Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Blog Tip

Blog Tip: Die e-pos boodskappe maak my gek

E-mail messages - Pixabay free image download

Wil jy huil elke keer as daardie pieng deurkom op jou selfoon of as jy die inboks oopmaak en die e-pos boodskappe peul uit? Dit kan te danke wees aan die Bloglanders (veral die Towerinne) wat kekkel en raas oor hulle virtuele toere en meegaande wangedrag. Die kommentaar en die likes skommel rond soos ‘n bussie op ‘n sinkplaatpad en ons geniet die geselskap, maar sommige van ons sukkel om by te hou.

Jy kan die stroom van kommentaar en likes in jou e-pos inboks stuit en ek gaan jou vertel hoe (as jy nie reeds weet nie), maar onthou net:

Jou WordPress blog is opgestel sodat jy op alle kommentaar kan antwoord direk van jou e-pos inboks af; dit kan gerieflik wees wanneer jy reis. Die meeste van ons verkies om ons kommentaar en likes aanlyn op die blog self te hanteer. Maak seker of jy die e-pos opsie dalk wil behou voordat jy die stappe hieronder volg om dit af te skakel.

(My blog se admin-taal is Engels, maar ek is seker die prentjies hieronder sal jou reg lei – volg net die nommers)

Kommentaar deur ander persone op jou blog

  1. Gaan na die My Sites/Reader (My Webwerwe/Leser) bladsy
  2. Rol af na Settings toe
  3. Klik op Discussion en rol af tot by die E-Mail me whenever opsies
  4. Lees die opsies en besluit watter jy wil gebruik. NB! Klik op die toggle-knoppie om aan of af te skakel. Die opsie is afgeskakel wanneer dit grys is.

Kommentaar wat jy lewer op ander blogs

Jy kan ook die e-posse afskakel wat jy kry wanneer jy op iemand anders se blogpos kommentaar gelewer of ‘n like opgesit het. Jy sal in kennis gestel word wanneer die blog-eienaar of ‘n derde persoon op jou kommentaar gereageer het deur dit te like of ‘n antwoord daarop te plaas.

Hierdie kennisgewings ontvang jy op drie maniere: (1) as ‘n notification (onder die klokkie op jou Site/Reader bladsy) en/of ‘n e-pos en/of ‘n notification op die skerm van jou device.

  1. Gaan na die My Sites/Reader (My Webwerwe/Leser) bladsy
  2. Klik op jou profielfoto regs bo in die hoek
  3. Rol af na Notification Settings toe
  4. Klik op Comments om die Comments on other sites verstellings te sien
  5. Rol af tot by die tabel. Daar is twee opsies – Likes on my comments en Replies to my comments. In hierdie prentjie het beide opsies ‘n tiekmerk (tick) onder die klokkie wat beteken dat jy die likes en kommentare op jou My Sites/Reader bladsy kan sien, maar die opsies vir e-pos en die device is afgeskakel.

Gaan mal en sit alle (WordPress) e-pos af

Hierdie is die desperate uitweg wat ek volg, maar ek gaan dit beslis nie vir almal aanbeveel nie. Dit werk vir my; dit mag dalk nie jou koppie tee wees nie. Jy mag dalk die funksie benodig wanneer jy van jou blog af ‘n uitnodiging stuur (of ontvang) om ‘n nuwe gebruiker / skrywer te word of om aan te sluit by ‘n private blog. Jy kan dit natuurlik aan- en afsit soos benodig.

  1. Gaan na die My Sites/Reader (My Webwerwe/Leser) bladsy
  2. Klik op jou profielfoto regs bo in die hoek
  3. Rol af na Notification Settings toe
  4. Klik op Reader Subscriptions
  5. Onder Default Email Delivery, kies Never Send an Email
  6. Rol af tot onder en plaas ‘n tiekmerk in die blokkie langs
    Block Emails – Block all email updates from blogs you’re following on WordPress.

Iets oor notifications op jou device

Al die opsies vir notifications wat jy hierbo afgeskakel het, verhoed nie dat jy wel die kennisgewing kan sien nie – klik net op die klokkie (nommer 1) heel regs bo in die hoek op die bladsy My Sites/Reader. Hierdie inligting is altyd beskikbaar wanneer jy aangeteken is op WordPress.

Daar is nog ‘n opsie wat beskikbaar is ook wanneer jy nie aangeteken is op WordPress nie – notifications op jou device se skerm. Jy het sekerlik al daardie irriterende boodskappies gesien vir Facebook, Whatsapp en honderde ander applikasies wat so oor jou skerm aangesweef kom. Browser notifications noem hulle dit. Ek is aandagafleibaar en sulke goed maak my gek. WordPress kan dit ook doen, maar gelukkig kan jy dit afskakel as jy hulle teëkom. Jy doen dit so:

  1. Klik op die rat (nommer 2 in die prentjie hierbo) – dit lei na die notifications bladsy in jou profiel. Jy kan ook op jou profielfoto regs bo in die My Sites/Reader bladsy klik en dan Notification Settings > Notifications kies om op dieselfde plek uit te kom.
  2. Skakel die Browser Notifications af. Kyk in die prentjie hieronder – as die blou blokkie sê Enable, beteken dit dat die notifications afgeskakel (disabled) is. Geen swewende boodskappies wat jou aandag aftrek wanneer jy moet werk (of Candy Crush speel) nie.

