Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

As jy hierdie somer by die see is, moet jy swem

Net sò, sonder enige waarskuwing, het die winter verbygegaan op hierdie krismisdag en die somer het toegeslaan. Met mening. Boxing day was een van daardie dae wat die mistigheid die hele dag oor die see gelê het. Die son het so nou en dan uitgeloer om die strandgangers te piets en die temperature op te stoot. Die hitte het by tye gewurg.

Ek het saam met my spruite rondgehang op soek na vis wat gevang wil word, in die hoop dat ek dalk die koel lafenis van die water kon opsoek. Die strande en getypoele het krioel van mense en my kinders was bang dat ‘n sekere ou vrou tussen die menigte sou verdwyn en dalk meegesleur sou word in die rigting van China – of watter land ookal aan die anderkant van die aardbol lê.

Namiddag se kant toe het ons by Umzumbestrand beland. Die gety was laag en die nood was hoog. Ek het soos ‘n bergbok oor die klippe agter die vissers aan geklouter en daar van die visvangpieke af die strand beskou. Vol mense. Tjok en blok. Hoe nou gemaak?

Dis net daar waar ek besluit het om ‘n plan te maak en ek het vir my ‘n ordentlike waterpoel uitgesoek. O die saligheid van die koel water oor my kokende vel. My eie swembadjie, net daar waar die gety my nie kon beetkry nie. Perfek!

Follow Dis Ekke

14 Comments

  1. Ag tog Hester, en nou is ek en my groep van 14 ook nog hier! Net bly jy kon jou eie poeletjie vind. My brein is heeltemal afgeskakel, ek dink net heerlike vlak gedagtes en my grootste uitdaging is wat om die aand te braai. O, en ons moet ons eie chalets skoonmaak, so ek eksperimenteer met skoonmaak middels. Hoe eenvoudig kan jou lewe ook nou raak.😂

    • HesterLeyNel

      Dis mos nou pure saligheid. Eintlik is dit lekker om die klomp vakansiegangers hier te sien. Ons maak baie nuwe vriende hier op die strand.

  2. Wat een lust.
    Hier is het weer ook extreem zacht.
    Klimaatverandering voor de een, een verademing voor de ander.

    Vredelievende groet,

  3. Dit lyk perfek.

    • HesterLeyNel

      Die weer draai net so vinnig weer om ook, Anne. Ons het so pas ‘n donderstorm beleef en nou is dit sommer weer koud buite. Dis regtig eienaardig.

  4. Klink vir my so bekend. Hierdie Stilbaai het van die 6,000 permanente inwoners, volgens die ingeligtes se mening, gegroei na ‘n nagenoeg 60,000. Hier is nêrens ‘n parkeerplek nie. Maar ons geniet die vakansiegangers.

    • HesterLeyNel

      Liewe aarde. Hoe hanteer julle munisipale infrastruktuur dit? Ek neem aan daar is deur die jare reeds voorsiening gemaak vir so ‘n inval van vakansiegangers.

  5. Wat een perfect plekje heb je daar gevonden, Hester! Heerlijk!

  6. Spreekwoord sê mos: niks so veranderlik soos die weer nie. Dan is daar nog baie ekstra besoekers ook nog. Goed jy het darem n poeletjie gekry vir n bietjie afkoel.

    • HesterLeyNel

      Ja, en na gisteraand se donderstorm is dit weer koud vanoggend. Sowaar, ek moet die weerburo ‘n bietjie voor stok kry oor die swak beplanning! hahaha.

  7. Ek bly doodstil! <3

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: