These pictures were captured at the Banana Express train station in Port Shepstone on the Southcoast of KwaZulu-Natal. Since the mid-80’s until 2005 the Banana Express was a popular tourist attraction, offering holidaymakers the opportunity to explore the stunningly beautiful landscape of this region by rail. The train ride on the Banana Express, pulled along by a narrow gauge steam powered locomotive, carried passengers past the verdant green hills covered with lush grass, sugarcane fields, and vast banana plantations, traversed several river bridges. The train followed various scenic routes, one of which led to the amazing Oribi Gorge about which I’ve blogged before.
Unfortunately, due to a series of complex reasons, this venture was closed down and the station, situated next to the Banana Express Beach, has fallen into disrepair. Walking around on the premises, our imaginations conjured up the images of previous happy times and long ago holidaymakers waiting on the platform to embark on an exciting journey.
WPC Bridge
Blog Andrew
I’m a big fan of preserved railways here in the UK, such a shame yours no longer runs because they can be economically viable and v popular with tourists.
HesterLeyNel
Yes, it is quite tragic and tourism was dealt a heavy blow when they closed.
Blog Andrew
Such a shame, people travel from all over the world to ride on Preserved lines and steam trains.
travel460
As kind het ons ń hele paar keer met ń trein gery wat Amanzimtoti ook ingesluit het. Ek praat nou van so 1969 rond. Kan dit dieselfde trein wees?
HesterLeyNel
Hierdie was ‘n privaatmaatskappy wat ‘n ooreenkoms met Transnet gehad het om hulle spoorlyne te gebruik. Hulle het vanaf Port Shepstone begin ry in ‘n suidelike rigting (die teenoorgestelse rigting van Toti). Ons het nog steeds goederetreine wat deur Toti hardloop tot in Port Shepstone, maar geen pasassierswaens nie.
Carlos Menéndez
What a pity! I am sad when I hear or see an abandoned railway station…
Good work.
HesterLeyNel
Thank you 🙂
Abrie Joubert
Dankie Hester jy gee my ‘n idee gaan jou link in myne. Ja dit is jammer dat trein ry en treinry geriewe afneem. My trein ry ook nie meer nie maar vir ander rede.
HesterLeyNel
Treine en spoorlyne fassineer my, maar ek het al soveel fotos van ons treinbrûe oor riviere geplaas dat ek bang is my medebloggers gaan my begin gooi met vrot tamaties. Ek kyk uit vir jou artikel.
Abrie Joubert
Sal seker eers naweek daarby uitkom maar ek het gister laataand een geplaas vir ‘n stapper soos jy.
HesterLeyNel
Ek het nou-net teruggekom van my dagstappie af en maak gou ‘n snackwichie, dan gaan ek sit en die blogs begin lees.
Abrie Joubert
Reg gaan jou ander na 5 lees.
rondomtaliedraai
Lekker onthou…
Stephen Rees
Sad story indeed. Maybe some train enthusiast will happen along one day and revive it.
HesterLeyNel
I really doubt that. Relaxation of road transport regulations forced the railway into decline and when a huge storm hit the coast in 2008, resulting in flash flooding which damaged many of the railway’s bridges along the Hibiscus Coast, the railway was declared beyond economic repair. Thank you for visiting and commenting.
scrapydo2.wordpress.com
Dis tragies dat sulke goed beplande en werkende “dinge” verval. Die brue en spoorlyne is so nodig om swaar vragte te vervoer. Dis n lekker herinnering en mooi brugging van verlede na hede!
HesterLeyNel
Een van die probleme was juis dat die regering se vervoerbeleid drasties verander is en dit goedkoper geword het om van padvervoer gebruik te maak. “However, by the mid-1990s the effects of transport deregulation began to impact of the profitability of the PSACR as larger, often overloaded, road trucks becoming ever more competitive. ” (Wikipedia)
scrapydo2.wordpress.com
Ek onthou dit goed dat die goedere trein n verlies was omdat alles per pad vervoer word. Paaie is nou so uitgeloop en verniel dat dit ook nie eintlik meer werk nie. Die spoorlyn was vroeër werklik die moeite werd. Ek het self trein gery van Potties Pretoria toe. Nou is daar skaars n trein op die spoor Pietersburg of Beitbrug toe.