Follow Dis Ekke

26 Comments

  1. Ag dankie Hester… eers het jy my laat lag met die kommentare wat rondskommel soos ‘n bussie op ‘n sinkplaatpad… en toe wys jy my mooi hoe om die bussie tot stilstand te bring. Geen e-mails meer wat ek moet sit en delete nie…wat ‘n verligting!!!

    • HesterLeyNel

      My plesier. Ek kan net nie my e-mail inbox baasraak as daar so baie pos deurvloei nie. Ek is gedurig besig om te unsubscribe en spam uit te gooi.

  2. Ek het als ook afgesit, so ek lees net my notifications as ek op WordPress ingaan. Ek hou niks van e-mails nie, en dis lekkerder as lekker om my kommentare op my manier te kry. Geen geluide nie. Dankie vir jou inligting, vir baie bloggers gaan hierdie soveel verligting bring.

    • HesterLeyNel

      Dankie Una. Ek kry gereeld hierdie soort navrae wat meen dat daar wel mense is wat nog daarmee sukkel. Dit help my ook as ek dit neerskryf want dan vergeet ek nie wat ek in die eerste plek gedoen het nie 😊

  3. Hester, Hester,Hester…..
    Jy is wraggies my hero!!!!!
    Laptop het toe al die opsies gegee wat jy beduie het. Ek het als afgesit…derduisende dankies🎉🎉🙏🎶

    • HesterLeyNel

      Ag wonderlik – ek is bly. Ek sit nou hier selfoontjie in die hand en besef dat daar weinig van hierdie settings beskikbaar is op die foon. Ek is vreeslik by jy het nou reggekom.

  4. Ek het ook al lankal alle e-posse van WP én Facebook afgesit. Dit maak ‘n mens regtig gek.

    • HesterLeyNel

      Moenie praat nie. Ek het nog whatsapp op desktop ook. En dan sal daai blokkie reg bo-oor die inligting sit waar ek hier onder regs wil kliek. So elke nou en dan is daar ‘n update en dan moet ek weer blokkies doodslaan.

      • Ek get ook whattsappop my rekenaar

        • HesterLeyNel

          Nou dan weet jy. My familie kwetter soos ‘n klomp voëltjies in ‘n boom en ons kliënte gebruik dit ook vir navrae. Zip, zip, zzzip oor my skerm die hele dag. Ek kan in elk geval sien as die boodskappe inkom want ek werk pal met twee skerms aan.

  5. Gelukkig is ek nie so gewild nie! So ek kry nie te veel e-posse nie. Ek lees my antwoorde ook sommer na mekaar onder die klokkie, dis baie makliker om te antwoord.

    • HesterLeyNel

      Ons beheer ‘n hele paar epos inbokse en met boodskappe van ons eie server af, sowel as al die applikasies wat ons gebruik, word ons begrawe onder epos. Elkeen wat ek kan afskakel is ‘n bonus.

  6. Ek gaan nog steeds die inligting file sodat ek dit het as dit moet. Dankie vir jou beskrywing dis so duidelik soos daglig.

    • HesterLeyNel

      Dankie, ek gaan propeer om dit op datum te hou sodat ek ook nie vergeet hoe om dit te doen nie. Alles verander so vinnig.

      • Netso. Dit lyk my of my WordPress ook n moontlik inbraak gehad het. Moet by almal eers weer inlock voordat ek poste kan antwoord.

        • HesterLeyNel

          Dit kan ‘n browser probleem wees. Dalk moet jy net ‘n slag jou browser history skoonmaak en jou rekenaar “restart”. Probeer van ‘n ander browser af werk en toets.

        • Ander een doen dieselfde. Ek log nou maar stelselmatig weer by elkeen in.

  7. Dankie vir die raad!

    • HesterLeyNel

      Plesier Aletta, ek is bly ek kon help.

  8. Miskien moet ek my e-pos afsit… maar, dis hoe ek ander blogs gaan besoek! Die “Reader” en ek het nooit ‘n verstandhouding bereik nie… 😉

    • HesterLeyNel

      So het elke ou maar sy voorkeur. Ek vind die reader baie gemaklik.

  9. Ai, Hester, jy is slimmer as slim!!

    • HesterLeyNel

      Ek hou van die idee om slim te wees 😄 maar ek dink ek raak dalk net gouer gefrustreerd as ander mense en soek dan ‘n uitweg.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: