My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Die geheim van die rivier – daar is nie iets soos tyd nie

Skemeraand visvangs in die rivier


Have you also learned that secret from the river; that there is no such thing as time? That the river is everywhere at the same time, at the source and at the mouth, at the waterfall, at the ferry, at the current, in the ocean and in the mountains, everywhere and that the present only exists for it, not the shadow of the past nor the shadow of the future. 

HERMANN HESSE, SIDDHARTHA

Hierdie aanhaling is die onverbloemde waarheid. Tyd het geen betekenis vir die water in die rivier nie en waar daar water is, vergeet ek ook van tyd, van wat was en wat moontlik gaan wees. Die huidige is al wat saak maak. Water bring kalmte en my gemoed raak so vloeibaar soos die loop van die rivier en die beweging van die golwe waar rivier en oseaan mekaar ontmoet.

Ons woon in ‘n kompleks op die wal van die Mhlangamkulurivier en hierdie fotos is geneem toe my dogter teen skemeraand besluit het om ‘n lyn in die water te gooi. Hier is blykbaar babers, geelvis en tilapia. Tot dusver het die visvangsessies niks opgelewer behalwe moddervoete nie, maar dis ook nie belangrik nie. Ons geniet die (enkele) windstil dae wat hierdie tyd van die jaar voorkom.

Ons sien wel voëllewe: wolnek-ooievaars, kolganse en reiers. Ons het verneem dat daar otters in die water hou, maar het hulle nog nooit gesien nie.

Hierdie “rivier” (eintlik meer ‘n stroom) het sy oorspring net daar skuins onder die N2 Suidkuspad tussen bome, klippe, en bossies en loop soos die kraai vlieg, nie meer as 2,5km verder nie, tot waar dit uitmond in die Indiese Oseaan. As jy saam met die kronkels en draaie van die stroom loop, sal dit natuurlik ‘n bietjie verder wees. Die naam, Mhlangamkulu, beteken egter Eerste Minister (of dalk hoofman?) in Zulu en die waters gedra hulle op ‘n statige, waardige manier.

Die stroom kry sy loop tussen die woonbuurte van ons kusdorpie, waar die huise plek-plek sigbaar is tussen die ruie plantegroei op die walle. Ons woon sowat 1,5km van die strand af teen die rivier op, net die regte afstand om tone te klap strand toe.

Onder by die strand, reg onder die treinbrug, is die blinde riviermonding wat selde oopmaak om in die see uit te vloei. Dit het wel verlede jaar in Augustus gebeur, maar meesal syfer die water net deur die sandduine tot in die see.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

29 Comments

  1. Die kalmte van water is so lekker – en is goed vir ons!

  2. woordnoot

    Is dit hoe die hemel lyk? Is dit hoe die hemel proe?

  3. I’m enjoying the photos Hester 🙂 The estuary third from bottom is so England!

  4. Sjoe dis mooi daar,Hester!

  5. Die foto’s weerspieel die toppunt vsn rustigheid.lucky you!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dit is vreeslik rustig en stil Seegogga. Net wat oumense nodig het vir die swak senuwees. Dis meesal afgetredenes wat hier rond woon.

  6. Krokodille, Hester? Kom hulle soms daar voor? Ek kan ook verstaan waarom julle juis soontoe getrek het, dis ń pragtige omgewing.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nie in hierdie stroom nie, hoewel daar al sprake was van kroks in van die groter riviere. (Hier woon ons mos tussen riviere, nie tussen stasies nie). Hierdie riviertjie vertak nie en kom nie in aanraking met ander riviere nie. Ons het wel likkewane en hulle word redelik groot.

  7. Mooie foto’s!

    Zonnige groet,

  8. Did pragtig en rustig daar by jou

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dit is ja. Nadat ons weg is uit Gauteng het ek die bos en die afgeleë gebiede opgesoek. Ek was so moeg vir mense en die rat race. Ek geniet nog elke dag die stilte en die ruimte.

  9. Pragtige foto’s.

  10. Water is wonderlik en leer ons om geluk en tevredenheid in die hier en die nou te vind.

  11. Jy is voorwaar ń bevoorregte vrou om in so ń wonder mooi omgewing te bly. Geniet dit. Ek voel ook soos jy, water doen dit vir my.

  12. Welgeluksalig is die woord waarna ek nou gesoek het.

  13. Rus vir die siel ♥