My vreugdes en frustrasies

BookTalk

Old books

E-boeke en ander bloguitdagings

Die e-boeke wat geadverteer word op hierdie bladsy het ontstaan uit die Lê-Jou-Eier bloguitdagings waaraan ‘n klompie Afrikaanse bloggers vanaf Aug 2017 tot Julie 2020 deelgeneem het. Sommige van hierdie bloguitdagings is aangebied in die vorm van ‘n kollektiewe skrywe van vervolgverhale, waarvan hierdie twee boeke ‘n voorbeeld is.

Dieselfde bloggers het nog meer vervolgverhale geskryf wat nie in boekvorm aangepas is nie, maar die individuele blogskakels is gegroepeer op die InLinkz platform, wat beteken dat die blogs in volgorde van die verloop van die verhaal gelees kan word.

Die Lê-Jou-Eier bloguitdagings is permanent gestaak in Julie 2020, maar die boeke is steeds beskikbaar en kan hier onder gratis afgelaai word in PDF, MOBI en EPUB formaat. Gebruik die DOWNLOAD COVER funksie om die boek se voorblad af te laai. Die InLinkz-skakels vir hierdie verhale en alle ander individuele onderwerpe vir Lê-Jou-Eier bloguitdagings wat tussen 2017 en 2020 aangebied is, kan nog steeds deur die InLinkz platform gratis gelees word. Vir bloggers en hulle lesers se gerief, is al hierdie onderwerpe en skakels na InLinkz saamgevat in my blog Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel?

InLinkz

InLinkz is die platform wat ons gebruik om die skakels na individuele blogs van ‘n groep bloggers in dieselfde lokaal te publiseer. Die resultaat is ‘n visuele webbladsy wat herinner aan Pinterest, waar elke individuele blog se skakel vir die besondere onderwerp onder bespreking gepubliseer word. Volg die skakels om die oorspronklike blogpos in die betrokke blogger se blogtuiste te lees.


 BOEK 2:

DIE VOORTVLUGTIGES (APR 2018)

Die misdadigers van Toweropstal beroof hierdie keer ‘n bank met behulp van drie spoke en die plaaslike polisiemag. Lees hoe die avontuur verloop soos beskryf deur die misdadigers self.

Hierdie is die opvolg van die fiksie-verhaal Die Perfekte Misdaad, geskryf deur die Afrikaanse skrywers van Blogland.

TAGGED: Misdaad, Crime, Fiksie, Fiction


BOEK 1:

DIE PERFEKTE MISDAAD (FEB 2018)

Die boeiende verhaal van ‘n misdaad beplan en uitgevoer deur Afrikaanse bloggers. Volg die loop van die verhaal soos beskryf deur die misdadigers self.

Die verhaal speel af op die plaas Toweropstal in die Oos-Kaap. Die misdadigers was amateurs wat toevallig verneem het van ‘n geleentheid om vinnig ryk te word. 

TAGGED: Misdaad, Crime, Fiksie, Fiction


WRITING TIPS

ALT CODES


Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

15 Comments

  1. Fantastiese avontuur met mede- towerinne en ‘n trio karnallies. ‘n Eerste van vele hoop ek.

  2. UItstekend, Baie dankie vir die uitdaging en ook die inmekaar sit van die boek. Dis heerlik gewees om alles te lees.

  3. Ons het elke oomblik by Toweropstal geniet.

  4. Dit was ‘n heerlike uitdaging wat my met tye laat skaterlag het. Ek het die storielyn so geniet, en ons as bloggers glo ek het mekaar beter leer ken. Lank lewe Toweropstal!!!

  5. Ag ek kan my nie indink aan ‘n dag sonder die Towerinne en Hester en Abrie se kaperjolle nie. Dis onlekker. Daar is soveel storielyne, on kan ons eie lewenslange sepie skryf. Dit was ‘n fees en groot voorreg om saam met julle oulike en ondeunde bloggers op ons voortvlugtige verbeeldingryke avontuur te gaan….Hester ons wag.

  6. Nellie, oo Nellie… waar kry jy weg??
    Daai vrou koggel gereeld met my kop… ek moet haar storie uit kry… voor sy my mal maak!!
    😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Sy sal uitklim op haar eie tyd. Jy het mos ‘n goeie begin gemaak in die eerste hoofstukke.

      • Dankie… ja, en die storie bly draai… baie pret en so ‘n bietjie skrike en miskien skop, skiet en donner ook… en “reconciliation…”
        Wie weet… 🙂

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.