My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Heartbroken: suffering from overwhelming distress; overcome by sorrow, grief or despair. Is heartbroken and brokenhearted the same thing? The two words seem to be interchangeable. In my younger days, this referred to a romance gone awry. Just that. Young love was so vulnerable.
Young love was also so fickle and hearts were easily mended. This is probably still the case, as evidenced by these words of a young lady in today’s world:
Your feelings so are important to write down, to capture, and to remember because today you’re heartbroken, but tomorrow you’ll be in love again. Taylor Swift
As one gets older, one realises that there are myriad factors that can cause distress, sorrow, grief or despair: death, disease, divorce, political unrest, abuse, violence, xenophobia, racism, financial setbacks, poverty, to name but a few.
The role of social media: Social media has introduced me to the concept of online support groups. There are many people who have suffered through the same agonies and who are reaching out a helping hand. Finding emotional support and advice is so much easier than before. Getting involved in these movements is an emotionally rewarding experience and it is with gratitude that I notice how many professional people with experience in various fields are making their services available online. Others pledge donations or, where possible, make themselves available to lend a helping hand in a physical environment. There is really no longer any excuse for not getting involved in assisting with the uplifting of society. Today’s emoji: 😢
Afrikaans:
Gebroke hart: ly aan oorweldigende angs; oorval deur smart, hartseer of wanhoop. Is hartseer en ‘n gebroke hart dieselfde ding? Die twee begrippe blyk uitruilbaar te wees. In my jonger dae het hierdie term verwys na ‘n romanse wat skeefgeloop het. Net dit. Jong liefde was so kwesbaar.
Jonge liefde was ook so wispelturig en harte het maklik weer geheel. Dit is waarskynlik nog steeds die geval, soos blyk uit hierdie woorde van ‘n jong vrou in vandag se wêreld:
[Vertaal uit Engels]: Jou gevoelens is so belangrik om neer te skryf, vas te vang en te onthou, want vandag is jy hartseer, maar môre sal jy weer verlief raak. Taylor Swift
Wanneer jy ouer word, besef jy dat daar talle faktore is wat angs, smart, hartseer of wanhoop kan veroorsaak: dood, siekte, egskeiding, politieke onrus, mishandeling, geweld, xenofobie, rassisme, finansiële terugslae, armoede, om maar ‘n paar te noem.
Die rol van sosiale media: Sosiale media het my voorgestel aan die konsep van aanlyn ondersteuningsgroepe. Daar is baie mense wat dieselfde pyn en angs beleef het en wat bereid is om ‘n helpende hand uit steek. Om emosionele ondersteuning en advies te vind, is soveel makliker as voorheen. Om betrokke te raak by hierdie bewegings is ‘n ervaring wat emosionele vervulling verskaf en dit is met dankbaarheid dat ek bemerk hoeveel professionele mense met ondervinding in verskillende velde hul dienste aanlyn beskikbaar stel. Ander persone gee donasies of, waar moontlik, stel hulle hulself beskikbaar om uit te help in’n fisiese omgewing. Daar is regtig nie meer ‘n verskoning om nie betrokke te raak by die opheffing van die samelewing nie. Emoji vir vandag: 😢
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
Toortsie
Dis die een wonderlike ding wat blogging vir my geleer het: Daar is nog mense wat soos ek voel. Ek is nie alleen nie.
HesterLeyNel
Ek dink ‘n mens kom dit makliker agter deur blogging omdat mense meer openlik en eerlik is teenoor relatiewe vreemdes – daar is ‘n mate van afstand, dus geen vrees dat iemand jou lewensruimte gaan binnedring nie.
perdebytjie
Die blogs het my ook geleer ek is nie alleen nie.
HesterLeyNel
Nee, jy is nie en nog ‘n ding, as jy wel andersdenkend is, word jy ook nie sommer veroordeel nie.
perdebytjie
Ja en ek is nogal andersdenkend…het nog nooit gevoel mense gee my ‘n koue skouer omdat ek nie in ‘n god glo nie.
HesterLeyNel
Dis waar, godsdiens is definitief nie ‘n klip om die nek vir hierdie bloggers nie en ek is bly daaroor, want hulle is ‘n oulike klomp mense. Ek is self nie ‘n wafferse gelowige nie, maar ander mense se siening daaroor pla my nie.
perdebytjie
Ek het ook al geleer dat dit futiel is om te stry oor waarin mense glo.
travel460
Veral jou deel oor die rol van sosiale media het my getref, Hester. Jou opsomming daarvan maak soveel sin, en is totaal waar.
HesterLeyNel
Dankie Una
Kameel
‘n Mens se horison verbreed definitief deur sosiale media, en jy raak bewus van ander se stryd en trane ook. Die wyer kyk het al groot wroeging in my lewe gebring… dan wonder ek of ek nie myself moet terugtrek en soos die drie apies maak nie. Maar helaas julle voel soos ‘n uitgebreide familiekring waarvoor ek miskien te veel omgee… maar julle maak my lewe ryker.
HesterLeyNel
Dis waar, mens is geneig om betrokke te raak by mense wat jy heelwaarskynlik nooit gaan ontmoet nie en hulle probleme word jou bekommernisse. Tenminste wys dit dat ons nog mededoë het met mekaar.
rondomtaliedraai
Slaan die spyker op die kop!
A. Shepherdson
:/ online support groups, hmm that’s thought provoking.
Donna B. McNicol [@dbmcnicol]
Having lost my soulmate at age 58, I understand heartbroken. It wasn’t the loss as much as watching cancer take away the person he’d been.
Donna B McNicol, author & traveler
Romance & Mystery…writing my life
A-Z Flash Fiction Tales: http://dbmcnicol.blogspot.com
A-Z of Goldendoodles: http://ourprimeyears.blogspot.com
HesterLeyNel
I am really sorry to hear that, Donna.
Prakash Hegade
Support groups will sure do the needful. And true, today its heartbroken and soon, love.
Nilanjana Bose
The distance between heartbroken and happy can be just a split second…life is precarious indeed. Online support groups are a lifeline in expat lives, they help to heal.
Anne J.
Taylor is right. I did exactly that. I re-read them. I realize how much I’ve grown. I even got a poetry book out of it. 😁
HesterLeyNel
Good for you! 😃