“Jy kan nie ‘n krap leer om reguit te loop nie” is my vrye vertaling van die bekende aanhaling van Aristophanes wat amper 2500 jaar terugdateer, en verwys na ‘n konsep wat vandag nog net so geldig is.
Hierocles: You will never make the crab walk straight. Aristophanes – from the play Peace 421 BC
‘n Krap is dwarstrekkerig gebore en dwarstrekkerig sal hy bly. Die ou Grieke het hierdie wysheid al twee-en-‘n-half-duisend jaar gelede onder die knie gekry. Aristophanes het dit destyds van toepassing gemaak op die twee strydende faksies in die Peloponnesiese Oorlog en die moontlike sukses van ‘n vredesverdrag. Soos voorspel in sy kriptiese aanhaling, was die poging tot samewerking van korte duur. Die vrede het net vyftig jaar geduur.
Die aanhaling is ‘n kort en kragtige uitdrukking van die feit dat sommige dinge onmoontlik is om te verander. ‘n Krap se pote sit aan die kant van sy lyf en die knieë buig na buite wat beteken hy het nie enige keuse nie, behalwe om sywaarts te beweeg. Die bekende Afrikaanse gesegde ‘n jakkals verander van hare, maar nie van snare nie, druk dieselfde sentiment uit.
Is dit nie eienaardig waaraan ‘n mens dink wanneer jy op ‘n mooi dag op die strand sit en dophou hoe die krappies in die branders speel nie? Eintlik kan ek dit seker nie “speel” noem nie, want die vlak brandertjies is die plek waar hulle kos jag. Hulle vergeet egter nie om die mense dop te hou wat so ontydig op hulle gewoonlik stil en afgeleë strand rondloop nie. Kyk net hoe dryf hulle rond in die golwe, terwyl net die waaksame oë op hulle lang stele bo die water uitsteek. Die oë kan glo ‘n volle 360 grade draai.
My dogter het die video verlede week verfilm op die strook sand tussen Umzumbe en Pumula Strand, KwaZulu-Natal.
vuurklip
Uitstekend! Dankie!
https://vuurklip.wordpress.com/2015/04/11/gesien-in-vishoek/
https://vuurklip.wordpress.com/2009/09/14/klapperkrap/
https://vuurklip.wordpress.com/2010/07/07/oor-krappe/
HesterLeyNel
Dankie, en dankie vir die skakels na jou blogs toe. Dit lyk my krappe kom in baie vorme en gedaantes voor, maar ek moet sê, die Suid-Kaapse een met sy visgesigdop het my nou verstom.
Kameel
Dit laat my nou dink aan ‘n laatnag episode op ‘n stil strand. Het jy ‘n idee hoeveel krappe loop in die nag op die strand rond 😊
HesterLeyNel
O ja, ek weet van hulle, maar daar is natuurlik nie ‘n manier wat ek in die nag op ‘n strand sal rondloop nie.
Kameel
Na daardie nag ek ook nie. Die krappe het my vir ewig genees van ‘n nagtelike strandlopery 😊
HesterLeyNel
Haha. dis nie die krappe wat my pla nie. Of sal ek liewer sê, dis die tweebeen-krappe wat my lam maak.
Travel460
Wat ń stunning video! Ek het jou krap storie so geniet, Hester.
HesterLeyNel
Dankie Una
Tannie Frannie
Wens ek kon vanmiddag so in die golfies rondskarrel!
HesterLeyNel
Ek neem aan dis warm daar by julle 😄 Ons het koelerige weer hier vandag.
Tannie Frannie
Dis darem beter as verlede week, toe het ons behoorlik uitgebraai!
rondomtaliedraai
Die natuur is darem wonderlik EN mense pas by elke diersoort in!
HesterLeyNel
Ek sal ‘n goeie krappie wees 😄
rondomtaliedraai
Hehehehe jy het dit gesê
Eveline Lenderink
Zulke grappige beesten 😁😁😁 en heel leuk gefilmd👍🏻👍🏻😭
HesterLeyNel
😄 Dankie Eveline
sonell
Ek is baie lief vir die natuur. Die see maak ons kop EN sinusse oop. Oulike video!
HesterLeyNel
Dankie Sonell. Ek het in Namakwaland grootgeword en my hele lewe lank in die binnelandse stede gewoon en gewerk. Ons is nou 3 jaar hier en ek kan nie my voete uit die seewater haal sonder om my siel ongelukkig te maak nie.
scrapydo2.wordpress.com
Dis te kostelik en ook kosbaar as mens dit so kan noem. Daardie steeltjie oë wat alles dophou is te dierbaar. Jul het seker n hele rukkie stil gesit om die krappe so te laat iutkom en rinkink. Mooi stukkie kuns!
HesterLeyNel
Dankie 😄 ja, jy moet maar geduldig rondsit, maar op so ‘n lekker dag op die strand is dit ook nie ‘n straf nie.
scrapydo2.wordpress.com
Sal juou goed glo. Veral jy wat ook maar in die binneland groot geword het.
Photography Journal Blog
I love this photo.
HesterLeyNel
Thank you Amy. I love these little fellows.
Photography Journal Blog
They are charming 🙂
natuurfreak
Wat een knappe foto
HesterLeyNel
😄
shadowwhisper
Oulike video, Hester. Jy herhinner my aan my dae kinderdae in die vroee 1980s toe ek in die Pienaarsrivier geswem het en met krappe gespeel hey. Die goedjies is so cute 🙂
HesterLeyNel
Hulle is vreeslik oulik en ek kan hulle ure lank dophou.
shadowwhisper
Ja, dis beter as TV kyk 🙂
HesterLeyNel
Sowaar!
Tokeloshe
Uitstekende video en foto. Baie interessant, ek het dit nie geweet nie.
Dit laat my dink aan jare gelede, ons loop een aand by Richardsbaai se strand langs, maar dit is nog lig genoeg om te sien waar ons loop. Ons sit toe eers die flits aan toe ons die ingang soek, toe wemel die strand onder ons voete van krappe!!!!
HesterLeyNel
Ja, hulle kom meesal uit die nag, dis waarom hulle ghost crabs genoem word.
aj vosse
Skeef… dwarstrekkerig… nou waar het ek daai woorde voorheen gehoor?? 😉