Daar diep, diep in die donker bos … het ‘n wondervoël vanoggend my oog gevang – ‘n African Harrier Hawk. In die “donker bos”, 30 meter van my slaapkamervenster af, teen ons grensmuur op die onderste terras, het hy (sy) in die dooie boom gesit.
Ek het versigtig by die venster uitgeleun en vir Karen nadergeroep om te kyk. Sy het soos blits haar kamera opgetower en siedaar! Hy is na behore gefotografeer. Die lug is nog betrokke en dit wil-wil reën, wat beteken dat daar nie veel lig was nie, maar ek dink tog dat die fotograaf haar goed van haar taak gekwyt het.
Hy het ‘n hele rukkie in die boom gesit en die takke rondom hom beskou, hier gekrap en daar geskrop, asof hy plek soek om nes te maak. Ek was ‘n bietjie bekommerd oor die oënskynlike nesskroppery, want die maer kat lê haar dae om in die tuin op die grasperk reg voor my kamervenster. Ons sien nogal heelwat valke hier rond, maar om ‘n inwonende roofvoël te hê, klink net ‘n bietjie gevaarliker. Ons het egter op die internet gelees dat hierdie valk ‘n liggewig voël is, wat beteken dat hy darem seker nie ‘n kat kan wegdra nie.
Volgens die artikel wat ek gelees het, soek hierdie valk in elk geval nie soseer sy prooi op die grond nie, maar wel in bome en rotse, en dit kan die rondskroppery verklaar: Bron – www.oiseaux-birds.com
… the peculiar traits of this genus are the double-jointed legs and the small feet allowing the bird to extract its preys from nests, holes or crevices, as well in trees as rocks or banks. It uses the long flexible knee-joints and the bill to reach birds and eggs, bats, small mammals, lizards and various insects.
Dit het so pas weer begin reën. Ek hoop die res van die land kry ook ‘n bietjie water. Lekker naweek almal.
margrietspanjaard
mooi vastgelegd en een veilig gevoel dat hij je kat niet pakt
HesterLeyNel
Dankie Magriet. Ja, dis ‘n verligting om te weet my kat is veilig.
Anne
What a wonderful sighting – in your garden too!
HesterLeyNel
Yes, we were really excited to see it 😊
kethuprofumo
Beautiful but very sad bird!
HesterLeyNel
Why sad, Maria?
kethuprofumo
It seemed so…or, perhaps, it is too wise & old. 🙂
HesterLeyNel
It had a very hearty meal up there, so I do hope it’s feeling much happier now 😊
kethuprofumo
ha-ha-ha! For sure!
Kameel
As hy nou klaarspeel met vlêrmuise kan hy hier by my kom bly. Dink nie die rottweilers sal in gevaar wees nie.
Wat ek nou wonder is waar jy jou kennis van voëls vandaan kry. Ek sou werklik nie geweet het watse voël dit is nie.
HesterLeyNel
Google – my handboek oor die lewe. Ek het gelukkig lank terug begin om google te gebruik vir navorsing en my natuurlike nuuskierigheid maak dat ek enigiets sal gaan soek en lees as ek genoeg belangstel.
HesterLeyNel
Nou watter vlermuise wil jy vermoor. Ons het vesper bats hier en hulle is so damn cute; ek sou hulle nooit skade kan aandoen nie. Hier is ook vrugte-vlermuise en en hulle is effe raserig (pieng-pieng deur die nag), maar daarmee kan ek ook saamleef. Jy moet jou troeteldiere liefhê!
Kameel
Neeeeee Hester vlêrmuise is een van my grootste vrese. Almal sê altyd hulle radar is te goed om in jou vas te vlieg…. eendag by ‘n vriendin gesit toe vlieg een in hulle venster vas. Ek dood sewe dode as een in my hare beland.
Ivm die voorlesing van ons boek…. dis goed so…. ons is mos berug 😀
HesterLeyNel
Shame man, sommige goed laat jou regtig gril. Doen my ‘n guns en gaan gee net jou toestemming direk op woordnoot se blog. Ek wil graag almal se reaksie bymekaar hê, want ek moet op die ou einde vir haar ‘n e-mail stuur – soort van ‘n vrywaring vir die radiostasie.
Tannie Frannie
Gaan soek ek nou die Afrikaanse naam en, tipies van die voëlkykers, is daar nie minder as drie harriers nie – elkeen met ‘n ander naam: Bleekvleivalk, Afrikaanse vleivalk en Swartvleivalk. Ek’s heeltemal te lui om te probeer vasstel wie julle hier het – kom ons noem hom maar net generies ‘n vleivalk. Sjoe, jy en Karen is oulik!
HesterLeyNel
Vleivalk. Seker omdat hy hou van digbegroeide gebiede. Ons was sowaar weer net gelukkig, Frannie. Ek het die beweging in die boom gesien en eers gedink dis ‘n hadeda, maar toe sien ek die geel kring om die oë en die geel pote.
perdebytjie
Dis ‘n kaalwangvalk…let op sy kaal gesig.
Tannie Frannie
Dankie, ‘Bytjie!
rondomtaliedraai
Sjoe julle is gelukkig. Hier het ons net vinke en mossies … ok en duiwe en ‘n paar ander.
HesterLeyNel
Ja, ons is besonder gelukkiges met die gevogeltes wat ons hier besoek. By ons vorige woonplek was daar weinig voëls, maar baie wildsbokkies en so aan. Ek hou van hierdie land.
rondomtaliedraai
Lucky fish!
perdebytjie
Hiert, so ‘n pragtige kaalwangvalk! Fantasties Hester. Dis baie snaaks om te sien hoe hy met daai double jointed bene in ‘n hol boomstam rondgrawe.
HesterLeyNel
Kaalwangvalk sê jy – Frannie noem dit ook ‘n vleivalk. Hulle is oulik en ek hoop hy kom weer terug. Hier is genoeg gekkos, geitjies en insekte te ete.
perdebytjie
Die drie spesies vleivalke is heelwat kleiner as die kaalwangvalk en hulle lyk heeltemal anders. Net die Afrikaanse Vleivalk se vlerkspan is groter. Die ou Engelse benaming is Gymnogene en ek gebruik dit eerder…skop ook maar teen verandering😝😃
HesterLeyNel
Interessant, dankie vir die inligting By. Ek hoop hy kom kuier weer.
perdebytjie
Ek hoop ook so…hy moet nou net nie sy poot in die speg se nes druk nie!!
HesterLeyNel
Ja, dit sal ‘n ramp wees. Hier is baie vinkneste wat hy liewer kan besoek.
Tannie Frannie
Bly ‘Bytjie het my reggehelp!
HesterLeyNel
Dis wat lekker is van blog – daar is altyd iemand wat kan help.
Hier "blok" Ek!
Sjoe dankie Hester – dit is die mooiste fotos – en ja, ons is dankbaar vir seker nie minder as 25mm reën hierby ons oor die naweek nie – dalk nog ‘n allemintige 50mm. Genade reguit die hemel, my opgaartenks is tot oorlopens toe vol.
HesterLeyNel
Ek is bly om dit te hoor!
Hier "blok" Ek!
😊
Eveline Lenderink
Dat is oppassen voor het kleine grut. Hij heeft waarschijnlijk honger. Prachtig om zoiets te kunnen fotograferen.
HesterLeyNel
Ons was baie gelukkig om dit te kan sien.
Rob Alberts
Mooi!
Diervriendelijke groet,
HesterLeyNel
Dankie Rob
Tokeloshe
Sjoe! Wat ‘n geluk. Julle het ‘n pragtige tuin.
HesterLeyNel
Dankie, maar dis nie dankie aan ons harde werk nie. Hier groei alles teen dubbelspoed en die grootste werk is om te snoei en plante te verwyder sodat jy nie verstrengel raak nie. Dis hoekom ek altyd sê ons woon in die bos.