Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

I: Inky Pinky Ponky

The knowing look of the triumphant winner. Donkey at Walkerville Farmers Market, Gauteng, South Africa

I’m not normally a very indecisive person. Sometimes, in hindsight, I bitterly regret some of the choices I made (or did not make – choosing not to make a decision is also a choice), but this is not a sob story. Moving on swiftly.

Some major lifestyle decisions worked out very well: In the late seventies, career mums were still frowned upon. Relatives and friends alike were horrified when I refused to give up my career to take care of my three young children. Thank goodness, I made the right choice (for me) as, in later years, I became the sole breadwinner of my family, which included my aging mother whom I cared for until she passed away at the age of 96. I Also decided to carry on with my studies, but, to everyone’s astonishment, I decided not to practice law; instead, I selected to work for a commercial bank. This also proved to be a fortuitous move, as I was later diagnosed with cancer. I would never have been able to balance a law practice and bringing up minor children, with fighting a disease. Then, long before I reached retirement age, I just decided one day I had enough of the rat race and I chose to go on early retirement. Within four months we sold our house, moved to the coast and now we have a fun time balancing our finances, but we all agree that being broke and miserable on the beach, is preferable to being bored and unhappy with the big city life.

Sometimes, it is better not to overthink a situation; what will be, will be.

BUT, then there are those times that I am just not able to make up my mind. This happens more than more as I grow older. So when we went to the Farmers Market in Walkerville (Gauteng, South Africa) and the friendly farmer handed each of us a carrot to feed the donkeys, I just couldn’t decide which donkey to feed my carrot to. So, instinctively I started playing that age old kiddies game: inky pinky ponky / daddy had a donkey / donkey died / daddy cried / inky pinky ponky. Come on! Of course you know it! It is a simple counting-out game intended to select a person or object to be “it”.

Then, halfway through the rhyme, one of the donkeys lifted her head and gave me a big smile (yes, you don’t have to believe me, look at the photo below) and I handed over the carrot.

How can one possibly resist such a beautiful smile? Donkeys at Farmers Market Walkerville, Gauten, South Africa

Ek vind meer en meer dat ek nie lus het om gewigtige besluite te neem soos “watter uitrusting moet ek koop?” of “wat moet ek vandag aantrek?” nie. Ek het deesdae die mode om by die winkel in te hardloop en dan soek ek gou ‘n denim driekwartbroek en ‘n bloes uit. Dan koop ek sommer meer as een van dieselfde soort in verskillende kleure. Soms is daar nie ander kleure beskikbaar nie, dan koop ek sommer twee paar in dieselfde kleur.

Dis nou waar my pajamas in die gesprek ingesleep word. Ek het hierdie heerlike pajamas by Woollies ontdek, ‘n kortmou gekleurde hempie met ‘n swart of grys driekwart broek in ‘n lekker sagte materiaal. Dit raak nie juis koud in die nag nie, wat beteken dat ek nie somers- en winterspajamas het nie; ek het sommer meer as een paar gekoop om voorsiening te maak vir alle seisoene.

Wanneer ek in die oggend opstaan en dis effens koelerig, trek ek sommer my swart windjekker wat altyd oor my stoel hang, so saam met die pajamas aan om vir Genis, die beswaarde hond, by die trappe af te vergesel tot by die grasperk. Dan hou ek maar sommer die pajamas en baadjie aan tot ek gaan stort, wat partykeer heelwat later in die dag eers gebeur.

So gebeur dit dat my dogter my verlede week aanjaag om biblioteek toe te gaan en ek kam my hare, trek my skoene aan en spring in die kar. Toe ons so wegtrek, sê my dogter “Ma, jy moet maar jou baadjie toezip, die mense sal wonder hoekom sê jou hemp ‘Sweet dreams'”!

Follow Dis Ekke

30 Comments

  1. Mooi man vir die sweet dreams!
    Ek het nou so lus vir aftree en arm by die see te gaan sit, maar ek dink ons is nog ‘n bietjie jonk!

    • Nee man, jy is dan baas van ‘n plaas naby die see. Jy hoef nie uit die stad te vlug nie. Tree sommer net daar af – vroeë aftrede word aanbeveel.

  2. Jy het die slag om my altyd op te vrolik! Soveel lekkerte in hierdie inskrywing – maar vir my is die heel mooiste die sagte opmerking van jou liewe dogter.

