My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Frightened: feeling afraid or anxious. As a child, I was afraid of my own shadow. I was scared of the boogeyman under my bed, or maybe the one in my cupboard; in fact, I was quite sure that one of them lived in the family bathroom. By the tender age of ten, I was suffering from a severe chronic bladder infection.
Adulthood brought little relief; by then I realised that the boogeyman is my boss, the guy standing behind me in the bus queue, the friend of a friend who asked me out on a date … suddenly real people scared the hell out of me. Our generation was taught to be docile and obedient, to respect our elders in all matters, to believe in the government, the church and the law enforcement bodies. I only perceived the flaw in this philosophy much later in my life when I realised that blind belief in authority blinded me to the reality of oppression, deception and exploitation that is at the order of the day in this country. I blame my ancestors, the government, the church and the public education system for not preparing me better for the reality of life.
The role of social media: I learned more about people, science, history, literature, financing, political science, religion, etc., in these few years that social media has been available to me than I ever did in my home, school and church or from personal experience. My feeling is that if similar public forums were available to me earlier, I would have been mentally and emotionally better equipped to successfully process today’s social problems. Today’s emoji: 😰
Afrikaans:
Bang: bevrees of angstig voel. As kind was ek bang vir my eie skaduwee. Ek was bang vir die paaiboelie onder my bed, of dalk die een in my kas; trouens, ek was heeltemal seker dat een van hulle in die familie-badkamer gewoon het. Teen die tyd toe ek tien jaar oud was, het ek aan ‘n ernstige kroniese blaasinfeksie ly.
Volwassenheid het weinig verligting gebring, want toe het ek besef die paaiboelie is my baas, so ook die man wat agter my in die tou staan by die bushalte, die vriend van ‘n vriend wat my gevra het om saam met hom uit te gaan … skielik was ek bang vir regte mense. Ons geslag is geleer om inskiklik en gehoorsaam te wees, om mense ouer as ons in alle opsigte te respekteer, om in die regering, die kerk en die gesag van die wet te glo. Ek het die fout in hierdie filosofie baie later in my lewe agtergekom toe ek besef het dat blinde geloof in gesag my blind gemaak het vir die werklikheid van onderdrukking, misleiding en uitbuiting wat aan die orde van die dag is in hierdie land. Ek blameer my voorgeslag, die regering, die kerk en die openbare onderwysstelsel daarvoor dat ek nie beter voorbereid was op die werklike lewe nie.
My waarneming is dat die hele mensdom deesdae voortdurend kwaad en/of op verdediging is. Die resultaat hiervan is dat meer en meer mense hulle probeer onttrek van die samelewing. Ons leef agter hoë mure en geslote deure. Afgesien van die gevaar van gewelddadige lyflike aantasting, is daar ook die onverskillige manier wat mense te werk gaan met mekaar se gevoelens. Die ondeurdagte veroordeling van ander se denkwyse, die bewustelike vernedering van liggaam en siel en die gebrek aan empatie veroorsaak aggressie en teenaanvalle.
Die rol van sosiale media: Ek het meer geleer oor mense, wetenskap, geskiedenis, literatuur, finansiering, politieke wetenskap, godsdiens, ens., in hierdie paar jaar wat sosiale media vir my beskikbaar was as wat ek ooit in my ouerhuis, by die skool en die kerk of uit persoonlike ervaring geleer het. My gevoel is dat as soortgelyke openbare forums vroeër vir my beskikbaar was, ek geestelik en emosioneel beter toegerus sou gewees het om vandag se sosiale probleme suksesvol te verwerk. Emoji vir vandag: 😰
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
lekkervurig
Manifes vir ons almal in die lewensfase. Dankie Hester
HesterLeyNel
Dankie vir die saamlees.
Mukhamani
We all of us have certain fears. One of mine is that the tyre of our car would burst on our way 😊
HesterLeyNel
It is weird how one sometimes focusses on a particular fear. Thank you for dropping by.
perdebytjie
Ek dink ook baie oor wat ons opvoeding gedoen het om my so onseker te maak. Gelukkig het ek “liberale” ouers gehad wat geensins ons denke gestrem het, soos wat die skool gedoen het nie. Ons moes net altyd ons bekke hou, anders was daar moeilikheid.
Deesdae is ek so gedesensiteer, dat ek eintlik bekommerd is omdat geen vrees het nie…seker ‘n verdedigingsmeganisme.
HesterLeyNel
Ek dink oormatige vrees is ‘n aangeleerde ding, so ons leer dit seker weer so ‘n bietjie af as ons ouer word,
travel460
My klomp vrese is als oor my kinders en kleinkinder, ai tog. Dit hou my so besig ek dink nie eens aan ander dinge wat kan gebeur nie, probeer net my kop bo water hou en dryf. Dis effens pateties, ek weet.
HesterLeyNel
Dis wat ma’s en oumas doen. My seun sê hy het hierdie ewige bekommernis ding van sy “parental unit” eers verstaan toe hy self ‘n ouer geword het.
A. Shepherdson
There’s no way to hide bad news on the internet, my young nephews will lose their belief in Government a lot sooner than I did, which is a shame.
HesterLeyNel
True that. Not only in government but people in general.
Nilanjana Bose
Always more afraid of real people than monsters in books, however scary.
Great point about blind belief in authority hampering personal growth and the self-education possible through social media. The internet has changed lives, mostly for way better, in spite of the current media frenzy about its role. Much greater transparency, much wider knowledge.
HesterLeyNel
This is true. Children today don’t know how lucky they are to have all this knowledge to there disposal. They should spend less time texting and more time on research.
aj vosse
Jy sê dit so mooi!
Ek dink wel day party van daai ou waardes wat in ons kele afgeprop is gehelp het om ons deur die moelike dae te laat kom! 😉
Maar miekien is dit net ek wat so dink… 🙂
HesterLeyNel
Nee, jy is nie alleen daar nie. Ons het wel ‘n goeie waardestelsel aangeleer, maar ons is ook ‘n klomp strooi ingevoer. Die punt is dat ons nooit die vryheid van keuse gehad het wat ‘n groter kennisbasis sou verskaf het nie. Daar was baie dinge vir ons weggesteek.
aj vosse
😉 Too true! 🙂
Prakash Hegade
Social media brings the new kind of fears though.
Good read. As a kid, not missing a homework deadline was the only frighten I had. 😀
HesterLeyNel
You were lucky.