Die BookTalk verhale vorm deel van die Lê-Jou-Eier bloguitdagings waaraan ‘n klompie Afrikaanse bloggers deelneem. Boeke kan gratis afgelaai word in PDF, MOBI en EPUB formaat. Gebruik die DOWNLOAD COVER funksie om die boek se voorblad af te laai. Ander bloggers word uitgenooi om deel te neem of net saam te lees en te skaterlag vir die manewales van die deelnemers.
DIE VOORTVLUGTIGES (APR 2018)
Hierdie is die opvolg van die fiksie-verhaal Die Perfekte Misdaad, geskryf deur die Afrikaanse skrywers van Blogland.
Die misdadigers van Toweropstal beroof hierdie keer ‘n bank met behulp van drie spoke en die plaaslike polisiemag. Lees hoe die avontuur verloop soos beskryf deur die misdadigers self.
TAGGED: Misdaad, Crime, Fiksie, Fiction
DIE PERFEKTE MISDAAD (FEB 2018)
Die boeiende verhaal van ‘n misdaad beplan en uitgevoer deur Afrikaanse bloggers. Volg die loop van die verhaal soos beskryf deur die misdadigers self.
Die verhaal speel af op die plaas Toweropstal in die Oos-Kaap. Die misdadigers was amateurs wat toevallig verneem het van ‘n geleentheid om vinnig ryk te word.
TAGGED: Misdaad, Crime, Fiksie, Fiction
lekkervurig
Fantastiese avontuur met mede- towerinne en ‘n trio karnallies. ‘n Eerste van vele hoop ek.
HesterLeyNel
Almal misdadig?
lekkervurig
Ek sê niks daaroor nie….🤐
scrapydo2.wordpress.com
UItstekend, Baie dankie vir die uitdaging en ook die inmekaar sit van die boek. Dis heerlik gewees om alles te lees.
HesterLeyNel
Dankie dat jy deelgeneem het. Ons maak weer so.
Toortsie
Ons het elke oomblik by Toweropstal geniet.
HesterLeyNel
Ja, die spinasietert het seker ‘n groot aandeel gehad in die genot 😜
Toortsie
Wat ek wel nou, na baie analise, met vertroue kan sê: Die bloggers is nie misdadigers nie, partytjiemakers is hul wel. 😁
HesterLeyNel
Dis waar 😄
Kameel
Dit was ‘n heerlike uitdaging wat my met tye laat skaterlag het. Ek het die storielyn so geniet, en ons as bloggers glo ek het mekaar beter leer ken. Lank lewe Toweropstal!!!
HesterLeyNel
Dis groot sports om dit so alles in een slag te lees, want dan volg jy die draad van die storie baie maklik.
lekkervurig
Ag ek kan my nie indink aan ‘n dag sonder die Towerinne en Hester en Abrie se kaperjolle nie. Dis onlekker. Daar is soveel storielyne, on kan ons eie lewenslange sepie skryf. Dit was ‘n fees en groot voorreg om saam met julle oulike en ondeunde bloggers op ons voortvlugtige verbeeldingryke avontuur te gaan….Hester ons wag.
aj vosse
Nellie, oo Nellie… waar kry jy weg??
Daai vrou koggel gereeld met my kop… ek moet haar storie uit kry… voor sy my mal maak!!
😉
HesterLeyNel
Sy sal uitklim op haar eie tyd. Jy het mos ‘n goeie begin gemaak in die eerste hoofstukke.
aj vosse
Dankie… ja, en die storie bly draai… baie pret en so ‘n bietjie skrike en miskien skop, skiet en donner ook… en “reconciliation…”
Wie weet… 🙂