    • Dankie. Ja, my dogter is gebore met die wysheid van die grysheid. Sy is nog jonk, maar hou haar ou moeder op die regte spoor!

  3. I think a lot of us have that problem Hester, so don’t feel too alone. 😆

    Yes, I remember those years. A woman was supposed to stay at home and look after the kids. I am glad you decided to do what’s best for you and as you say, if you didn’t, things could have turned out worse.

    I agree with you there. I also choose happiness above all and what a better way than doing it with the ones you love. Money is not everything in life.

    The donkeys are just adorable and I just love that smile. I don’t blame you for going for that. I would have done the same and I just love the shots. Donkeys are just amazing animals. 😀

    hahahahah! Hoe lekker lag ek nou vir die ‘sweet dreams’. Ja toemaar, hier gaan dit ook so. Ek maak eers huis skoon voor ek gaan bad en aantrek. Wie kan nou in ‘n fancy rokkie, hoë hak skoene en grimering huis skoonmaak? Nie die girl nie? LOL!

    • Dankie vir die inloer. Ja, my hele probleem met die pj’s is natuurlik dat ons nie juis bure het nie, behalwe vir die nuuskierige agie op die heuwel oorkant wat ons met die verkyker dophou en daar is nie eintlik rede om op te tof nie.

      • Julle is defnitief gelukkig. Ek sal geniet om daar te bly! 😀

        hahaha! Nogals met ‘n verkyker. Wonder wat hy hoop om te sien? LOL!

        • Hy kan by ons voordeur en die twee agterste slaapkamers se vensters inkyk. Dan sien hy natuurlik ook as ons op die agterste balkon beweeg of ‘n motor uit die garage trek. Ons het ook ‘n verkyker (ons hou die walvisse en dolfyne dop), maar so nou en dan staan ek op die balkon en kyk vir hom!

        • Genade! Kan mense so nuuskierig wees. Ek sal natuurlik seker maak hy kyk vir my as ek vir hom kyk en vir hom duidelik met vinger gebare wys wat ek van hom dink. hahahah!

          O, ek sal heeldag die walvisse en dolfyne dophou. Hulle is so pragtig! 😀

        • Hulle is gewoonlik daar agter in die see en ons moet mooi kyk. Dis net as die sardyne of die elwe loop, dat hulle hier voor ons in die baai speel.

        • Ja, dis nogal ‘n jammerte. Ek kan net dink hoe mooi dit is dan. 😀

  4. O die donkie n wonderlike ding nê! Jy het n liewe dogter. Mooi inskrywing.

  5. Ek kan ook soms so besluiteloos wees. En as dit op ‘n werksoggend gebeur wanneer ek voor my klerekas staan dan is dit ‘n beswaarde situasie. Lekker gelees, dankie. Sweet dreams!

    • Dankie haha. Ek het in my dae van “power dressing”, ‘n paar uitrustings gehad wat amper uitsluitlik bestaan het uit wit bo, swart onder. Daarby is ‘n bykomstigheid (baadjie / serp / breë gordel / ens in ‘n helder kleur). Vervelig? Ja. Vinnig aantrek? Ja. En buitendien het almal so aangetrek. 😀

  6. Alweer lekke gelees. Alweer, lyk dit my, die enigste man.

  7. Vir my het dit weer andersteom gewerk….. soos my skoonma altyd gesê het; “You are a career woman and will never be a housewife.” Toe trek ons tussen die mielielande in, en kort voor lank is ek die ma van ses, en ‘n huisvrou.
    Sweet dreams!!!!!

  8. Mooi inskrywing Welgedaan

  9. Sweeeeet… dreams!! Ek het nou lekker gelag, dankie! Vir die donkie en vir jou!! 😉

    • Ek het nou skoon heinwee oor die donkies van my kinderjare – hulle het sommerso in die dorp rondgeloop. Ek het nou vir my ‘n e-book aangeskaf oor die (donkie)karretjiemense van die groot Karoo.

  10. Leer ek jou nog beter ken uit hierdie inskrywing…altyd lekker as bloggers ietsie oor hulself laat val.Dis soos legkaartstukkies en dit maak die mense hier so interessant.Oulike glimlaggende donkiedame.🦄🐴

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: