Afrikaans-speaking South Africans hardly ever agree about anything, be it politics, religion, sex or the right of way in a roundabout (locally known as a traffic circle).
Just by way of explanation: South Africa has eleven (11) officially recognised languages.Yes, you got that right – one dozen minus one. This story is relevant to the Afrikaans-speaking population only.
As I said, they very seldom agree about anything, but there is this one exception: everybody loves koesisters, a sweet syrup infused confectionery, which Americans would probably refer to as a doughnut. However, this very tasty morsel of dough is not round, it doesn’t have a hole and definitely no stuffing of any kind. It is a piece of dough which is braided like a plait, then deep-fried until it is a golden-brown colour and crispy on the outside. Then it is dunked into a thick, sweet and icy cold syrup.
The ‘koesister’ is also referred to as a ‘koeksister’ or, in some instances, a ‘koeksuster’. It seems that no-one can really agree to the correct spelling or pronunciation. Of course. They do agree about one thing, though: no gala, bazaar, festival, fundraiser, charity event, market, corporate meeting, sport event or tea party can be successful without koesisters on the menu. A koesister is what is referred to as finger food by caterers, which means that it is usually held by hand with syrup dripping everywhere.
In my high school days we used to bake dozens of koesisters which we sold from door to door, to raise funds for school camps, sport tours and the school fund. Yes, in those long-ago days, money was scarce and we had to work for it (my children just hate it when I start a story with “in the old days …” 😀 ) Baking and selling koesisters to raise funds was a folk tradition and proud Afrikaners has honoured this humble pastry by erecting the well-known Koe(k)sister Monument.

Koe(k)sister Monunment
My man sal ver ompaaie loop om lekker koesisters in die hande te kry Ek onthou nog baie goed hoe hy my myle ompad laat ry het Port Elizabeth toe om by sy ma te gaan kuier, omdat hy gehoor het van die vrou op ‘n sekere klein dorpie wat sulke lekker koesisters bak. Hy was reg, hulle was die moeite werd, ten spyte van die slegte pad vol slaggate, maar ek was darem nie te gelukkig oor die ekstra drie ure wat ons op die pad moes spandeer nie.
Toe ons nog daar in die Vaal Driehoek gewoon het, was daar ‘n liewe mevroutjie in Walkerville wat die heerlikste koesisters gebak het en ek moes weekliks my man die hele ent pad na die Saterdagmark toe vervoer sodat hy sy koesisters vir die week kon gaan koop. Gelukkig vries dit goed.
Voordat jy vra: ek bak nie koesisters nie, ek kom glad nie in ‘n kombuis nie, want ‘n kombuis is ‘n gevaarlike plek. Ek sny gewoonlik my vingers raak, rasper my kneukels velaf en brand myself die oomblik as ek daar inloop. My dogter sê sy kook gesonde kos en basta met koesisters. Dus moet dit maar gekoop word, maar hier lê die probleem: ordentlike koesisters is nie oral te koop nie, veral nie hier waar ons nou woon nie. Hier koop ons net samoosas en curry bunnies.
Nou hang sy koesisterlus uit, sjym man. Ons sal maar op ons volgende besigheidsreis terug Gauteng toe die koelsakke moet inpak om ‘n paar pakke koesisters te gaan haal.
perdebytjie
Dis ‘n goeie tyd om te probeer self bak,Hester….onthou mens is nooit te oud om te leer nie en mens moenie in ‘n gemaksone verval nie…sê ek wat net soos jy,’n kombuis vermy soos die pes!😜😀
HesterLeyNel
Nee, daar is ander dinge wat ek wil probeer en ek gaan beslis nie tyd inruim vir die kombuis nie!! Dis net hier waar ek die verskoning ingooi van: “Ek is ‘n werkende Afgetredene” 😀
Christina B
Ek het lanklaas koeksisters geëet! Hier is jaarliks ‘n Afrikaanse kerkbazaar waar daar altyd koeksisters is en ek dink die Suid-Afrikaanse winkels verkoop dit ook, maar dit sal so vinning verorber word in ons huis dat ek versigtig is om dit te koop. Ons tweede dogter het ook gebak en brou toe sy moes geld insamel om op ‘n skool musiektoer Nieu Seeland toe te gaan 4 jaar gelede, maar sy het biscotti gemaak.
