Vroegoggend en die hibiscus blom vrolik.
Laataand en die gekkos versamel op die buitelig om muskiete te vang (mother’s little helpers!). Ons noem hulle plakkermanne omdat hulle harige pootjies so vasplak aan die glas. Kyk mooi na die inskrywing op die gloeilamp “SPAR – goodliving”. Inderdaad.
Lewies Mymer
Good living vir julle en die geckos! Baie nice foto. Die geckos hier los visiste kaartjies wat moeilik verwyder word.
HesterLeyNel
Ja hier ook en hulle is talryk, binne en buite. Ons het ‘n houthuis (Wendy House) – binne kuier die gekkos baie lekker en buite onder die vloer het ‘n hele kolonie paddas hulleself in die sandgrond ingegrawe.
Lewies Mymer
Klink seker wild as die paddakoor lostrek!
HesterLeyNel
My huismense kla, want die slaapkamers is aan daardie kant van die huis, maar ek slaap met ‘n ipod … 😀
perdebytjie
Dis nou die oulikste foto van die geitjies!
HesterLeyNel
Hulle is nogal kostelik en baie mak.
kethuprofumo
What a wonderful hibiscus flower!
HesterLeyNel
Thank you. We recently moved to the region of the Southcoast which is named Hibiscus Coast, but I only have this one hibiscus shrub in my garden. I must visit the local garden nursery soon.
kethuprofumo
It’s majestic! Certainly the South Africa is a blissful land for plants of the kind. Is there any kind of Hibiscus honey? I suppose that bees must like the flowers. 🙂
HesterLeyNel
You know, I have no idea with regard to the honey and will have to do some research. The hibiscus needs steady warm weather to survive. Here on the Southcoast we have a tropical climate, which is ideal, but the shrub will not thrive in all regions – there are vast differences in climate in the various regions.
kethuprofumo
Please do, for I’m curious to learn about the hibiscus honey. There is hibiscus tea & it’s very tasty. Can you imagine what kind of honey might it be? Mmmmmm….:-) Yes, I paid attention that the plant is in all its glory! It amazed me. We have a shrub at home. However flowers it gives are of medium size. It’s red & very beautiful though.
tsepotheview
Nice pics
Hier "blok" Elanè
Ek hou van die “geckos”. Hulle is soos kosbare stukkies lewe op my erf, en ek word verwoes kwaad as die kat of honde een van hulle vang.
HesterLeyNel
My kat het hulle ook gejag toe ons in die woonstel gebly het, maar toe lek sy aan ‘n giftige paddatjie. Haar mond het opgeswel tot sy soos ‘n hamster gelyk het en sy was twee dae baie siek. Van toe af vermy sy die “wildlife”.
Hier "blok" Elanè
Ek like, Leah het in gif gerol en toe haarself gewas, paar duisend rand later leef sy nog, maar sy is en sal nou vir altyd ‘n huiskat wees! Maar ai my gytjies kan sy net nie uitlos nie, die binnenshuise gytjies…
HesterLeyNel
Eish!
Anonymous
Love geckos. Hulle is baie welkome gaste by ons; asook paddas. Mooi foto van hulle.
HesterLeyNel
Dankie 🙂
Rob Alberts
Leuke beestjes
Zonnige groet,
rondomtaliedraai
Pragtige hibiskus
Eveline Lenderink
Die gekko,s zijn fantastisch! Dat scheelt toch een paar ellendelingen. Voor hibiscus is het hier nog te vroeg. Ze kunnen nog niet eens naar buiten laat staan dat ze bloeien.
HesterLeyNel
Dankie, die gekkos was nogal ‘n vreemde gesig.Ons hibiscus staan natuurlik heel jaar buite en het al baie groot geword. Ons klimaat is meer genadig, nie te koud in die winter nie.
nowathome
Dis ook nie winter hier by ons nie!!! Die hibiscus se kleur is stunning!
HesterLeyNel
Die luggie knyp so nou en dan, maar ek is in die winters-ontkenningsfase. Ek verpes koue. Ja, dis ‘n mooi rooie nè, en hy staan nie eens aan die sonkant van die huis nie.
travel460
Jou foto! Dit is nou briljant gedoen. Hier langs die dam het ons ook baie van hulle. Eintlik baie van als. Muggies, motte, paddas, om nie te praat van die likkewane nie. En hiasinte.🙈
HesterLeyNel
Ag nee vir die hiasinte. Ek kan regtig nie verstaan dat hulle na al die jare nog nie ‘n oplossing kon kry nie. Ek weet op een van die riviere hier rond het ook so ‘n dik massa fyn waterplante gegroei, maar ek kan nie onthou waar dit was nie (ons het baie riviere; ek sal wel weer daarop afkom).
Abrie Joubert
Stem saam met die lof reeds toegesewaai oor die Geckos. Seker hulle is nie “spar”samig met die hoeveelheid insekte wat hulle eet nie. Ek het gewonder of die glas nie warm word nie. Maar bietjie warim sal hulle help om aktief te wees.
HesterLeyNel
Nee, my dogter het aan die glas-omhulsel gevat en dit was glad nie warm nie. Dis seker maar as gevolg van hierdie nuwerwetse soort gloeilampe wat nie regtig warm word nie.
Spokie sny spoor
Sjoe – jou fotos is baie skerp!
HesterLeyNel
Dankie, ons sien sulke wonderlike dinge raak; daar is nie einde aan die mooi in die wêreld nie.
aj vosse
Dis NOOIT winter daar nie!! 😉
HesterLeyNel
Is. Ek het ‘n sweetpak en twee paar dik sokkies.
aj vosse
Blah! Ek het long-johns en sweetpak broek en twee paar sokkies aan… en dis veronderstel om somer te wees! 🙁
HesterLeyNel
😲 Nee, rêrig? Dit raak soms koelerig hier ook, maar o toggie, ek sal nie daardie soort koue kan oorleef nie. Enige temperatuur onder 20°C maak my baie ongelukkig.
aj vosse
Dees dae maak enige tempreratuur oor 20 grade my senuweeagtig! Pasop vir sonsteek! 😉
HesterLeyNel
Haha, dat moet jy liewer wegbly uit die Afrika-son.
aj vosse
Na-nee… as ek nou waag on terug te gaan sal ek verlep soos ‘n pap lente blommetie! 😉
HesterLeyNel
Ag sjym man
aj vosse
Ja… sjym… shrinking violet… nogal van die African soort ook! Wha ha HA!! 😉