My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier oor die Towerinne en Coronamouna

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Jip, dis tyd vir ‘n nuwe bloguitdaging om die Towerinne se lewenslus te vier en die negatiewe gedagtes in hierdie tyd van die Virus en die lockdown, die hok te slaan. Nie dat die Towerinne ooit juis negatief raak nie – hulle raak net effens moerig en dan borrel die natuurlike onnutsigheid weer uit.

Seegogga het gewaar dat iets nie heeltemal pluis is in Rebusfontein nie. Ek hoop tog Lorenzo en die diere is veilig 🤔 Sy gaan ons vertel wat verkeerd is en die Towerinne opkommandeer om na Rebusfontein toe te vertrek om sake reg te stel, indien nodig. Towerinne, pak die nodige etes en drinkes, pluk julle moedigheid bymekaar en wees gereed om te vertrek. Seegogga gaan ons nuwe vervolgverhaal afskop met Hoofstuk 1. Daarna sal elke Towerin ‘n beurt kry om hulle wedervaringe vas te lê en die verloop van die verhaal te laat vlot. Of te bemoeilik. Dis gewoonlik laasgenoemde, is dit nie? Julle weet mos.

Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm by hierdie skakel https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9. Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skrywe. Seegogga, ek het sommer namens jou ingeskryf sodat jou naam heel bo-aan kan wees.

NOU WAARVOOR WAG JY???? Skryf in!!! Gaan pak jou goed – ons is op pad Rebusfontein toe. Moenie net daar in die middel van die pad bly staan nie (en vermy pladblokkades asseblief – ons soek nie moeilikheid met die owerhede nie).

NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Laat die pret begin!

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

13 Comments

  1. As ek op die link kliek, sê die boodskap ek het nie toegang nie? Het die virus nouweer my brein opgevreet!

  2. Hoera, hier gaat ons! 🙂

  3. Ok julle. Voor die naweek om is, ry ek Rhebus toe, lockdown of te not! Ek sal julle laat weet hoe dit daar gaan

  4. Laat waai Meraai in die Baai. Noudat ek met regte pensioen is gaan dinge weer begin gebeur.

  5. Hester, help asseblief! Het gedink dat ek nie eergister kon registreer nie, toe probeer ek weer vandag. Nou is ek TWEE KEER ingeskryf – en ek wil regtig nie so oorywerig wees nie! Kan jy my tweede inskrywing op die vorm uitvee, ‘seblief?