HesterLeyNel
Hier is nou baie min pasassierstreine en jy betaal deur jou ore om met hulle te toer. Ons hou van die Premier Classe en my dogter wil graag die Rovos aandurf Namibië toe.
scrapydo2.wordpress.com
Ja, dis te duur vir n gewone mens om daarvan gebruik te maak. Tog dink ek kan dit die moeite en prys werd wees as mens dink jy hoef nie bekommerd te wees oor waar jy gaan stop of dat jy moeg raak van die ryery.
Lewies Mymer
Die storie van onse droewe land,
HesterLeyNel
Net so!
Kameel
Dit maak my net hartseer as ek al die verval sien. Een van die dae gaan ons kinders ons begin glo as ons van die goeie ou dae praat. Ons het van kleintyd af vakansietye na my grootouers se plaas in ou Betsjoeanaland met die trein gery…. ek, is ek skoon nostalgies oor treine.
HesterLeyNel
Ek het destyds nog met daai steenkooltreine van Bitterfontein af Kaap toe gery en met ‘n gesig vol roet in die Kaap aangekom. Tussen Kaap en Johannesburg / Durban Johannesburg ook gery en natuurlik werk toe met die voorstedelike treine.
Kameel
Ag h0e lekker. Die lekkerste was daardie slaap op die trein, en dan stop hy op stasis en jy hoor hoe hulle melkkanne oplaai.
perdebytjie
Ai dit maak mens hartseer,maar so verander die wêreld maar heeltyd!
HesterLeyNel
Jip. Dis lekker om jou weer hier te sien 🙂
perdebytjie
Dankie…ja bietjie afgeskaal en toe slaat die piep my!😜
HesterLeyNel
Die piep soos in hierdie pes van ‘n verkoue wat my al weke lank laat roei en stoei?
perdebytjie
Ek was nou al drie keer in drie maande vrot van verkoue,maar hierdie een is die ergste…dit hou nie op nie en elke aar wat kon bars van my gehoesery,het nou al klaar gebars…lol!
HesterLeyNel
Liewe land! Jy het dit regtig erg. Myne is darem net op die irritasie-graad. Ek het in Mtwalume (Maart) ‘n een-dag virus opgedoen wat my maag onderstebo gehad het en my lam gelaat het vir weke agterna. Net daarna het ek ‘n seer keel, loopneus en hoesie opgedoen. Dit raak by tye beter, maar as dit die dag bewolk of koud is, loop die neus weer en daardie irriterende gekriewel in my keel is die ergste. Ek mag ook nie juis iets drink om die simptome te verlig nie. Ek hoop jy voel gou beter jong.
perdebytjie
So ‘n maagding is nog erger,veral as mens naar is daarby.Ek begin darem die lig sien.Dankie Hester vir jou bemoediging…ek waardeer dit.
Anne
All that infrastructure gone to waste – not even repurposed! The Apple Express in Port Elizabeth suffers a similar fate.
HesterLeyNel
True. Tourism was adversely affected and many job opportunities were lost, something we can ill afford on this side of the coast. My husband grew up in PE and he told me about the Apple Express.
shadowwhisper
Ek wens ek en Hanneliese kan daargaan fotos neem… dit is ‘n pragtige vervalle plekkie
HesterLeyNel
Ek moet ongelukkig toegee dat daar baie vervalle plekke hier rond is. Seker maar waar van die res van die land ook. Ek het vir Karen gesê ons moet ‘n reeks fotos neem van stukkende, vervalle en ongebruikte plekke en die reeks “vervalle” noem.
shadowwhisper
Goeie idee. En ja hier is net so baie vervalle plekke