- St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal
- Crocodile, big ape and hippopotamus sand art on St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal
- Vandalised sand art on Scottburgh Beach KwaZulu-Natal
- Sand art on St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal
- Sand art plague at the request of a visitor on St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal
- The artist sculpting a sand art hippopotamus on St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal
- St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal sand art
- St Michaels on Sea Beach in KwaZulu-Natal sand art damaged by mischievous passersby
- Lady and dolphin sand art on Scottburgh Beach KwaZulu-Natal
AFRIKAANS. See English below.
As kind was die lekkerste deel van die seevakansie nie die golwe in die see, die roomys wat smelt en op die sand drup of die balspeletjies op die strand nie. Nee, dit was die emmertjie en grafie waarmee ek my eie kuns kon skep in die sand, net om later te kyk hoe die gety die sandkasteel wegspoel.
Dis om hierdie rede dat ek altyd stilstaan by die kunstenaars wat geduldig, dag vir dag, beelde skep in die sand in die hoop op ‘n donasie van die publiek. Vir sommige van hulle is dit die enigste inkomste wat vanaand die brood op die tafel plaas. Die ligging is belangrik, want hier is die idee nie dat die hooggety die ure se harde werk in son en wind moet wegspoel nie.
Ek het hierdie week so ‘n kunstenaar dopgehou waar hy vroegoggend die kunstige sandbeelde van die vorige dag, wat deur onnadenkende verbygangers stukkend geskop en beskadig is, met toewyding en konsentrasie herstel. Hy dra emmertjies vol seewater aan om die sand klam te maak en vorm dan die beelde met ‘n roomysstokkie. Toe ek hom uitvra na die opsigtelike skade, was hy nie baie spraaksaam nie, maar in sy oë was die ontnugtering van harde handewerk, met groot verwagting verrig, wat met minagting behandel word.
ENGLISH
As a child, the best part of the seaside holiday was not the waves in the sea, the ice cream that melts and drips on the sand or the ball games on the beach. No, it was the little bucket and spade with which I could create my own art in the sand, just to watch the waves washing away the sandcastle at high tide.
This is the reason why I always stop to admire the work of the artists who patiently create images in the sand in the hope of a donation from the public. For some of them, it’s the only income that puts the bread on the table at night. The location is important because here the idea is not that the high tide should flush away the art that was created by toiling for hours in the sun and the wind.
I watched one such artist this week in the act of repairing, with dedication and concentration, a sand image created the previous day which has been trampled and damaged by thoughtless passersby. He fetched buckets filled with seawater to dampen the sand and then reformed the images with an ice cream stick. When I asked him about the deliberate damage, he was not very talkative, but his eyes reflected the disillusionment with the contemptuous treatment of his hard work, created with such high expectation of appreciation.
perdebytjie
Dit is so pragtig!Mense is darem selfsugtig en vernielsugtig…ek kan nie glo dat dit bevredigend is om so ‘n kunswerk stukkend te skop nie!😬😬
HesterLeyNel
Enigiets om ‘n “anderste” persoon af te kraak, nè? Die samelewing is siek.
perdebytjie
En heeltemal gevoelloos…het baie met opvoeding te doen.
HesterLeyNel
Ek stem saam. Goeie maniere het by die deur uitgevlieg.
Rob Alberts
Prachtige kunstwerken
Vreemd dat iemand dit wil vernietigen.
Zonnige groet,
HesterLeyNel
Mense is vreemd. Ek raak al meer uit pas met die samelewing. Groete en lekker naweek vir jou Rob.
rondomtaliedraai
Spesiaal
HesterLeyNel
Dankie Tina 🙂
travel460
Ek ‘voel’ jou woorde, om uit pas te raak met die samelewing. Is dit nie net die wonderlikste kunsskeppings nie, Hester! Ek gaan sommer aan die tjank as ek hoor dat mense dit met soveel minagting behandel.
Toortsie
Hierdie kuns is waarlik kuns!
HesterLeyNel
Kan jy dnk wat hierdie outjies met die nodige opleiding en regte materiale sou kon doen? Hulle is regtig kreatief en het ‘n fyn oog vir detail.
Toortsie
So jammer hulle werk vir fooitjies
Eveline Lenderink
Dit is echt kunst.
HesterLeyNel
Ja, ek dink ook so Eveline
Abrie Joubert
Dit is vir my merkwaardig hoe hierdie kunswerke so gevorm. Die sand tussen my vingers is dom (moet die sand wees kan tog nie my vingers wees nie – hierdie is ‘n retoriese opmerking! 🙂 ) en ja tragies datt mense dit verniel. Terloops ek het toe nie gedoen wat ek nou die dag wou met die Bridge tema nie dus verwys ejk nie na jou post nie
HesterLeyNel
Moenie alleem voel nie, my sandkastele lyk ook maar windskeef, maar ek weet natuurlik nou dat ons sand ideaal is vir die ouens wat weet wat hulle doen 😀 Dankie, maar jy hoef nie te verys na my posts nie – ons kry mos maar almal ons idees by ander bloggers, anders sal ons nie weet waaroor om te praat nie!
trommeltjies
Fenominaal! Soveel geduld om so n kunswerk te skep.
Die ou mensdom met hul minagting vir ander se handewerk in soveel vlakke vd samelewing is n afgryse
HesterLeyNel
Ek worstel nog steeds met die vraag of mense nog altyd so opgetree het en ons net nie daarvan kennis geneem het nie of het dit erger geword? Met die koms van sosiale media bly niks nou meer geheim nie.
Hier "blok" Elanè
dit is rerig so mooi, net jammer dat dit netso tydelik soos die lewe hierop aarde is.
HesterLeyNel
Dis hoekom ek so bly is dat ons deesdae digitale kameras het. Nou kan ek die mooi dinge saam met my dra op my selfoon en vir ander mense ook wys. As ek iets moois sien, wil ek dit altyd deel.
Hier "blok" Elanè
En dit is ekstra lekker vir ons dat jy jou mooi na ons toe kan bring, danksy die wonder van tegnologie.
HesterLeyNel
Dankie, maar ek wonder soms of al die bloggers sug wanneer ek nòg ‘n strandfoto opsit 😀 😀
Hier "blok" Elanè
Ek glo beslis nie! 😊
Sartenada
I love Your photos. I always admire artists who create things. Whether made from sand, wood, snow or ice. I feel sad every time one seeing a gorgeous sand sculpture and thinking that soon or later they will be destroyed.
Finnish sand art:
Sand Statues.
Have a good day!
Tokeloshe.
Dit is goed, dit is net jammer dat daar mense is wat dit ook moet bederf ;-(