My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke, Travel

Ek het my voet daarin gesit

Aan hierdie deel van die kus is daar ‘n oorvloed natuur-reservate en ons probeer om soveel as moontlik daarvan te besoek. Sommige reservate beslaan groot gebiede en ander is weer heelwat kleiner.

Gedurende ons daaglikse wandelinge het ons ‘n rukkie gelede, net so ‘n paar straatblokke van ons huis af, ‘n uithangbord vir die Bendigo Natuurreservaat gesien. Ons was verbaas om te lees dat die reservaat, net 4 hektaar groot, ‘n oorblywende gedeelte is van ‘n moeraswoud. Hier rond verwys ons na sulke gebiede binne of op die rand van die dorpe as ‘n Groen Long (Green Lung) waar geen ontwikkeling mag plaasvind nie, om die inheemse plantegroei en moontlike diere- en voëllewe te beskerm.

Die uithangbord het die volgende inligting verskaf:


The Bendigo Nature Reserve is an important asset for the community containing valuable flora and fauna. It is managed by the Bendigo Conservation Group as a community project in partnership with the Hibiscus Coast Municipality, and has been declared a Site for Conservation for the benefits of visitors, present and future residents. This 4ha remnant patch of Swamp Forest mixed with Coastal Lowland Forest is home to a fascinating array of wildlife that have managed to survive within the urban setting of this reserve. Porcupine, Bushbuck, Blue Duiker, Vervet Monkey and Tree Hyrax are all resident. Brown Scrub Robin, Red-capped Robin Chat, Knysna and Purple-crested Turacos, Tambourine and Lemon Doves, Black-bellied Starling, Dark-backed Weaver, Spotted Ground Thrush, Green Twinspot and Magpie Mannikin are resident birds.

There are 74 species of forest trees occurring in the Reserve with the Forest Mahogany – Trichilia dreageana, Strangler Fig – Ficus natalensis, Swamp Poplar – Macaranga capensis, Forest Croton – Croton sylvaticus, Flat-crown – Albizia adianthifolia, Large-Leaf Onionwood –Cassipourea gummiflua, Lemonwood – Xymalos monospora and False Cabbage-tree – Schefflera umbellifera and Jumping-seed Tree – Shirakiopsis elliptica being the most obvious species encountered.


Van buite die grense af kon ons nie veel waarneem nie. As gevolg van die hoë reënval van die afgelope paar maande, was die gebied oorgroei. In hierdie kusgebied laat Moeder Natuur nie maklik haar groei stuit nie.

Binne die reservaat is daar wandelpaadjies aangebring, met rigtingwysers sodat die rigitingloses onder ons nie verdwaal in die digte boskasie nie. Die bome is gemerk met naamplaatjies. Daar was nie juis rusplekke nie – ons het op ‘n enkele mosbegroeide bankie afgekom – maar dit is beter om maar liewer aan te hou met beweeg, want die muskiete het ons behoorlik toegetakel. Nota aan self: smeer ‘n dik laag muskiet-afweermiddel aan as jy weer besoek wil aflê.

Die vloer van die woud was net so interessant, bedek met mosbegroeide boomstompe en wilde sampioene. Ons het selfs afgekom op wat ons dink klein grafsteentjies moet wees; dalk ‘n dierebegraafplaas? Dit het ons onmiddellik laat dink aan die Stephen King boek “Pet Sematary” en ons het maar liggies getrap. Ja, en dit was kol-kol modderig genoeg om my met baie vuil voete huis toe te stuur.

 

Ongelukkig het ons geen teken van enige diere gesien nie en dit was ‘n bietjie laat in die dag vir voëls. Daar was darem ‘n paar ander intressante inwoners: 😄

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

40 Comments

  1. Jullie wonen maar op een speciale plek.

    Zonnige groet,

    • Comment by post author

      Dankie Rob. Ek wens net ons het ook sulke goed georganiseerde gemeenskapsprojekte gehad, soos wat jy altyd in jou blogs beskryf, om ons erfenis te beskerm, Daar is te veel ander prioriteite hier in ons land waar so ‘n groot gedeelte van die bevolking nog sonder ‘n behoorlike inkomste moet klaarkom. Koue groete van hier af (net 19°C) 😄

  2. Baie mooi en interessant. Dis wonderlik dat julle die gebued so verken.

  3. Is die plantegroei nie net te pragtig nie! Die groen kan nie groener nie. En julle paar gediertetjies waarop julle afgekom het…Weereens, ek leer by jou…om die onopsigtelike raak te sien.

