Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Blog Tip

Blog Tip: Ons hou daarvan om kommentaar te lewer

Image obtained from Pixabay free download

Om kommentaar te lewer en opinies te lug is iets waarin die Bloglanders uitblink. Plaas maar net ‘n nuwe Afrikaanse blog en en kyk hoe vlieg die kommentaar rond. Dis mos nou sommer lekker geselskap.

Iets waarvan ek baie hou is SAAMgesels; ek wil reageer op die blogpos en ek wil ook my opinie lewer op wat ander blogger sê, of dan ten minste ‘n “like” daar gaan gooi. Ek kry dit nie altyd reg nie, want sommige bloggers knip sommer die geselskap kort daar op hulle blogs, wat natuurlik hulle voorreg is. Maar ek dog toe, as iemand dalk nie weet nie: sò maak mens om ander bloggers toe te laat om lekker lang geselskappe aan te knoop op jou blogpos:

(My blog se admin-taal is Engels, maar ek is seker die prentjies hieronder sal julle reg lei – volg net die nommers)

1. Kyk op die bladsy waar jy My Sites/Reader (My Webwerwe/Leser) sien

2. Rol af na Settings toe

3. Klik op Discussion en rol af tot by die Comments opsies

4. Hier kan jy die aantal levels (vlakke) stel wat jy gaan toelaat in jou kommentaarvelde. Ek verkies vier (4) vlakke. Kyk in die heel onderste prentjie sal jy sien hoe lyk my kommentaarvelde, met ‘n verduideliking waarom ek dit so stel.

5. Die volgorde waarin reaksies geplaas word. Kies hier of die nuutste comment thread bo of onder geplaas moet word. (‘n comment thread is ‘n nuwe kommentaar wat deur een persoon geplaas word en waarop een op meer bloggers kan antwoord).

6. Kies of die ander bloggers ‘n kommentaar kan “like”.

Hieronder is ‘n prentjie van hoe ‘n comment thread (is geselskapsdraad dalk ‘n goeie vertaling?) op my blog lyk.

(A) Die eerste vlak. Dis die persoon wat ‘n nuwe comment thread begin het.

(B) Die tweede vlak is die persoon of persone wat antwoord op (A) se kommentaar. Meer as een bykomende blogger (B) kan te eniger tyd reageer op (A) se kommentaar.

(C) Die derde vlak is die persoon of persone wat antwoord op (B) se kommentaar. Meer as een persoon (C) kan ook hier reageer.

(D) Die vierde en laaste vlak. (D) is die persoon of persone wat antwoord op (C) se kommentaar. Let op dat geen bykomende reaksies op (D) se kommentaar toegelaat word nie. Die rede hiervoor is dat die gesprek op een of ander stadium moet eindig (!) en omdat die kommentaarvelde al hou nouer word, kan jy dalk opeindig met ‘n dun strepie vol kommentaar wat baie moeilik is om te lees. Hierdie formaat pas goed op alle grootte skerms.

In die praktyk kan daar meer as een comment thread wees en elke comment thread kan baie reaksie uitlok. Dis hoe ‘n lewendige gesprek ontstaan, omdat meer mense saamgesels oor een of meer opmerkings.

Die hoeveelheid vlakke wat jy toelaat (wat ook kan afhang van die tema wat jy gebruik), help dus om te bepaal hoeveel kommentaar op jou blogpos gaan verskyn en hoe lekker die mense daar gaan kuier.

Ek verkies om die nuutste comment threads (persoon (A) se kommentaar in ons voorbeeld), heel onder te plaas, want dan lees die kommentaar ook soos die blog – van bo tot onder. Dis natuurlik ook ‘n persoonlike keuse, maar ek kry nooit soveel reaksies op my blogpos dat ek ‘n dagreis te perd moet onderneem om die nuutse comment thread te sien nie.

Let ook op in my voorbeeld dat enige blogger op enige kommentaar kan klik om ‘n “like” daar te plaas. Nie almal wil elke keer ‘n storie vertel nie, maar ‘n “like” wys dat jy gelees en die geselskap geniet het.

