I am unable to comment on any blogs today. I have reported the matter and hope the problem will be resolved soon. If you really wanted my company today, I apologise profusely – at least I can still “like” a blog post or a comment. If you are relieved because I cannot chew your ears off – enjoy the peaceful quiet while it lasts.
Ek kan geen kommentaar lewer vandag nie. Ek het dit gerapporteer en hoop om binnekort terug te wees op die lug. As jy nou daar staan en hande klap en juig omdat my mond gesnoer is, geniet dan nou maar die stilte terwyl dit aanhou. As jy my dalk iets gevra het en ek antwoord nie, jammer, net sodra ek weer mag praat, sal ek antwoord. Ek is in die rondte en kan darem likes uitdeel op blogposte en kommentaar.
perdebytjie
Ai tog, Hester, dis so frustrerend! Ons het juis soveel pret by Toweropstal en nou kan jy nie eers deelneem nie!!
HesterLeyNel
Ek’s terug. Abrie moet my net kom haal!
perdebytjie
Jippieee! Ons het nou leierskap nodig, want die klomp gebruik nou al geldnote om pap wiele mee op te stop!
HesterLeyNel
Julle gaan maar moet staatmaak op Abrie, want julle het my mos in die kluis vergeet. Ek is vergete!
Toortsie
Nee nee nee. Verstaan dit duidelik. Ons het jou nie vergeet nie. Jy was net te verdiep in die somme. By Toweropstal se mense moet jy wakker wees, sussie.
HesterLeyNel
Sussie, julle (ek bedoel diegene wat so weglê aan die terte en poedings) is nie net “wakker” nie, julle spring rond in julle eie koppe. Dis die ware rede waarom niemand my eens raakgesien het nie.
Toortsie
Maar JY het ons geleer funksioneer soos ons goed dink, want jy was heeltyd elders! Ek dink ons het heel goed gedoen, sekfs al was ons leier nie daar nie, of hoe?
HesterLeyNel
Julle het ‘n skitterende storie gemaak, ja. Ek wonder net oor ons reputasies sug Wat sal die mense van ons dink?
Toortsie
Dis vir my ook ‘n bekommernis! 😱 Sien, dis nou wat gebeur as die leier elders is. Jy sal ons maar moet kom reghelp! 😝
HesterLeyNel
Ag wat, is reputasies regtig so belangrik?
Toortsie
Oh well, daaroor sal elkeen maar moet besluit. 🙂 Gelukkig het ek net in die geld gerol, jy weet!
HesterLeyNel
En ons het ‘n foto om dit te bewys 😄
Toortsie
🙂
Ek is mal oor daardie foto!
rondomtaliedraai
Ek kan niemand help nie want ek weet net genoeg om gevaarlik te wees!
HesterLeyNel
Toemaar dollie, ek weet hoe en dis klaar reggestel. Dis net een van daai dinge wat jy moet rapporteer sodat hulle die fout kan regstel, maar hulle is gewoonlik vinnig.
Tannie Frannie
Hou baie van daai emoji!
HesterLeyNel
Die zip het nie gehelp nie – I’M BACK!
Toortsie
Ek het net gewonder of WP dalk van Carlos of wie nou weer uitgevind het en beskuit het dis veiliger so?
Bly jys terug.
HesterLeyNel
Big Brother is watching?
Kameel
Hester daar was jare gelede ‘n program op baie soos Big Brother… maar hulle het ‘n klomp kinders so aan hulself oorgelaat. Aan die begin was daar ‘n paar wat uit borde geeët en beddens opgemaak het…. maar soos die dae aangeloop het, het dit meer chaoties geraak. Ons klomp by Toweropstal laat my rêgtig aan die program dink. Die mens kort definitiewe ln eier wat outoriteit afdwing dis verseker…. anders hardloop almal hulle eie koers 😊
HesterLeyNel
Ek dink juis dis die “eie koers” wat die storie maak. ‘n Mens weet nooit wat volgende gaan gebeur nie.
Kameel
Ek stem dit maak vir interessant verwikkelinge en baie lag…. maar ai ons is soos ‘n klomp aandagafleibare kinders.
HesterLeyNel
Dis pure opgewondenheid, maar dit is nogal belangrik om op die hoogte te bly van die storielyn – konsentrasie!
Daniël Bezuidenhout
deel met my: waar het jy die probleem aangemeld? Ek wou my eie website registreer, want ek moet ‘n poskode intik… en ons het nie poskodes in Nam nie! Val nét daar en dan vas en kan niks verder nie…
HesterLeyNel
Ek weet nie of ek jou reg verstaan nie – hierdie probleem van my is veroorsaak deur ‘n kommunikasiefout tussen my webtuiste en die spam protector (Akismet) en ek het dit aangemeld by https://akismet.com/contact/. Het jy ‘n probleem om vir jouself ‘n webtuiste-domein te registreer of wil jy WordPress aflaai op ‘n bestaande domein?
Daniël Bezuidenhout
Dankie – vir die skakel.
Ek het ‘n probleem om my WordPress website te registreer sonder die ‘wordpress’ deel in die naamgreep. Ek kan en wil steeds op die wordpress platvorm my site host.
HesterLeyNel
O ok, ek dink in daardie geval moet jy wordpress se support-afdeling kontak https://en.support.wordpress.com/
Anonymous
Ons kan ook net hier reply op jou blog. Hoope hulle kan dit gou regstel.
HesterLeyNel
Ek hoop jy kan nou weer met my gesels. Gister het ons diensverskaffer weer probleme gehad met die cloud server wat ons bedien. Wanneer dinge verkeerd loop, is dit mos nie net een op ‘n slag nie.
joke_dev
‘My bek is toegezip’ dat vind ik nu eens een schitterende uitdrukking! Ik zal genieten van de stilte en toch hopen dat je probleem snel is opgelost.
HesterLeyNel
Dankie Joke, ek dink die probleme is darem nou opgelos.