Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Blog Tip

Blog Tip: Hou jou spamboks silwerskoon en kiemvry

Image obtained from Pixabay

Dis altyd ‘n goeie idee om die kommentaar seksie en spamboks op jou blog gereeld te besoek en op te ruim. Nie net gaan jy blitsvinnig agterkom wanneer daar trolle op jou spoor is nie, maar soms sal jy ook kommentaar of skakels daar vind wat jou blogmaats op jou blog geplaas het, maar wat voorgekeer is deur Akismet (die sagteware wat alle komentaar op WordPress blogs filter en die “spam” wegkeer).

Daar is verskeie redes waarom Akismet soms geldige kommentaar en skakels voorkeer en as as jy dit nie raaksien en goedkeur nie, mag jou vriende dalk wonder hoekom jy nie met hulle wil praat nie.

Om by jou kommentaar seksie uit te kom

NB! My blog se aanwysings is in Engels, maar volg net die nommers om jou weg te vind.

Kom ons kyk wat beskikbaar is:

  1. Gaan na die My Sites / Reader (Afrikaans My Webwerwe / Leser) bladsy van jou blog
  2. In die linkerkantse kolom, rol af tot by Comments en klik daarop.
  3. Die inligting in verband met alle kommentaar op jou blog sal in die groot kolom verskyn wanneer jy die bladsy oopmaak – (die eerste opsie All is die default)
  4. Maak seker dat die kommentaar so gerangskik word dat die nuutste opmerkings bo-aan die lys verskyn, deur op Newest te klik, anders gaan jy ver moet afrol om die nuutste kommentaar te sien.
  5. As jy op op User Info langs ‘n kommentaar klik, sal jy inligting kry oor die persoon wat kommentaar gelewer het: sy user name, e-pos adres, skakel na sy blog en sy unieke-IP adres. Nie net weet jy nou amper alles van die outjie wat hier kommentaar gelewer het nie, maar jy kan hom sommer net hier verban van jou blog af deur op Block User te druk as hy jou vies maak.

    NB! Onthou, jou eie kommentaar verskyn ook hier. Ek weet nie of dit moontlik is om dit te doen nie (ek werk op die WordPress.Org platform wat ‘n bietjie anders lyk), maar moet tog asseblief nie jouself van jou eie webtuiste af verban nie. Dit kan dalk ‘n merske probleem veroorsaak.

  6. Die kommentaar wat hier lê, is klaar goedgekeur (Akismet of deur jouself). Jy kan nog steeds hierdie kommentaar tot “spam” verklaar of in die trash can gooi (in welke geval die kommentaar sal oorskuif na die “spam” of die “trash* kolom – sien no.3 hierbo). Verder kan jy die kommentaar Like, Edit of daarop Reply (hierdie funksies doen jy gewoonlik sommer onder jou kennisgewings [die klokkie]. As dit nodig is om die kommentaar te edit, bv. jou eie kommentaar op jou blog waar jy typos wil regmaak of iemand anders se kommentaar waar jy ‘n lelike woord wil verwyder, klik dan op Edit en doen dit op die volgende bladsy wat oopmaak en onthou om te “save”.

Kyk in jou Pending boks

  1. – My Sites / Reader
  2. – Comments
  3. Klik op die Pending kolom
  4. Hierdie kommentaar wag vir aksie (sien nommer 5).
  5. Hier kan jy die transaksie goedkeur, in welke geval dit in beide die All en in die Approved bokse sal opduik), of jy kan dit merk as Spam / Trash. Jy kan dit ook Like en daarop Reply of die kommentaar Edit soos beskryf in “Om by jou kommentaar seksie uit te kom – punt 6” hierbo.

Let wel, in hierdie geval was Akismet nie seker of hierdie dalk Spam is en of jy die persone toelaat om by jou kommentaar te lewer nie. Gewone kommentaar van blogvriende beland ook soms per ongeluk in die Pending boks. Jy kan sien in hierdie Pending boks lê twee skakels (pingbacks) wat dalk van blogvriende af kon gekom het, maar dit kan ook trolle wees wat probeer om ‘n skakel op jou webtuiste te plaas om bloggers mee te lok na hulle webtuistes toe. Maak baie seker met wie jy te doen het voordat jy aksie neem.

Loer in jou Spam boks

Alle komentaar wat jy gemerk het as “spam”, sal in hierdie boks kom lê. Akismet gooi ook soms kommentaar direk in hierdie boks, hoewel hulle nie heeltemal seker is of dit wel spam is nie; hulle wag vir jou om aksie te neem. Die twee kommentare wat jy hier sien, is definitief spam – hulle is maklik uitkenbaar omdat hulle gewoonlik ‘n naam het wat nie sin maak nie (wie noem homself rollex11 login?), die kommentaar wat gelewer is maak ook geen sin nie en daar is ‘n ekstra skakel na ‘n vreemde webtuiste ingevoeg in die kommentaar. Hier kan jy net een van twee aksies neem: keur dit goed of delete dit permanent.

NB! Moet onder geen omstandighede klik op ‘n skakel wat vir jou verdag lyk nie; die trolle wag daarvoor dat jy in hulle strik trap en na hulle pornografiese webtuistes kom kyk.

Kyk na die kommentare in jou Trash Bin

Hier kan jy een van drie aksies uitvoer – keur goed, delete op ‘n permanente basis of verklaar die kommentaar as spam. Alles wat as spam gemerk word, word deur Akismet in hulle datatafels opgeneem om beter beheer uit te oefen oor trolle, dus help jy die WordPress gmeenskap om hierdie trolle te identifiseer wanneer jy hulle merk as spam. Let net op dat die kommentaar weer in jou spam boks sal gegooi word en jy sal moet teruggaan daarheen om die finale aksie te neem.

Gaan haal my nou uit jou spam boks asseblief!

Follow Dis Ekke

7 Comments

  1. Baie dankie hiervoor.

  2. Dankie, Hester! Jou waarskuwing in vetdruk onder punt 5 het my hardop laat lag – dis die soort ding wat ek sou kon aanvang

    • HesterLeyNel

      Jy is nie die enigste een nie Frannie. Ek het gisteraand my eie facebook gedeaktiveer toe ek ‘n ou bladsy wou toemaak. My hart het stilgestaan totdat ek onthou het hoe om weer aan te teken.

      • 😀 Dis ‘n dapper erkenning – maar toemaar, ek beskou jou nog steeds as ‘n kundige mentor!

        • HesterLeyNel

          Ek is diep gevlei, dankie 🙂

  3. Sulke nodige advies!
    Dankie…

    • HesterLeyNel

      Dankie vir jou dankie. Ek is bly as my tips iemand help.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: