as gewoonlik net om seker te maak dat al die ratte geolie is. Die uitdaging open om 12:00 op Donderdag 19 April en sluit om 12:00 op Donderdag 26 April, so bloggers kan van môre-middag 12-uur af hulle blogs op InLinkz gaan inskakel.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

18 Comments

  1. Natuurlik is nog een van die redes hoekom ons ‘n dag vroeër begin, omdat Toortsie moeilik wag, en omdat die uitdaging eintlik al gister ‘toevallig’ begin het, wat nou uitloop op ‘n hele uitdaging. Dankie Hester!

  2. Ek sal diekeer van die kantlyn af loer. My muse is weg saam met Boomaway!😜

  3. Ek is in! Het wel ñ paar vrae, maar ek dink dit sal beantwoord word namate ons vorder.

  4. Nou ja, daar gaat ons weer! Laat hom val waar hy wil!

  5. Ek wul ook deelneem asb

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Go for it Girl. Hierdie een is vry vir almal en hule buurvrouens ook. Jy kan ‘n blog skryf vir elke onderwerp wat weekliks aangebied word en jy kan ook ‘n gasblogger wees vir ‘n week. Ons het ‘n gasblogger opening vir 10 – 17 Mei. Laat weet my as jy belangstel; ek bespreek jou solank tentatief.

  6. Ek verstaan nie mooi hoe dit werk. Kan iemand my op manier inboks? #verstaannielekker Re veel blonde highlights.

  7. Hallo Hester, ek sien elke week so “per ongeluk” die uitdaging, gewoonlik wanneer Toortsie haar sprak sprook! Is daar iewers waar ek op ‘n lys moet kom om die kennisgewing te kry?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Amanda, ons hou wel ‘n lys by, maar op die oomblik is my internet baie beperk en ek kan nie altyd opdateer nie. Hopelik kom dit gou weer reg. Op die oomblik kyk die bloggers maar net by die blogs wat hulle volg. Die uitdagings begin elke week op Donderdag om 12:00. Ek sal vir Toortsie vra om jou op die hoogte hou wanneer die nuwe een gepubliseer is. Dankie dat jy saamlees.