My vreugdes en frustrasies

Reblogged

Vergange oomblikke op ‘n parkeer terrein

Plymouth Plaza

Want … dis lekker genoeg om proe-proe te lees en te geniet, hierdie terugblik op vergange oomblikke op ‘n parkeer terrein.

Net voordat ek my selfoon uithaal om met dié te sit en speel , terwyl ek vir my moedertjie wag wat besig is om in die winkel inkopies te doen, wat die ou Plymouth Plaza my aandag vang. Dis ‘n baie mooi kar wat goed opgepas is deur iemand wat lief is daarvoor. Dis ‘n lang, groot kar wat gebou was in die dae toe petrol nog goedkoop was en die liter meter baie vinniger as die geld meter gedraai het. Nou soos almal my ken, is ek ‘n man wat van karre hou wat lank voor my leeftyd gemaak is. Karre wat my so ontroer dat ek diep binne lankal besef het dat ek in die verkeerde era gebore is. Ek verstaan die mense van vandag nie. Ek begryp nie die misdaad op die strate nie. Ek verstaan nie hoekom mense mekaar se goed steel nie. Ek verstaan nie die afkeer teen geweld op sy tyd nie. Al wat ek verstaan is ons ryk geskiendenis. Toe mense oop en eerlik was. Toe die wereld nog sepia was. Via Vergange oomblikke op ‘n parkeer terrein. – Stories van Gister

 

Follow Dis Ekke

14 Comments

  1. Ek hou van “Toe die wereld nog sepia was.”

  2. Die illusie van die “goeie ou dae”, nè?

    Maar lees hierL:
    http://www.rationaloptimist.com/blog/reasons-to-be-cheerful/

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis ‘n baie interessante artikel and I get your drift. Ek let op dat die artikel basies konsentreer op die materiële sy van vooruitgang, inkomste, gesondheidsdienste, tegnologie, ens. wat die absolute waarheid is. No dispute. Die blog wat ek hier geplaas het en uit my eie oogpunt gesien, handel oor nostalgie van die innerlike gevoelens – die gevoel daarvan om ‘n sekere soort motor te bestuur, op ‘n sekere manier te leef en om te gaan met mense (en die liefde). Dis waarna die hart hunker. Ons erken ruiterlik dat die goeie ou dae ook maar sy eie strooi gehad het, maar ons hunker na die goeie dinge wat verbygegaan het. Dis soos wanneer ‘n vrou geboorte gee, sy vergeet die pyn en onthou net die sagte babalyfie. Dis ‘n menslike tekortkoming as jy dit so wil beskryf, maar sulke mooi herinneringe maak ons gelukkig. Laat ons tog maar in vrede dit geniet om onsself te bullsh..t – daar is nie vreeslik baie ander dinge waaroor ons sentimenteel kan voel nie. En dit IS ‘n mooi kar, nie waar nie? Hmmm??? Cheers op die goeie huidige dae.

      • storiesvangister

        Beter kon ek dit self nie oogesom het nie. Dankie 😀

  3. wat een mooie woorden en taal!

  4. Dankie, Hester, vir hierdie gawe blog-ontdekking!

  5. ‘n Lekkerlees! Ek onthou my st.2 juffrou het so ‘n kar gery.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ons bure het ‘n Ford Fairlane gery wat so gelyk het, ook met sulke vlerke en rooi / wit kleur. Hy het so oor die stofpad gewieg soos ‘n groot skip. Dit was so mooi en ek het altyd geniet om saam met hulle te ry.

  6. Sy is pragtig ( Plymouth) en ja, iemand was lief vir haar