My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Op ‘n toerbus saam met rokers en mense met piepklein blasies

Met diè dat die Bloglanders ‘n virtuele bustoer gereël het, merk Lekkervurig toe op dat ons twee tog heel agter in die toerbus moet sit, net daar by privaat geriefie, want haar blaas is net groot genoeg vir sowat 40km se reis. Nou sien ek boonop daar is mense wat wonder of daar skelm gerook gaan word ook in daardie hoekie. Nogal, nè?

Dit herinner my natuurlik toe aan ‘n bustoer wat ek en my dogter ‘n paar jaar gelede onderneem het en waaroor ek destyds geblog het. Lees maar en herkou solank aan die tipe probleme wat dalk mag voorlê wanneer die klomp bloglanders se toerbus vertrek. Moenie sê julle was nie gewaarsku nie!

Hierdie een handel oor ‘n blaasprobleempie en ‘n bus met ‘n halsstarrige privaat geriefie, twee dinge wat regtig die lewe baie ongerieflik kan maak vir medereisigers.

Die battle box en die piepklein blasie

Hierdie een bespreek die dilemma van rokers op ‘n bustoer wanneer sodanige rokers elke moontlike truuk in die boek uithaal en selfs die mislikste weer aandurf net vir ‘n vinnige suietjie aan die ou siegrêtjie.

Blou rook oor die Knersvlakte

Bostaande is verreweg nie die enigste probleme wat die Bloglanders hulleself op die hals sal haal gedurende hierdie ellelange toer nie. Ek wil nie eens probeer om te voorspel in watter wonderlike onmoontlike situasies ons hierdie keer onsself gaan laat beland nie. Una het behoorlik die kat onder die hoenders vrygelaat toe sy hierdie toer uit haar duim gesuig het.

Maar, soos die Ingelsman sê: “In for a penny, in for a pound” en wanneer die bus vertrek, sit ek op daadie sitplek heel agter, net langs die geriefie.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

83 Comments

  1. En dis amper krismis as julle by my aan die suidpunt aankom. Besef julle dat die hele land daai tyd van die jaar daar is, dat ‘n mens’n jaar vooruit verblyf moet bespreek vir dan, dat die eetplekke nie ‘n plek het vir ‘n muis nie? Dat jy 2 ure lank in die winkel se ry staan dan? Maar dis reg, soos jy sê, in for a penny in for a pound.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek het al gehoor daar is sulke wilde strandpaarties daar by julle so op die Oujaar en die Nuwejaar – dalk moet ons sommer oorbly tot dan!

      • Ek moet weer die reëls gaan lees. Moet daar een of ander opvoedkundige aktiwiteit wees of WAT? Suster? Wat vra jy? Jy gaan net opgevoed word en ervaring opdien in kuier en parties. O my aarde! Met hierdie span towerinne gaan ons ons hande vol hê!

  2. Ek het nou hierdie stories van jou vreeslik geniet. Ons gaan beslis baie pret hê.

  3. Wee julle voorsitters as julle ongeskik met my en Hester is met die privaatjie se gebruik, onthou om jule battle boxes te pak en luister vir die toerleier.

    Toorts, dis seker hoekom onse reisplan reeds nou uiteengesit is dat die gasvroue(bloggers) betyds kan bespreek…ons is mos’n spul super-organiseerder Towerinne. Maar ek hoor jou, sal my vloeistof inname beplan…die skelm Frangelico net so nou en dan uithaal….hehe!

  4. Ons het nog nie eers op die bus geklim nie en ons is alreeds laf. Wie wil nou die Camino gaan stap as sy saam met die Towerinne kan toer? 😂

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek hoor jou

      • En dan is daar nog die gevaar van grommery onder mekaar ook. Net vroumense? Oor ‘n laaaang tyd? Hester, jy sal ‘n lat moet inpak!

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Nee! Ons baklei mos nooit. Maar net ingeval: oom Eddie wat ons skoolbus bestuur het, het altyd ‘n spaar-fanbelt in sy paneelkissie aangehou. Daai ding het lelik gepiets.

        • 😁

    • Toorts, ten minste sal jy nie blase op jou voete kry nie, ek weet net nie hoe ons blase dit gaan hou nie!!! Ek reken ons toer is ‘n andersoortige Camino, meer raserig, maar ook sielesalf.

  5. Moet ek nou vra wat ek al lankal wou…..is mens nou outomaties deel van die towerinne met die saam werk aan die uitdagings of gaan ek nou eenkant in die bus moet sit en kyk wat julle aanvang….???

    • Soos ek boontoe geantwoord het: Bondels ek slaan soos die ridders van ouds jou tot kits-Towerin – Frangelico is die password

      • Lyk my om een of ander rede het hy my comment gedubble🤔en nie my ander comment geplaas nie…
        In antwoord om jou ridderslanery het ek gesê:
        Amper sê ek halelujah , maar dis seker nie gepas nie😉

        • Enige iets is gepas. Ons kan baie laf en stout wees, maar ernstig en diep ook.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Soos Lekkervurig gesê het …

    • Selfs mense wat nie eers deel van die Towerinne was nie, is sommer outomaties deel. Ons is soos ‘n taxi…altyd spasie vir nog iemand. Jy moet net bereid wees om saam lekker laf te wees!

  6. Die rokers is tog te dankbaar vir die toeriste met die klein blasies … dan kan daar meer gereeld gestop word vir smoke breaks en koffie …

  7. Julle vergeet ek het julle klaar by OR Tambo opgelaai né, vroeg oggend al. Dinge gebeur…

  8. Bondels gedagtes ek en jy sal maar saam moet sit, aangesien ons nou nie deel was vd towerinne nie. Ek bring baie rooiwyn vd Kaap af, het voor die tyd aangestuur sodat daar geen probleem met die voorraad sal kom nie. Ons moet net hoop Una het nie die voorraad laat krimp nie. Ek het dit by haar laat aflewer aangesien ek moes vlieg.