Net Ek: Dis Ekke op 7 of 8 jaar oud (so einde 1958/9). Die haarstyl was “to die for” – twee lang vlegsels wat soos ‘n hangbruggie agter my kop vasgemaak is met twee windmaker haarlinte. Ek het self die “fringe” gesny, spesiaal vir die foto. Ek hoop dit laat jou glimlag.
Gaan die res van die bloggers dapper genoeg wees om hulle kindergesiggies vir ons te wys?
Nena Dreyer
Jy skryf beter as wat jy hare sny!
HesterLeyNel
Whahaha. Ja, ek is bevrees ek is oor die algemeen taamlik onhandig en ek het ‘n VREESLIKE ongelukkige geskiedenis met hare en haarkappers.
vuurklip
http://www.vuurklip.net/index.php?level=5&id=48
HesterLeyNel
Ag dis ‘n dierbaarste foto – in pappa se skoene (en verbeel ek my of het links en regs ‘n bietjie deurmekaar geraak?). Dis baie mooi woorde wat jy daar vasgepen het oor die onskuldige “kinderlike innerlike”. Jy moet dit regtig oorweeg om ‘n klompie van daardie stukke oor te dra na jou WP blog toe.
vuurklip
linkshandige vuurklip sukkel met die links-en-regs!
Net Ek
Te oulik hoor!
Net Ek
Ah dis pragtig Hester!
En ek love jou fringe, dis edgy man!
Ek het in graad 1 sulke LANG hare gehad, en na ‘n paar wyne het my ouma gedink dis tyd om my fringe te sny. Met sellotape. Jy weet, dat dit reguit is. Maar die wyn het haar skeef laat plak en ek het met ‘n kuif van ‘n paar millimeter weggestap! Dit was ‘n tragedie in die kleine!
Terloops, jy het pragtige oë!
HesterLeyNel
Sellotape haha. O hel, nou het ek alles gehoor. Dankie vir die kompliment!
Korrelkop Kahuna
https://korrelkopkahuna.wordpress.com/2007/06/26/n-seuntjie-n-maatjie-en-n-plan/
HesterLeyNel
Dierbaar. Dis duidelik hoekom jy sulke groot drome gedroom het vir net so ‘n klein afdrukkie van jouself. *drukkie*
Eveline Lenderink
Een mooi helder portret! Ja de linten in het haar, ik zie mijn moeder nog strijken. Ik had kort haar maar toch had ik een grote strik bovenop mijn hoofd.
HesterLeyNel
Dit was hoogmode in ons jeug 😀
rondomtaliedraai
Sjoe dis mooi!
HesterLeyNel
Dankie. Kindertjies van daardie ouderdom is op hulle mooiste. Ek is verbaas dat die foto van so ‘n goeie gehalte is dat ons dit kon scan.
rondomtaliedraai
Ek het regtig nie foto’s van die jong tyd nie
HesterLeyNel
Ons ouers het desjare nie altyd die luukse van kameras en fotograwe gehad nie. Ek het ook net ‘n paar fotos van ons kinderjare en bewaar hulle soos goud.
rondomtaliedraai
Ja en ek was in ‘n kleinskooltjie waar nie elke jaar skoolfoto’s geneem is nie
Abrie Joubert
https://abriejoubert.wordpress.com/2013/03/25/wie-is-ek/
Dis Ekke en Net Ek, hier is Ek
HesterLeyNel
Dankie vir die deel van die foto. Ek het daar op jou blog geantwoord dat jou oë nog jou drome weerspieël – ek dink die meeste daarvan het vir jou waar geword.
perdebytjie
Jy was ‘n pragtige dogtertjie!
HesterLeyNel
Ag dankie, dis goed om te hoor na al die jare. Ek het drie broers gehad wat my genadeloos geterg en oortuig het dat ek vreeslik lelik was. 😀
perdebytjie
Hulle was eintlik jaloers omdat jy so mooi was.😄Ek het een broer gehad en hy het my net so geterg…my Daaina Donkie genoem😜
Toortsie
As ek net kan onthou wanneer ek weer eendag by die huis kom! Jy was ‘n pragtige ou dogtertjie.
