Ons weer is maar aan die vrotterige kant en ons beweeg so van een balkon na die ander om te sien of die son sy opwagting gaan maak.
Die ou Grieke het mos geglo sonlig word uitgestraal deur Helios wat daagliks deur die lugruim vaar in sy sonkoets, getrek deur vurige hingse, van wes na oos (of is dit van oos na wes?). Maak nou nie saak nie, maar dis omtrent die enigste tyd wat ons sy stralekrans sien – van die agterste balkon af wanneer hy verdwyn en van die voorste balkon af wanneer hy weer verskyn.
Ain’t no sunshine when she’s gone
It’s not warm when she’s away
Ain’t no sunshine when she’s gone
And she’s always gone too long
Anytime she goes away [Bill Withers]
Dis Vrydag (jip!) en mag ons almal ‘n heerlike sonskyn-naweek hê.
Net Ek
Lekker naweek vir jou ook Hester!
shadowwhisper
Heerlike naweek vir jou ook Hester. 🙂
Toortsie
H8erdie is my tipe foto’s.
HesterLeyNel
Son is nogal belangrik vir my gemoed. 😀 Ek leef net tussen sonsopkoms en sononder – staan vroeg op en gaan slaap saam met die hoenders.Glad nie ‘n naguil nie.
Griet
Wel vir my het die son nou wragtag opgekom want al my WordPress passwords is weer in plek en ek kan kommentaar lewer. Hey moenie die koue werwels nie hoor, ons ly nou nog aan hittegolf_skokhittegolf_skok… 😀
HesterLeyNel
Hittegolf? Nie hier by ons verby nie, maar ek sal dit ook nie eens agterkom nie – jy weet mos, ek verdra nie koue nie.
rondomtaliedraai
Klink na pannekoek weer! Warm bly!
Abrie Joubert
Hester ek dink nie jy moet Kaapstad toe trek nie. Having said that, na reen wat ons broodnodig gehad het, was dit vandag ‘n pragtge sonskynwintersdag, dus vandag was de Kaap vir jou.
HesterLeyNel
😀 Die Kaap kan wel so nou en dan mooi weer uitpak. Ek het ook daar gewoon en in Belville gewerk so tussen 1987 en 1994, daarna weer terug Bloemfontein toe. Die Kaap wat ek die beste onthou is die een van my kinderdae toe – vakansie by die see! My pa was ‘n gebore Kapenaar.
aj vosse
Ek wed jou julle vrotterige weer is beter as ons vrotterige somer’s weer! 😉
HesterLeyNel
Ek dink nie ek sal ooit hou van koue en wind nie. Somerreën is goed, maar ek onthou toe ons in Kaapstad gebly het – daardie nimmereindige motreëntjie op ‘n koue wintersdag kon my dryf tot moord.
aj vosse
Ek was in stander vyf toe ons Kaap toe is… in die middel van die winter! Ons moes 3 weeke wag om die son te sien! 🙁
HesterLeyNel
Tipies!