My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

#Tuindag 2018 is gister gevier in Suid Afrika

Woolly-necked stork

Ons tuin is so groot soos ‘n halwe posseël, maar dit verhoed ons nie om ook #Tuindag te vier nie; ons hét immers so twee vierkante meter waarbinne ons mag tuinmaak.

Ek het al in ‘n vorige blog geskryf oor ons balkontuin en die “oulike” stoutgat apies wat so graag saam met ons uit die tuin eet. Gelukkig woon ons deesdae nader aan die winkel en kan groente maklik bekom, maar ek hou nog steeds daarvan om my slaaiblare byderhand te hê. Die ding is, ons het ook nog steeds die apies wat ons dwing om al ons blaarplantjies is ‘n sogenaamde “aapkas” te plant.

Die een in die fotos hieronder het Karen hier by ons agterdeur aanmekaargeslaan met oorskiethout wat ‘n gawe buurman afgestaan het, en ogiesdraad. Nee, ons hou nie die ape op hok nie, ons hou hulle weg van die blare af. Wanneer sy die blare wil natlei of pluk vir slaai, dop sy net die aaphok om, en siedaar! Sy het ‘n verskeidenheid van blare tot haar beskikking: botter-slaaiblare, rocket, mostertblare, pietersielie, basieliekruid, baba-spinasie, garlic chives, spring onions, seldery, pepermentblaar en dhanya.

Daar is ook tamaties geplant, maar hulle dra nog nie. Dis gelukkig nie ‘n probleem nie, want daar onder by die treinspoor groei ‘n hele plantasie van daardie klein cocktail tomatoes, bloedrooi en suikersoet, op ‘n stuk niemandsland. Ons pluk so elke tweede dag ‘n handvol vir ons slaai.

In potte net langs die blaartuin het Jac chillies gesaai, en daar staan ook ‘n kerrieboompie (vir die kerriebekke se breyani en ander kerriekosse), asook ‘n bak vol knoffel met ‘n paprikaboompie as metgestel. Die ape hou nie van hierdie dieet nie, dus is hierdie plante veilig. Dis ook die plek waar Karen haar eie kompos maak in twee 25 liter Bokashidromme. Al die kosafval uit die kombuis word hierin geberg en behandel met Earth Probiotic Bokashi totdat dit afgebreek is tot ryk, lewegewende kompos waarin ons blare floreer.

Ons het ook ‘n klein tuintjie by die voordeur wat eintlik deel is van die sekuiriteits-kompleks se gemeenskaplike gronde, maar daar was ‘n paar kaal kolle wat ek summier opgevul het met roosmaryn, oreganum, platblaarpietersielie en nog knoffel. Die ape steur hulle ook nie daaraan nie.

Die ou geveerde wat daar by die ingang na die trappies by die voordeur staan, is ‘n vleisvreter wat geen moeite doen om sy eie wurms of ander vleisies in die tuin te soek nie. Ons voer hom broodjies met Bovril op en enige los vleisies van die tafel af. Solank hy nie op my blare trap nie, leef ons in vrede saam in die tuin.

Ek hoop almal het ‘n heerlike #Tuindag beleef.

O, jy wil seker weet hòe ek #Tuindag gevier het? Wel, dit was ‘n uiters koue dag, dus het ons van die die blare ingebring kombuis toe en ‘n smaaklike dis geëet 😜

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

38 Comments

  1. Ek is mal oor julle tuintjie Hester.

    Ons het verlede naweek twee ERGE haelstorms gehad binne ‘n kwessie van 12 uur. My hart is stukkend. My groentetuin is gelyk met die aarde. Om nie eers van die res van my tuin te praat nie. 🙁

  2. Grasgroen vingers, dit het jy en Karen! Julle goed groei pragtig, Hester.

  3. Dis nou oulik…daardie aaphok is baie professioneel aanmekaar geslaan.

  4. Netjies hoor!

  5. Tell me 🙂 has that bird been eating your garden greenery?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      No, that bird (a woolly-necked stork), is a meat eater, bit it did learn not to step on the greenery 😄 It uses the stepping stones to get to the front door steps and then awaits its meal. We feed it pieces of bread dipped in a meat extract and small slices of meat. Clever, isn’t it?

