My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Delighted: feeling or showing great pleasure. I should have laughed more during my lifetime. I should have taken time off from the daily drudgery to chase after a little light-hearted relief, appreciating the small things that make life worth living.
When my son went through a very difficult period in his life, I introduced the “small things” concept into our lives. In an endeavor to curtail the need for instant gratification, the expectation of grandeur and the tendency to rush into detrimental situations, we turned to the simple life. On a daily basis, we tried to find pleasure in the first bloom of a new rose bush, the antics of a playful puppy, the beady eyes of a crab watching our every move, the occasional false note in a bird’s song.
Sometimes life has a way of pulling us down into a gloomy pit. Sometimes we have to make a conscious effort to pay attention to the small things and permit ourselves to be delighted. Sometimes we should not allow ourselves to be disturbed by other people’s opinions; we must laugh out loud in public and we must find delight in those things that are viewed as silly by others.
The role of social media: Social media is used by a weird mix of people who act as emotional uppers and downers in our lives. On the one hand, there are those that know how to milk a sob-story, the nit-pickers, the arguers and the holier-than-thou’s whom we must try to avoid at all costs. Then there are those who always put a delighted smile on our face with their jokes, conversation and companionship; they understand the concept of “the small things”. Today’s emoji: 😁
Afrikaans:
Verheug: ervaar of vertoon ‘n gevoel van groot vreugde. Ek moes meer gelag het gedurende my leeftyd. Ek moes tyd afgestaan het weg van die daaglikse sleur om die lughartige plesiertjies te geniet en die klein dingetjies te waardeer wat die lewe die moeite werd maak.
Toe my seun ‘n baie moeilike tydperk in sy lewe deurgemaak het, het ek die “klein dingetjies”-konsep in ons lewens ingevoer. In ‘n poging om die behoefte aan onmiddellike bevrediging, die verwagting van grootsheid en die neiging om in onstuimige situasies te beland, hok te slaan, het ons uitgereik na ‘n eenvoudiger lewenstyl. Op ‘n daaglikse basis het ons probeer om plesier te vind in die eerste blom van ‘n nuwe roosbos, die manewales van ‘n spelerige hondjie, die kraalogies van ‘n krap wat ons bewegings dophou of dalk ‘n vals noot in die voëlgesang.
Soms het die lewe ‘n manier om ons in te trek in ‘n dinker put. Soms moet ons ‘n bewustelike poging aanwend om aandag te skenk aan die klein dingetjies en onsself toe te laat om verheug te wees. Soms moet ons onsself nie steur aan ander mense se opinies nie; ons moet kliphard lag in die publiek en ons verheug in daardie dinge wat ander mense as verspot beskou.
Die rol van sosiale media: Sosiale media word gebruik deur ‘n vreemde mengsel van van mense wat ons emosioneel kan neerhaal of ophef. Aan die een kant is daar diegene wat weet hoe om ‘n huilstorie te melk, die vitteriges, die argumenteerders en diegene wat heiliger-as-jy is, wat ons ten alle koste moet probeer vermy. Dan is daar diegene wat altyd ‘n verheugde glimlag op ons gesigte plaas met hul grappies, gesprekke en kameraadskap; hulle verstaan die konsep van “die klein dingetjies”. Emoji vir vandag: 😁
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
Toortsie
Die Hester wat ek op blogs leer ken het, is een wat vreugde vind in klein dingetjies. Knap gedaan. Vandag gaan ek hierdie bloginskrywing gebruik as my rede tot dankbaarheid.
HesterLeyNel
Dankie en ek is geëerd as ek jou tot dankbaarheid inspireer.
seegogga
Pragtig Hester. Om te blig en te konsentreer op die positiewe het vir my gehelp.
HesterLeyNel
Om te blog is uitstekende terapie.
Kameel
Om die klein dingetjies in die lewe raak te sien en te geniet. Dankie!!! Sal vandag luister vir ‘n voëltjie wat vals sing 😊 In die groot drama van die lewe vergeet ‘n mens die lewe bestaan uit oomblikke.
