My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

G: Gogo

I wanted to swim today but mama said no, not today. So I'm going to sit here in my empty pool and say "pool...pool...pool" until she caves.

Gogo, is a Zulu word for grandmother. The Zulu nation is in general very respectful and friendly disposed towards older people. My grey hair and wrinkles earned me the right to be addressed as Gogo, long before the birth of our only grandchild nineteen months ago.

She calls me Ouma (Afrikaans for grandmother) and I call her Cutesicle, the definition of which is (according to the Urban Dictionary) “someone who is super duper cute and makes you want to use stupid-sounding phrases to describe them, because you just can’t handle their cuteness”.

Ek het eendag vir een van my kollegas gevra hoe dit met sy nuwe kleindogter – toe sowat ses weke oud – gaan en sy antwoord was: “Wel, sy het besluit om volgende jaar aan die Olimpiese Spele deel te neem, maar ek dink sy moet liewer haar aandag bepaal by haar tesis”.

Net so. Ek het presies verstaan wat hy bedoel. Elke kleinkind is perfek in elke opsig. Elke kleinkind is spesiaal.

Dan moet ek darem byvoeg, myne is besonder spesiaal, is sy nie?

Gogo loves her Cutesicle    <3

Follow Dis Ekke

24 Comments

  1. Ag sy is allerpragtigs! Sulke sjarmante foto’s. En as sy op een en ‘n half al met ‘n tuitbekkie in haar leë swembadjie sit – pasop vir die tweejarige! (Gabby se tesis vorder goed, maar ons Olimpiese projek bly effens agterweë.)

  2. Pragtig Gogo! Hul is almal uniek op hul eie manier.

  3. Louis

    Gogo moet maar sien hoe baie sy al verander het van Desember af tot nou. Sy is al twee skoen grotes op, 3cm langer, 1kg swaarder en haar vocabulary is al op 40 woorde.

    Crystal hou track van haar milestones. Sal dit gou vir jou whatsapp. Gaan spandeer bietjie tyd in so paar forums en baby sites en compare so bietjie…jy sal verbaas wees.

  4. Aw, she’s adorable! One lucky Gogo you are! 🙂

  5. Jip, sy is besonder spesiaal, nes myne! 🙂

  6. drkottaway

    My mother threatened to teach us to call her mother “Mee-Maw”. We did not cooperate. Fun post….

  7. Nou is ek toetaal geskot Gogo! Jy lees daai woordeboek? Skandaalig!

    Dis lekker om ‘n grootouer te wees. Ek is oupa hier in Ierland. Al die kleinkinders noem my so, selfse het nie een van hulle al ‘n voetjie of Moeder Afrika gesit nie!

    Ja… daai “sweet” klein dingetjie weet nog nie hoe gelukkig sy is om Gogo the hê nie!! Geniet!!!! 😉

    • Comment by post author

      Dankie! Sy bly saam met haar ouers, haar oupa en oupa en ‘n oom in die Kaap. Haar grootoupa woon naby haar in ‘n tehuis. Hier in Durban het sy ook ‘n ouma en oupa, tannie en oom. Ons bly in aanraking en probeer sover as moontlik vir haar mooi herinneringe bou. Sy is die eingste kleinkind aan beide kante.

  8. Ag dis so mooi geskryf ek is skoon bewoë

    • Comment by post author

      Ag dankie. Ons verlang ook so dat ons net so bewoë raak aan hierdie kant. Haar ouers hou ons goed op die hoogte met haar alledaagse lewe, maar dis nie dieselfde as noue kontak nie.

  9. Sonel

    Sy is regtig ‘n klein engeltjie Hester en te pragtig vir woorde. Ek kan sien haar Gogo is baie lief vir haar. Baie mooi foto’s van haar. 😀 ♥

  10. Sy is definitief ‘n Cutesicle! Ek ken die woord maar ek weet nie meer van waar nie. Hier in Australië het ons geleer van Snugglepot en Cuddlepie (‘n reeks kinderboeke) en omdat ons jongste net 4 jaar oud was daai tyd het ek haar altwee name begin noem. As ek dit nou sê (sy is nou 15) dan antwoord sy: “Ek is die cuteste (van die 3 kinders) nè?” Dis vir my mooi hoe die Zulus respek toon (soms meer as ons jong generasie van westerlinge). Mooi pos!

    • Comment by post author

      Haha, ek is bly ander ouers sit ook met die probleem van die “cuteste” kind; my drie (almal in hulle 30’s) beskuldig mekaar gereeld daarvan dat eers hierdie een en dan daardie een die “witbroodjie” is.

  11. Ek stem saam met Toortsie. 🙂 Sy is pragtig!!

  12. ‘n Fb vriend sê altyd, ‘n grootouer brag nie, hy deel net mee. Myne, is ook ver. 2 in Dubai en 3 in SA, maar dit is nie lekker nie.