The Fafa river feeds into the ocean at Ifafa Beach, KwaZulu-Natal. Fafa is the Zulu word for Sparkling Waters. Ifafa beach was named after this river.
Read Next →
HesterLeyNel
My blog posts, written in Afrikaans and English, represent the rantings and ravings, the joys and blessings of a 70-something retiree – Me.
rondomtaliedraai
Dis so koud hier dat ek skoon jaloers raak
HesterLeyNel
Dis koud hier ook. Ons het ligte reën gehad deur die nag en vandag dra ons sweetpakke. Nou weet jy hoekom los ons alles en hardloop strand as dit ‘n lekker dag is.
rondomtaliedraai
Ek sou dit ook doen
Tannie Frannie
As agtjarige het ek op daardie pragtige strand rondgedwaal en die lewe in die rotspoeletjies bewonder. Dit beteken vir my soveel om jou mooi foto’s te sien en te weet dat daardie toweragtige strand nog steeds bestaan!
HesterLeyNel
Dit is werklik betowerend. Die strand self het omtrent elke dag ‘n ander aanskyn. Dit hang af van hoe stormagtig die golwe was, of die riviermond oop is, hoe erg die wind gewaai het, hoe hoog / laag die gety is.
Tannie Frannie
Julle kan dit in elke gedaante beleef – en waardeer.
Toortsie
Sparkling is dit beslis.
scrapydo2.wordpress.com
Ooo, dis pragtig.
Biltong & Pot-roast
Jou foto’s maak my verlange net nog erger, man! MAAR, volgende maand is ek daar! Sien so uit.
HesterLeyNel
Kom julle vir die kinders kuier? Ek hoop tog ons weer gaan “vriendeliker” wees en julle goed ontvang. Die vakansiegangers was hierdie jaar nie beïndruk met ons wind en onverwagse koue weer nie.
Biltong & Pot-roast
Weet jy, my kinders is ook in Engeland (alhoewel my dogter na haar studies besluit het om vir so ‘n jaarlank lugwaardin te wees. Sy het haar meesters in Internasionale Argitektuur gedoen en wou sommer op so ‘n manier die wêreld en wêreldargitektuur sien. Sy is dus nog vir so ‘n rukkie in Dubai). Maar my ma en die res van ons familie en beste vriende is almal in die vaderland. Ons was die vorige keer in Natal se rigting, Hierdie keer wil ons bietjie noord gaan, Sabie se rigting. En natuurlik MOET ek ‘n draai in die Vrystaat maak (elke keer, sonder uitsondering).
HesterLeyNel
Ek was nog net net een keer met vakansie daar in Sabie se rigting, so ek ken nie daardie wêrelddeel baie goed nie. Die Vrystaat is ‘n ander saak, daar het ek die wêreld platgery en later baie goed leer ken, hoewel ek onthou dat ek my eerste winter daar omgehuil het – daardie koue! Hemel, dit sny deur murg en been. My dogter is in Bloemfontein gebore.
joke_dev
Een heel mooi strand
HesterLeyNel
Dit is so mooi, ons noem dit “Paradise”.