My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Bored: feeling weary and impatient because one is unoccupied or lacks interest in one’s current activity. It is the first part of the definition that I have difficulty in understanding because I am able to be happily unoccupied without being bored.
“Unoccupied”, as perceived by my parents when I was growing up in the 60’s, had one meaning only: not being in the process of doing something worthwhile. “Worthwhile” activities were defined as doing my homework after school, being busy with my allocated chores, reading my Bible, being nice to relatives, neighbors and family friends, listening to a marathon religious sermon – all activities that held no interest for me.
This meant that all those activities that really interested me, like reading, chatting with my friends, sun-tanning at the pool, just staring into space letting my thoughts wander, were not worthwhile and had to be limited as far as possible. The result was that I spent my childhood in a perpetual state of boredom.
I’m catching up though! At the age of 66, I’ve finally earned the right to do nothing and not be bored.
The role of social media: I always smile when I read the allegations that people tend to present their lives as picture perfect on social media. Yes, well, would anybody be reading my blogs or visiting my Facebook page if I publish a daily selfie (me doing nothing, just vacantly staring into space)? Why would you want to know about my private feelings and affairs anyway? Go get a life and entertain yourself. Today’s emoji: ☹
Afrikaans:
Verveeld: moeg en ongeduldig omdat jy ledig is of geen belangstelling het in jou huidige aktiwiteit nie. Dit is die eerste deel van die definisie wat ek nie verstaan nie, want ek kan sonder enige probleme ledig wees sonder om verveeld te raak.
“Ledig”, soos waargeneem deur my ouers toe ek in die 60’s grootgeword het, het net een betekenis gehad: nie besig om iets van waarde te doen nie. Aktiwiteite met “waarde” is gedefinieer as om my huiswerk te doen na skool, besig te wees met my aangewese huistakies, om my Bybel te lees, om vriendelik te wees met familie, bure en familievriende, om te luister na ‘n marathon godsdienstige preek – alles aktiwiteite waarin ek geen belangstelling gehad het nie.
Dit het beteken dat al die aktiwiteite wat regtig my belangstelling geprikkel het, soos om te lees, met my vriende te gesels, ‘n sonbrand op te doen by die swembad, net die ruimte in te staar en my gedagtes te laat dwaal was nie van enige waarde nie en moes sover as moontlik beperk word. Die gevolg was dat ek my kinderjare deurgebring het in ‘n staat van ewigdurende verveling.
Ek is egter besig om in te haal! Op 66-jarige ouderdom het ek uiteindelik die reg verdien om niks te doen nie en nie verveeld te wees nie.
Die rol van sosiale media: Ek glimlag altyd wanneer ek die bewerings lees dat mense geneig is om hul lewens op sosiale media voor te stel as die perfekte prentjie. Ja, wel, sal enigiemand my blogs lees of my Facebook-bladsy besoek as ek elke dag ‘n selfie plaas (waar ek niks doen nie, net met ‘n vae uitdrukking op my gesig in die niet staar)? Hoekom wil jy in elk geval weet wat in my private lewe aangaan? Gaan aan met jou eie lewe en vind jou vermaak op ‘n ander plek. Emoji vir vandag: ☹
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
travel460
Ha! Met vandag se skrywe kan ek baie, baie goed identifiseer. Jou opsomming van jou grootword jare het my laat glimlag; dit was so tipies van die ouer mense se idee van kinders grootmaak. En jou staar net wanneer jy lus is, nou, vandag, dis kosbaar.
HesterLeyNel
Dankie Una 😄
scrapydo2.wordpress.com
Beslis hoe dit was. Ongelukkig moes alles in daglig gedoen word want ons het nie elektrsiteit gehad nie. Saans kon ons in die sitkamer saam met my ouers en n gaslamp sit en lees tot slaaptyd. Was nie baie lig nie en ons het vroeg gaan slaap omdat ons vroeg opgestaan het. Ons het darem ook lekker gespeel daar was nie tyd vir verveeld wees nie.
HesterLeyNel
Ek was ‘n laatlam en moes maar alleen aanpiekel wanneer my speelmaatjies nie beskikbaar was nie. Dan het ek meesal “met my neus in ‘n boek” gesit, soos my pa altyd gesê het.
scrapydo2.wordpress.com
Ha ha, kan dit nogal sien.
Kameel
Daar dog ek nog ek kan deur jou venster loer en sien wat gaan in jou privaat lewe aan… toe ruk jy die gordyn toe 😕 Gaan aan met jou eie lewe en vind jou vermaak op ‘n ander plek!!!!
Geniet jou niksdoen!!!
HesterLeyNel
Haha, sorry, maar ek ontbloot nie sommer my siel nie.
Kameel
Toemaar wat… kyk maar daar vir my ook oor die see uit. Vandag lus om daar op my seun hulle se stoep te sit en na die see te staar. Eienaardig… die enigste plek waar ek kan sit en staar en ok is daarmee. Mooi dag vir jou.
HesterLeyNel
Jy moes gister hier gewees het – lieflike weer gehad. Vandag waai die wind. Lekker dag vir jou.
coetzee2014
Ook grootgeword, met dieselfde siening van die ouers, maardaar was tog baie tyd vir speel en lees. Op ‘n plaas, in ‘n familie van 8 kinders en swart maats buite, was daar nie veel tyd vir verveeld wees nie. Nou geniet ek, die aftrede en kan soms doen wat ek wil.
HesterLeyNel
Dit klink na ‘n idilliese kinderlewe Danie.
coetzee2014
Ons was baie bevoorreg. Genoeg dissipline ook en nie tyd vir fiemies nie. Ek is ook baie dankbaar dat ons toegelaat is, om vir onsself te dink.
Nilanjana Bose
Thankfully I spent my entire childhood away from relatives – so had to be ‘nice’ to them only once in a year or two years 🙂 I read endlessly as a child – can’t remember much boredom. Great choice of B-word.
HesterLeyNel
My husband is of the opinion that relatives should be seen on photos only, haha. Thank you for dropping by.
travel460
Hester, ek sien dit nie by jou nie.
HesterLeyNel
Ok dankie Una, dit sal ‘n ramp wees, want ek is besig met hierdie maandlange challenge. Ek moet vir Abrie gaan waarsku op sy blog, want ek het nie sy telefoonnommer nie en hy sal seker binnekort die volgende Toweropstal-episode skryf.
sandyjwhite
Yes, as we grown older we finally can enjoy “being”
rather than constantly “doing”.
HesterLeyNel
True 😊
Prakash Hegade
Doing nothing and not bored is a beautiful state of mind. Well put. 🙂
True that, about social media relevance. 🙂
HesterLeyNel
Thank you Prakash
John Holton
We don’t do nothing often enough nowadays, I’m afraid…
What gets me are the people that have to post pictures of every meal to Facebook, Twitter and Instagram. Yes, very nice, now eat and shut up about it.
HesterLeyNel
Haha 😄 that is so true.
A. Shepherdson
Hester I’m never bored reading blogs on WordPress 🙂 .
HesterLeyNel
That is true, good company, good cheer and all that 😄
Donna B. McNicol [@dbmcnicol]
Ahhh, childhood and adult expectations – rarely do they meet.
Donna B McNicol, author & traveler
Romance & Mystery…writing my life
A-Z Flash Fiction Tales: http://dbmcnicol.blogspot.com
A-Z of Goldendoodles: http://ourprimeyears.blogspot.com
HesterLeyNel
So true, unfortunately.
#Queen
Duhh.. this is come emotion I can relate to at the end of every work day.
HesterLeyNel
Haha, only at the end of the day?