HesterLeyNel
Dankie en ek kyk uit vir jou dogtertjiegesiggie.
Toortsie
Jy sal my moet herinner, my onthougoed werk nie aldag so lekker nie.
HesterLeyNel
Haha, nou maak jy staat op die mees verstrooide brein in Afrika 😀
Kameel
Jy het pragtige oë!!! Het nie so ‘n mooi volgesig foto van myself nie…. net een in hoërskool waar my fringe so kort gesny is…. my ma het dit gedoen met haar naaldwerkskêr. Oor my dooie liggaam wys ek daardie foto vir enigiemand. Om die waarheid te sê wonder waar daardie foto is, hy was altyd in my ouers se album?
HesterLeyNel
Dankie, die oë by my ma geërf. Om die waarheid te sê, ek is ‘n carbon copy van my ma. Vind die foto – mettertyd raak die gehate haarsny van minder belang as die goeie herinneringe.
aj vosse
Ai… tog te oulik! En om te dink daai onskuldige juffertjie het toe die wereld se eerste dame pous geword!! Die onskuld!! 😉
Nee… my ma het nie geld gehad vir ‘n kamera nie… eerste foto is geneem vir daai ou TV program… wat was sy naam, die polisie een… ?? 😉
HesterLeyNel
Nou maar dan’s jy in goeie geselskap – al die celebrities het mos ook hulle mug shots al in die koerante en op die internet laat plaas 😀 😀 En nee, ek was nie op daai TV program nie, so ek sal nie die naam onthou nie.
aj vosse
Ek het onthou… Police File!! 😉 My oomblik van faam!! 😛
HesterLeyNel
Haha, nou kan jy ‘n blog skryf en bieg oor jou misdadige verlede!
aj vosse
Sal ek dan ‘n celeb word?? o_O
HesterLeyNel
Ons sit op jou Twitter en wag daarvoor om viral te gaan
aj vosse
Wat moet ek doen om viral te gaan?? Pray tell?? Gee raad… of sal ek ‘n rekening ook kry??? 😉
HesterLeyNel
Jy moet mense skok of skinder oor iets waarin almal geïnteresseerd is. Politiek, godsdiens of seks – presies daardie onderwerpe waaroor ek nooit praat nie!
aj vosse
OK… voor ek begin met al daai take… mag ek vra of julle my dan nou al volg?? 😉
HesterLeyNel
Op Twitter? O hel, ek het ‘n rekening, maar wat daar aangaan … ek sal nou eers moet gaan soek na die password om te kyk.
HesterLeyNel
Ok, ek het my Twitter gekry en jou gaan volg. So nou kan jy my welkom heet op jou Twitterbladsy. Ek sien ek het 53 followers – waar kom hulle vandaan?
aj vosse
Ek dink daar’s baie wat jou wil volg… jy moet net ‘n bietjie die woord versprei! Ek gaan jou nou soek!! Dan skel jy my uit en ek vra nederig onverskooning… en so voorts… 😀
HesterLeyNel
Wag … lag eers oor hierdie een – my hond het meer Twitter followers as ek! Bwahaha
aj vosse
Ja… ek sien! Genis vir Koning! Dan het ons “Die Koning en die Pous!!” Whahaha… HA!! 😀
shadowwhisper
AG oulik!!!!! EN ja ek het al van my kinder fotos op my blog gesit so ek wen (nie dat dit ‘n kompetisie is nie lol)
HesterLeyNel
Haha, nee jy kan niks wen nie. Ek onthou die fotos wat jy ‘n hele rukkie terug opgesit het. Waar gaan die jare heen, dis darem vreeslik vinnig verby.
shadowwhisper
Soos ‘n wasem van stoom uit ‘n ketel… voel so ne?
ianbcross
And I thought my haircuts were bad…
HesterLeyNel
Ha ha, that was my own doing, I wanted to look my very best on the school photo.