      • 😀 Your picture Afrikaans posts fascinate me! I lol try to guess what’s going on lol but it’s all good I follow quite a few photo blogs……… and YES very clever. Wild animals catch on, a family of 3 Hedgehogs wait outside my mother’s back door bang on 8pm every night because they know she’ll feed them dried mealworms………. 🙂 Mum enjoys the routine!

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Yes, I remember you told us about them in a previous blog. We live in a security complex where the houses have very small gardens and no fences, right next to a river, about 1½km for the beach. We all share open lawns and and trees (the “common grounds”). This permits the wild geese, storks and other bird life – and maybe an otter or two – from the river and the ocean to enter the premises at free will. We are not really permitted to feed them, but what the hell. The photos I showed are of my kitchen garden – I love my daily salads fresh and easily available.

        • My mum would love your garden………………. and carry on feeding the wildlife I do!

  6. Dit is vreeslik oulik Hester! Dit lyk sommer lekker.

  7. Wat ‘n wonderlike tuin!

  8. Lank lank gelede toe ek nog jonk en mooi was het ek ook groentetuin gemaak. Nou is al die fluks weg en ek lees net hoe fluks ander is. Ek hou van jou eetbare tuintjie en die hok ‘n baie goeie idee. Jou dogter is omtrent handig.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ja, sy is handig Kameel. Ons het in Gauteng ‘n massiewe groentetuin gehad, maar spasie is nou ‘n probleem. Uit haar tuintjie kan ons darem elke dag kraakvars slaaie eet.

  9. Wonderful plants, dear Hester! Do all of them grow in your own garden?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Yes Maria, this is our small kitchen garden which provides the fresh ingredients for our salads every day. Summer is (sort of) here and in the warmer seasons we like to eat a light salad for lunch.

  10. Wesenlik beindruk, gister se tuindag was dalk eet ‘n blaar uit tuin-dag maar daar is duidellik dikwels in die verlede getuindag

  11. woordnoot

    Eenkeer lank lank gelede het ek die stadsraad se tuin van die jaar kompetisie gewen….ek was verslaaf aan tuinwerk. Nou? Praat nie daaroor nie….julle tuin is lieflik!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis wonderlik, dan moes jou tuin baie mooi gewees het. Ons het in Gauteng ‘n yslike tuin gehad wat ons baie vreugde verskaf het, maar wanneer die jare opstapel, het jy nie meer lus vir al die moeite nie. Deesdae kies ons ons woonplekke baie versigtig sodat ons nie veel tuinwerk hoef te doen nie.

      • woordnoot

        Toe ek nou die dag my storie geskryf het oor Ludwigs se roosplaas het ek teruggedink aan daai een dag toe ons net 5 rose wou gaan koop. Het jy al gesien hoe lyk ‘n BMW met 31 roosbome in? Op die ou end was daar in die 80 rose in my tuin…my pride en joy. Maar dit was maaaannnnyyyy moons ago, in ‘n ander lewe

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          31! Wow, ek kan my dit nie voorstel nie. Ek is ook baie lief vir rose en ons het heelwat gehad. Ek het so terugverlang vanoggend toe my seun my laat weet dat sy heel eerste roos wat hy gekoop het vir sy meenthuis, gister oopgemaak het.

  12. ek was sleg en het dit nie gevier nie – ek het wel Saterdag ‘n mooi boom (inheems) geplant vir die ander bome wat danksy my buurman se “afkaplus” in die slag moes bly. Die nuwe boom is in my erf dus sal niemand naby dit kan kom nie.

  13. Ek en my man is besig om vir ons twee hase seuns a playpen te bou, lyk my ons moes Karen nader gehark het. Julle tuintjie is pragtig. Kan sien daar is baie liefde ingesit.