HesterLeyNel
Dis reg Kameel. Ek sê altyd ‘n mens kan nie verwag om aanmekaar geluk te ondervind nie – jy moet die gelukkige oomblikke aanmekaar ryg soos ‘n string kraletjies voordat jy dit “geluk” kan noem.
Nilanjana Bose
Small things are enormous in my book. Love the day’s emoji!
HesterLeyNel
Thank you 😄
Anonymous
Ag dis nou so mooi geskryf, Hester. Jy inspireer my van die begin af om meer te fokus op die klein dingetjies, en jul lewe is ñ sprekende voorbeeld daarvan.
HesterLeyNel
Dankie Una, dis ‘n effektiewe coping mechanism wanneer die groot drake dreig om jou met vuur te spoeg.
Hier "blok" Ek!
lief lief lief en spesiaal vir jou in Afrikaans xx
HesterLeyNel
Dankie Elanè 😘
travel460
Die anonymous kommentaar is myne! Waar het ek nou weer heen verdwyn?
HesterLeyNel
Toemaar, ek herken jou skrywe onmiddellik selfs al meld jy jouself hier aan as “Someone” 😄
travel460
☺☺☺xx
Kameel
Jammer ek val met die deur in die huis maar dit maak my suutjies trap…. gaan jy my ook aan my skrywe herken? 😨
HesterLeyNel
O ja. Net soos wat jy ‘n skilder kan identifiseer deur op te let na die skildery se tema en die “brush strokes”, kan jy ook ‘n skrywer identifiseer deur op te let na tema, skryfwyse, taal, woordgebruik, ens. tensy die skrywer / skilder jou natuurlik met opset ‘n rat voor die oë draai. Wanneer ek jou en Toortsie se blogs lees, kyk ek nooit eers na die “author info” nie, maar ek weet onmiddellik wie geskryf het.
kethuprofumo
Epic post, dear Hester!!! !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
HesterLeyNel
Thank you, Maria 😘
A. Shepherdson
Hester, your four posts thus far reveal something very interesting! They prove wisdom comes with age.
A. Shepherdson
Err :/ not the remark to say to a lady, but lol you’ll understand.
HesterLeyNel
You mean the age thing? Nah, these days it’s no longer really an issue, is it?
A. Shepherdson
No 🙂
HesterLeyNel
Haha, not always Andrew, but thank you for thinking so 😄
Lisa
We should definitely laugh more!! I’m delighted to read your blog!
HesterLeyNel
Thank you Lisa, it was good of you to drop by. I’ll head over to your blog to see what you are up to.
perdebytjie
Hester, jy inspireer my geweldig! Ek wens ons kon persoonlike vriende gewees het.
HesterLeyNel
Dan sal jy my dalk as vreeslik vervelig ervaar 😄 Ek kuier mos nie langer as ‘n paar minute nie, dan wil ek weer ‘n ander koers inslaan of ‘n boek gaan lees.
perdebytjie
Hahaa…dan moet ek maar tevrede wees om jou blogvriendin te wees!
HesterLeyNel
Dalk verras ek jou nog eendag vir ‘n geselsie as ek weer ‘n draai by my broer gaan maak.
perdebytjie
Ons kan vinnig tee drink dan kan jy weer ‘n boek gaan lees!😄
HesterLeyNel
😄
Prakash Hegade
Delight is in celebration of every little thing. 🙂 🙂 This was a delightful read.. 🙂
HesterLeyNel
Thank you very much and a delightful day to you 😊
Prakash Hegade
Thank you and ditto.. 🙂
Donna B. McNicol [@dbmcnicol]
I tend to be too serious…thank goodness my husband knows how to make me laugh – a lot!! He is delightful.
Donna B McNicol, author & traveler
Romance & Mystery…writing my life
A-Z Flash Fiction Tales: http://dbmcnicol.blogspot.com
A-Z of Goldendoodles: http://ourprimeyears.blogspot.com
HesterLeyNel
Kudus to him.