  4. Waar zat je nu met je voet in 😀? Hopelijk geen vuil van de beestjes? Mooie natuur en wonderlijke kleine beestjes.

  5. Dis interessant Dankie vir die deel.

  6. Aai, julle is so gelukkig met die reën. Hier in die Oos-Kaap is dit baie droog. Ek het die stappie saam met jou geniet – dit klink soos ‘n wonderlikke plek om te eksploreer!

    • Comment by post author

      Ons voel al amper skuldig oor die baie reën wat ons die afgelope paar maande gehad het terwyl die res van die land dors bly. Hier is ook maar soms ‘n tekort aan water vir huishoudelike gebruik, maar dis meer ‘n kwessie van swak bestuur as ‘n gebrek aan reën.

  7. Beautiful park, Hester. That must be nice being in such of nature. And lovely photos too..

  8. Pragtige wandeling saam met jou Hester.

  9. Leeker loop ek nou met jou. Jou fotos, soos altyd is pragtig Hester

  10. Sjoe dis pragtig daar!! Dankie vir die deel en die mooie fotos!

  11. Dit maak my hart so bly om te sien dat daar sulke reservate is wat behoue bly en boonop “wandel vriendelik” ook is. Die tendens in die WesRand is sloop, ruk al die plantegroei uit en bou bo-op mekaar lae koste behuising 🙁

    • Comment by post author

      Ek is altyd in tweespalt oor hierdie situasie, want hoe kies ‘n mens tussen mense (miskien in nood vir huisvesting) en oop onbenutte grond? Hier in die bos is daar baie plekke wat werklik nie geskik is vir bouery en aanwas nie – te duur om te ontwikkel, maar dit kan ook verander in die toekoms?

  12. Agge nee!
    Pragtige plek, Die graf-stene lyk baie oud, dit is jammer daar is nie meer informasie daaroor nie.

    • Comment by post author

      Daar is so min informasie beskikbaar oor die reservaat dat iemand dit beskryf het as “Southport se bes bewaarde geheim”. Ek kry die indruk dat hulle nie graag toeristeverkeer daar wil hê nie, omdat die ekologie so maklik versteur kan word.

  13. Ek sien jy het jou tone ge-BEE. Groen is die land van Natal

  14. Blog Andrew

    Wow you have wild monkeys!!!!

    • Comment by post author

      Oh yes, they are prolific breeders and can be quite a nuisance. They can (and will) destroy your garden or empty your grocery cupboard if given half a chance. But then, their cute little faces and mannerisms are adorable, and we usually forgive their trespasses in a jiffy.

  15. Sjoe, wat ‘n mooi stukkie aarde, dankie vir die deel. Mag dit so bly!

  16. Weer hier kom lees… die plekkie fasineer my so, lieflik dat daar ‘klein longetjies’ ook nog is om te bewonder in die wereld…

    Vandag aan die artikel gedink en moes net weer lees.

    • Comment by post author

      Ons hoop dat natuurbewaring altyd ‘n belangrike plek op die agenda sal beklee, want sulke skoonheid kan nie verlore gaan nie. Dankie dat jy weer kom kuier het op my blog Wolfie.

      • Amen Hester!

        Ja, ek was skaar die afgelope tyd. Selfs op my blog. Die goeters wat ek die afgelope week op het was alles geskeduleer want ek het gaan Vakansie hou op Potchefstroom met Hanneliese en belowe dat ek wanneer ek terug is almal gaan oplees, want ek is mal oor ‘n paar blog werwe (soos joune). Dit lekker om in te haal hier op DIS EKKE.