My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Die Valentyn wat ek liefs wil vergeet

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Hierdie week se bloguitdaging handel oor daardie Valentyn of Valentynsdag wat jou nog steeds laat bloos van verleentheid.

Jip, Valentynsdag het aangebreek, of is dalk so pas verby (ek kan nie altyd byhou nie) en volgens tradisie moet / moes almal kaartjies stuur, mooi briefies skryf, geskenkies koop, met die liefde in hulle lewens spog – veral in sosiale media – en almal moet bak in daardie warm gevoel van die liefde wat jou hartsnare laat tril.

Maar ek en jy weet dat daar in elkeen se verlede ten minste een, soms meer, Valentyn(s) is wat liefs in die vergetelheid moet bly weens die feit dat jy vandag nog verleë bloos oor daardie liefde. Dink aan die Valentyn wat jy aanbid het hoewel jy goed geweet het dis ‘n slegte idee, die een wat julle allerbelangrikste Valentynsafspraak vergeet het, die een vir wie jy sorgsaam ‘n kaartjie en geskenkie gekoop het en wat toe jou beste vriendin uitgevra het, die een wie se uitnodiging jy van die hand gewys het – iets wat jy nog steeds bitterlik berou.

Hier in blogland gaan ons hulle van die rak af haal, afstof en ALLES oorvertel.

En as jy nie sulke stelle afgetrap het nie (ja, ek glo jou 🙄 ), suig ‘n storie uit jou duim.

Ek het op hierdie idee afgekom toe ek vanoggend hierdie blog van Blogger uit Amsterdam-ZuidOost gelees het. Ek herinner alle deelnemers dat julle gerus idees vir ons weeklikse bloguitdagings kan aanstuur en / of as gasbloggers kan optree.


InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816460


Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

7 Comments

  1. Ai toggie ek was nooit n gewilde een nie. Ons het ook nie Valentyn gehad in my jongtyd nie. Sal hopelik n ietsie uit my duim suig as dit is!

  2. As ek nou Camilla in die regte lewe was het ek seker stories gehad om te vertel. Ek het geen romantiese man nie….wonder of ek ooit ‘n kaartjie of blomme gekry het. Hoekom voel ek nou so jammer vir myself 😍