Follow Dis Ekke

34 Comments

  1. Hierdie is ‘n goeie tip Hester! Baie dankie. Dinge is nou rustiger weer by my so ek sal ook nou weer kan begin saam gesels. 😘

    • HesterLeyNel

      Dankie Sonell. Ons sal bly wees om meer van jou te sien, hoewel ons baie bly is dat jou besigheid nou vlamvat.

      • Dankie Hester. Ek verlang vreeslik na my blogger familie. Sal vanaand almal se inskrywins: veral die nuwe blogger kuier lees en gesels. 😉

  2. Wonderlike hulp, baie dankie vir jou moeite! Hou van jou voorstel “geselskapsdraad” en vertrou dat geen geselskap kort van draad sal wees nie 🙂

    • HesterLeyNel

      Dankie Frannie, dis ‘n plesier om te help. Ek glo darem die Towerinne sal goeie vriendskapsbande kan handhaaf en mekaar nie in die hare vlieg nie 😄

  3. Hester, laat weet my groot asb of die kommentaar-situasie op my blog reg is. Sal dit vreeslik waardeer.

  4. Jaaaa! En dis mos lekker as mense saamgesels. 😁

  5. Dankie Hester hoop maar my goedjies is reg, is bietjie dom met die goeters.

  6. Dankie Hester. Ek post kommentaar maar dit word nie gepubliseer nie. Ek neem aan erens is iets verkeerd, en hoop dit sal weer self opklaar.

    • HesterLeyNel

      Daar kan ‘n probleem by Akismet wees. Ek het dit al baie teëgekom, maar ek moet eers gou gaan soek om te sien hoe ek dit laat regstel het. Ek sal laat weet.

      • Hester kan ons Lewies se groet op Inlinkz kry – dit lyk of ek vir hom verkeerde link gespoeg en geplak het….skuus

        • HesterLeyNel

          Hy het op die regte plek beland. Seker gesien die bloghop-nommer is nie reg nie.

    • HesterLeyNel

      Lewies, gebruik hierdie skakel vir Akismet (hulle is WordPress se spam controllers) https://akismet.com/contact/. In die veld waar hulle vvra “How can we help”, tik in “comments disappear”. As die bladsy oopmaak, scroll af na die opskrif “Please tell us more:” en kliek op die radio button “I think Akismet is catching my comments by mistake”. Doen hulle catcha sommetjie “What is 14 + 7?” en vul die velde “your name”, “your email” en “your site URL” in. Sorg dat jy die regte email en URL vir jou blog gebruik sodat hulle die nodige toetse kan doen. In die “message” veld, verduidelik vir hulle wat gebeur as jy ‘n comment probeer publiseer en kliek dan op “submit”. Hulle is baie vinnig, reageer gewoonlik binne ‘n dag. As hulle sê dat die probleem nie by hulle is nie, moet ons kyk om aan WordPress Support te rapporteer.

  7. Ek wil dit nog mooi bekyk waar ek iets moet verander.

  8. Baie dankie. Ek gaan beslis n dag moet afvat om bietjie my blogwerf te vee en bietjie veranderingetjies te maak. Jou aanwysings is mooi duidelik. Ek moet nou eers buite gaan kyk. Lyk of nhelikopter hier naby wil land(dis dalk Elon Musk wat my weer kom oplaai terug na julle toe!)

  9. Dankie Hester jy leer my so mooi. Ek gaan nou dadelik loer hoe lyk my settings

  10. Dankie Hester, dis nou baie leersaam. Is my blog se dinge gangbaar?

  11. Dankie, Hester. Ek gaan nou bietjie my goeters bekyk. Ek twyfel of dit reg is want ek kan nie onthou dat ek jou netjiese stappe gevolg het nie.

    • HesterLeyNel

      Plesier Christa. Soms is dit nie nodig nie, want die instellings kan reeds deel wees van die tema wat jy gebruik.

  12. Dankie Hester! Dis goed om al hierdie feite te weet.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: