Ek werk by ‘n openbare instansie wat elke dag deur honderde mense en hul kinders besoek word. Nou kyk…ek het self ‘n woelige 20 mande oue seuntjie, wat dink dit is vet pret om sy Mamma se gedult te toets. Hy ken van klim, klouter, vloermoere, hardloop en gil – asof die 2 dade saam gedoen MOET word, snot neuse, vuil hande, huil…you name it! Life of a mother!
Mammas vat hulle kinders dorp toe want dit is mos hoe dit moet wees. Niks teen ‘n ma watse kind dorp toe gaan nie, myne gaan ook saam en kan nogal lekker rammetjie-uitnek raak in Shoprite.
Elmien* bring mos nou die dag haar hele kroos saam dorp toe, en het gou ‘n paar goedjies nodig by ons winkel. 4 Orreplypies! Soos wat die hele bondel in kom klink dit soos ‘n pretpark wat aangestap kom – stemmetjies en geluide galore! Die kinders dink die plek is ‘n “Giant Play Ground”en gaan bos! Klim op alles, krup onder die toonbank weg, jaag mekaar met die stoele. Onmiddelik verloor ons ‘n paar kliente. Die kleinste kindjie besluit die toonbank is ‘n vreeslike oulike plek vir klim en spring, en Mamma kyk houtgerus of die kleuter nie dalk sy nek gaan breek nie.
Ek het gedink dit sal lekker wees om Pandora se boks oop te maak en te kyk wat uitspring 😜 toe reblog ek hierdie pos van ‘n nuwe blogger Die kwaai tannie met die Rooi hare – Pandora se Box . Gaan kuier gerus en kyk wat skryf sy nog.
Rob Alberts
Ik heb nog maar een paar grijze haren.
Maar voor een flinke bos Rode Haren kijk ik altijd even op.
Vrolijke groet,
HesterLeyNel
Ek hou ook van rooi hare Rob. As daar nog ‘n paar sproete ook saamkom, is dit nog beter.
travel460
Ek hou van nuwe bloggers! Gaan gou daar inloer…
Bondelsgedagtes
😁😁😁
perdebytjie
Dankie vir die bekendstelling…altyd lekker as nuwe bloggers verskyn, veral jongmense.
Tannie Frannie
Dankie vir die bekendstelling!
Anonymous
Baie dankie!
aj vosse
Kinders… hulle hoort by die huis… of, oukei… ek hol nou eerder want een of ander kwaai antie of oompie sal nie met my saamstem nie en sal wil vir my maniere leer!! 😉
HesterLeyNel
Ja, pasop. Hier rond gaan die hele gesin saam – al die kinders en ouma ook (dis nou die Gautengers wat hier vakansie hou). Dan ontmoet hulle die bure (ook met vakansie) voor die vleistoonbank en gesels vir ‘n halfuur aanmekaar, sodat niemand anders by die skaaptjops kan uitkom nie.
aj vosse
Lekker… die skaaptjops, kinners… hulle hoort by die huis, saam met ouma… en oupa!
(Vra my… dis wat die spul kinders dink my rol in die lewe is… hulle hop rond en dan moet ons met die gebakte pere – en appels… en druiwe en die res van die slaai sit!!) :/ 😉
HesterLeyNel
En jy geniet dit! Stry?
aj vosse
Veral wanner hulle vir oupa medesyne bring… wat nie genoeg gebeur nie!!
PS – stuur vir my aseblief daai Afrikaanse woordeboek skakel wat jy van gepraat het… ek en Nellie sukkel dukstukke met Die Tall vandag… :/ 😉
HesterLeyNel
Ek gebruik hierdie een in mozilla firefox https://addons.mozilla.org/en-US/firefox/addon/afrikaans-spell-checker/
aj vosse
Dankie… miskien sal Nellie nou ophou met al haar f-woorde! (En ek… ) 😉
HesterLeyNel
Hahaha. Ons ander Nellieverhaal sal seker môre klaarmaak.
aj vosse
Miskien moet ek ook vir nellie afstamp… hoe klink ‘n piering vrot melk?
HesterLeyNel
Laat Nellie stinkryk word en floreer! – ek het ‘n rolmodel nodig. Laat Nellie haar eie verhaal skryf.
aj vosse
Wat as sy vrot word en poe-poe aan jaag?? 😉
HesterLeyNel
Dan is dit ‘n reality show 😀
aj vosse
Mmmmm… ek doen nie daai bollie nie! 😉
Toortsie
Ek dink hierdie Panora gaan sommer lekker skryf.
HesterLeyNel
Ja, ek reken so