HesterLeyNel
Dis nogal ‘n voordeel as jy by ander kulture en lande ook kan leen vir lekker eetgoed.
Christina B
Definitief!
scrapydo2.wordpress.com
Al wat ek hierop kan sê- so n knaperrige sappigge koeksister is darem maar lekker.
HesterLeyNel
Weet nie – ek is die een Afrikaner wat dit nie eet nie. Die stroop laat my gril.
scrapydo2.wordpress.com
Ek sal ook beslis net een eet dan het ek genoeg gehad vir n paar maande. Ek is nie so n soet ou nie!
aj vosse
Ag nee dame… hoe kan jy aanvoer dat alle Afrikaaners van daai goed hou? Ek kan hulle nie verdraa nie! Soetsappige snert! Gee my ‘n knoffel wors rolletjie… dis mos kos!
PS – I recall my oupa’s take on the Afrikaaner… if they had their way each would have his own church, start their own political party and only invite xy and z to their daughter’s wedding, even though none of the other family can tolerate being with them in the same town!
Port Elizabeth! My old home town! 😉
HesterLeyNel
Haha, ek het nou lekker gelag. Jou oupas was wys – ons verwys na die Afrikaners as Dwarstrekkers. But then, most of us are a mixed breed: on maternal side oupa was of Dutch and ouma of French descent; on paternal side – German. No wonder I don’t fit in anywhere.
aj vosse
I’m like you… but have Portuguese as well! I’m quarters of each… well, who knows the mix!?! Hybrid vigour… that’s what makes us so resilient and strong! o_O
HesterLeyNel
… and headstrong, yes.
Sonel
LOL! Dan is ek sekerlik nie ‘n Suid-Afrikaner nie want ek hou glad nie van koeksisters nie. O nee, ek gril my dood vir daardie taaierige goed en alhoewel ek hou van 3 suikers in my koffie, is dit die naaste wat ek aan soetgoed kom. As jy my wil omkoop met iets, dan is dit samoosas en biltong. Dis my gunsteling!
Jy klink soos ek in ‘n kombuis. Ek is lief vir bak en brou, maar net so nou en dan en my man en seuns weet hulle mag nie die groot messe te skerp maak nie. Dan is dit hospitaalsake en ek haat hospitale. 😆
Pragtige foto’s van jou koeksisters. 😀 ♥
HesterLeyNel
Ek hou ook baie meer van soutigheid. Ek het al een keer my duim amper afgesny toe ek stirfry gemaak het. Dit was ‘n Sondagaand en na-ure by ‘n private kliniek. Die dokter het my so die leviete voorgelees dat ek nou te bang is om ‘n tafelmes te gebruik.
Sonel
Ja, dis baie lekkerder. 😀
Oi! Moenie praat nie. Ek sit ook hier met ‘n duim wat tot op die been gesny is. Nee wat, ek en jy en messe is nie maaikies nie. LOL!
UpwardSpiral
Lovely post! 😀 It looks really delicious.
HesterLeyNel
Thank you
nowathome
ek het koesisters so lanklaas geeet! Waar is daardie koeksister monument?
HesterLeyNel
Orania. 😀 Ek was ook nog nie daar nie – het die foto geleen by Wiki.
Biltong & Pot-roast
Oeeee… groot lekkerte (veral as dit so drie bene gevleg is). As kind het ons kinders my ma gehelp om hierdie lekkerte gebak te kry en dan was dit sommer ‘n hele klomp dosyn om die harde werk die moeite werd te maak. So tussendeur help ons onsself aan die flops en aan die einde van die bakkery was ons behoorlik soet tot agter ons ore. Tot die volgende baksessie…
HesterLeyNel
Ek het weer vreeslik gehou van die ou grotes wat so gedraai was soos ‘n kaasstokkie. Boerstras bakkery in Pretoria (wonder of hulle nog daar is) het hulle heerlik gemaak – nie so vrek soet nie.
Jacqueb
Ai, ‘n koeksister bros van buite, stroop druppend as ‘n mens dit byt met ‘n effense gemmertjie in die stroop…hier is voorwaar nie sulke lekkerte in Ghana nie!
HesterLeyNel
Die klomp Suid-Afrikaners moet maar bymekaarkom en begin bak vir ‘n koesister- en melktertpartytjie!
coetzee2014
Ek dink, ek en jou man, sal mekaar verstaan.