Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

M: Moertjie

M

This is a rehash of one of my old blogs about a game that my mother, who passed away in her 96th year, used to play as a little girl. She taught it to me and years later to my daughter, and she still played Moertjie with both of us till shortly before her demise.

This one-handed game is played with five pebbles, one player at a time and is not as easy as it looks. The purpose is to keep control of the pebbles at all times and as soon as one or more slip through the fingers, that player’s turn is over. The first person to successfully complete the last stage is the winner. As we were all veteran players, the game ended in a draw more than once, but my mother won her fair share of the “tournaments” even at her advanced age. In my mind’s eye, I still see the five pebbles in her agile little hands.

My daughter demonstrates the game in this video.

 

Ons het voortdurend gesoek na die regte klippies om mee te speel. Rivierklippies was die beste, maar nie so volop in die binneland nie. Toe ons verlede jaar na die kus toe verhuis het, het my moeder in die ouetehuis agtergebly. Ek het haar belowe dat ek vir ons mooi klippies op die strand sou optel om mee te speel wanneer ons vir haar gaan kuier. Dit het ek ook gedoen, maar haar gesondheid het skielik verswak en sy is oorlede enkele ure nadat ons vliegtuig in Johannesburg geland het.

Sy het nooit geweet dat ek wel die perfekte klippies vir haar gebring het nie. Hulle is nog steeds in ‘n bakkie hier op my lessenaar, maar ek en my dogter het nooit weer gespeel nie. Die hart van die speletjie is nie meer hier nie.

Follow Dis Ekke

25 Comments

  1. Shoe. Ek het gesukkel om klaar te lees. Ek kan my goed voorstel hoe julle nou moet voel oor daai vyv klippies!
    Ek het die vidio vir my vrou gewys en sy sê hulle het die speeletjie gespeel to sy jonk was… in Australia! Ja, sy’d daar groot geword.
    Die heimwee trek sterk punte!

    • Ja dit bly maar hartseer, veral met die eerste viering van moedersdag sonder haar net hier om die draai. In Australia? – my vrek, dit wys jou net daar is meer ooreenkomste tussen lande en nasies as wat ons besef.

      • Ja… haar goeie self is Engels gebore… net suid van London. Die ding is, haar pa het haar ma ontmoet in “Suider Niasaland” 😉
        Sy wou terug Afrika toe maar hulle is toe Oz toe. My vrou was omtrent sestien to haar ma haar voet neergesit het en haar wil af gedwing het op die situasie… soos ‘n goeie vrou van Afrika! Hulle is toe terug en, soos die ou stories gaan… dis toe dat ons baie jare later in mekaar vas geloop het! 😉

        • Nyasaland Protectorate wat ons huidige Malawi is? Die wêreld is klein. Wys jou net hoe dinge bestem is om te gebeur.

        • Ja… ek glo vas in bestemming! Hou duim vas… miskien is ek bestem om huistoe te kom! 😉

  2. Ek was nog vasgevang deur die demonstrasie en toe ek verder lees steek my asem in my keel vas. Soms doen ‘n mens alles in jou vermoë om goed reg te doen maar die lewe kies nieteenstaande ‘n ander koers. Ek is seker haar herinneringe van al die kosbare tye wat julle saamgespeel het was die enes wat by haar gebly het.

    • Ek hoop so. Ek hoop ook dat sy weet ek was by haar, want sy was reeds in ‘n koma toe ons geland het – ek het die boodskap gekry toe ek van die vliegtuig afgestap het.

  3. Ons het weer holtetjies in die grond gemaak,vir elke klippie en dit klip-klip genoem.Die swart kinders op my ouma se plaas het dit vir ons geleer.Interessant hoe speletjies oor kulture heen kan strek.
    Ai dis hartseer dat jou ma nooit die regte klippies gesien het nie…aandoenlike skrywe.

    • Ons het ook daardie een gespeel. Ons het dit “gaatjie” genoem. Die probleem is nou sodanig met die knieë dat ons nie meer plat op die grond kan sit om te speel nie hehe. O ja, dan het ons nog een gespeel waar ons die klippies van een gaatjie na die volgende gegooi het (soos gholfputjies), maar my broer het eendag kwaad geword en my met die klip teen die kop gegooi. Daarna is ons verbied om dit te speel. Ek dink ons moet ‘n speltjies-blog doen.

      • Ja goeie plan…deesdae se kinders ken net rekenaarspeletjies.Al hierdie ou speletjies kan dalk verlore gaan!

  4. Foitog.
    Ek het dit ook as kind gespeel, maar nie op n mat nie, in die stof en sand, saam met die bediende se kinders op die plaas.
    Spesiaal, daai 5 klippies – doen iets mooi / oorspronklik met hulle of sit hulle in n glas houer

  5. oh dat spelen ze hier ook leuk om te zien

  6. Watter pragtige demonstrasie! Ek onthou vaagweg die speletjie, maar weens my tien duime was dit nie ‘n gunsteling nie.

  7. Dis baie spesiaal

  8. Ach wat mooi: het hart van het spelletje is hier niet meer… Verdrietig. Ik ken(de) het spel niet, bijzonder. Ik ga in ons nieuwe thuisland Denemarken ook eens mooie klippies zoeken en dit proberen!

  9. Dis darem kosbare oomblikke van saamwees en onthou. Die lewe loop maar sy vreemde draaie met n mens. Ek dink ek moet die speletjie probeer en vir die kinders by naskoolsentrum leer. Dit kan hul nogal besighou gedurende die koue nat winter. Ons speel nogal heelwat ou bekende bordspeletjies. Daar is net 5 iPads en meestal 25 kinders. 5 kan dus aanlyn speel en die res moet besig bly met werklike speeletjies. Geniet jou naweek.

    • Ons kinders het van kleins af saam met ons kaart gespeel, monopoly, pick-up-sticks, dominoes en hulle het dit vreeslik geniet.

      • Ons het as kinders self ook slangetjies en leertjies en al daardie speletjies geniet. Dominoes was ook altyd lekker. Ek bou natuurlik nou nog legkaarte omdat ek maar op my eie is. Daar is nog n onderwerp vir later.

        • Nou begin die idees vloei!

        • Beslis ja. Snaaks hoe skielik idees tevoorskyn kom. Net n woordjie kan n hele kettingreaksie veroorsaak. Met my Vrydag skrywery duik daar elke keer weer dinge op waaraan mens nie altyd dink nie. Geniet jou dag!(myne is nou verby)

        • Dankie en lekker slaap

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: